Oppad na nerens

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Baked Beans

Pack Dog
Joined
Aug 13, 2011
Messages
165
Reaction score
0
Location
GEORGE
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
So breek Vrydag aan en ek en Skolla vertrek uit n koue nat George oppad noorde toe. Waarheen presies weet ons nie, ons wil wel Verneukpan aandoen. Nader aan die Swartberg kry ons reen en dit raak net kouer. Kry toe later sneeu nader aan die top. Na n lekker bord kos by Prickly Pear oornag ons by Bushmans Valley.
Dit is n mooi dag en by Leeu Gamka eet ons ontbyt. Toe is dit Fraserburg toe via Oudekloof. Van daar na Williston en toe noord na Verneukpan. Ten spyte van die waarskuwing, vang die los sand ons onverwags. Net voor sononder slaan ons kamp op. Ons sien hoe die son oor die pan sak en hoe die maan oor die pan opkom. Wat n gesig... Skolla slaan tent op, maar ek slaan sommer n seiltjie op teen my motorfiets. Was maar koud gewees. Nadat ons die donkie gestook het kon ons darem warm stort. Speel bietjie op die pad voordat ons verder noord tot by die Brandvlei-Kenhardt grondpad. Die pad het nogal baie los klippe waarvoor mens op die uitkyk moet wees. Van Kenhardt is ons na Augrabies waar ons vir Coppertop van PE ontmoet. Hy is oppad Windhoek toe. Aangesien die park vol was soek ons toe ander blyplek en beland toe so by Die Mas van Kakamas. Kamp lekker op die oewer van die Oranje. Gaan seker vandag Upington toe, sal maar sien waarheen dan. Enige voorstelle? Het nog die hele week wat voorle...            
 
Top