Ons polisie in Nam het dieselfde roete gevolg met voertuig verskaffers.
Toe al die voertuie wat die "bose koloniale" hier gelos het nou heel in hulle peetjie in was koop hulle toe Mahindra's. Dis soos 'n 1965 CJ4 jeep, net baie kakker. Die goed kon nie tagtig haal nie, en dan whine sy gearbox soos 'n '56 Bedford
Toe besluit een amptenaar die regte ding is Amerikaans V8 Chev bakkies. Tot 'n fabriek opgesit om die linkerhand na regterhand ombouing te doen. Al probleem is, ons petrol pompe is te ver uit mekaar hier vir daai goed, hulle pas nie in 'n parkeerplek nie en dink jouself in hoe bestuur 'n derde wereld land konstabel waar die polisie kan maak wat hulle wil 'n V8. Die wat nie in 2 maande afgeskryf is nie, was net nog op hulle wiele oordat hulle stukkend was en nie kon ry nie.
Nou ry hulle Toyota.
Verkoop nou 'n Enfield aan jou klient, en oor 'n jaar 'n hele besending Yamaha's. Win win
