Almal weet erk is n Yamaha fan, maar nie n blinde een nie. As Yamaha my ooit kak sou probeer verkoop, of soos die arme BMW skepsels vir onderdele laat wag, stuur ek hulle in hul moere. Verseker.
BMW was al die jare kundiges op die gebied van die klient laat dink dat dit n besondere voorreg is wanneer Duitse "kundiges" hul tyd opoffer om aan kliente aandag te bestee.
Ek het dit gesien baie jare gelede by Trefco, en dit gaan steeds voort hier en nou.
R1000 vir 4 liter olie is n onlangse voorbeeld, en wat se die BMW fanklub? "As jy n R150 000 fiets koop, moet jy sulke duur onderdele kan bekostig"

Soos die ekonomie stywer trek, sal kliente ook meer krities begin kyk na wat hul ontvang vir hul geldjies, en dit is wanneer hierdie kunsmatige borrel gaan bars.
BMW het GEEN verskoning, ek het onlangs R10 000 se onderdele bestel tussen n 1983 RD350, en n 1976 175 Enduro, en het alles behalwe die RD se versnellerkabel binne 48ure gekry.
Die versnellerkabel moes ek verdomp 7 dae voor wag!
