'n Half onbeplande trip na Vic Falls

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Man from Nam

Race Dog
Joined
May 7, 2013
Messages
769
Reaction score
1
Location
Windhoek
Bike
Yamaha Super Tenere
Hier die is my eerste RR, omdat engels hier by ons net as 'n kommunikasie medium gebruik word en ons in Namibia ons eie dialek Namlish het sal ek maar eerder die RR in Afrikaans doen.
My vroutjie het besluit om van werk te verwissel en het 'n paar dae verlof gehad wat sy kon neem. Dit is al baie lank op my bucket list om Vic Falls toe te ry en daar word dadelik besluit dit is wat ons gaan doen. Ons goeie vriende, Willem en Suzette hoor van ons planne, maar toe hulle hoor ons wil met die Tenere gaan is hulle vuur en vlam om saam te gaan. Hulle paspoorte het net drie maande oor voor dit verval en moet dus inderhaas aansoek doen vir nuwe paspoorte. Die kry hulle met bietjie hulp binne twee dae en ons hou 'n klein beplannings vergadering oor 'n paar lang glasies lemonades.
Ons besluit om net in lodges te bly en te eet en omdat ons nie werklik 'n roete uit gewerk het nie bespreek ons niks voor die tyd nie, hoop maar ons sal plek kry waar ons kom.
Die aanvanklike plan was om van Katima oor die brug te gaan by Sesekwe, dan na Livingstone, die valle te besoek en dan weer met die pont oor by Kazangkulu  en terug deur due Caprivi. Ons besluit toe miskien moet ons liewer deur Botswana terug ry na Ghanzi en dan deur Buitepos, Windhoek toe.
Bike word gepak, ons word gewaarsku dat mens in Zambia 'n  brandblusser en nood driehoek ook moet he en selfs dit word gepak.
Sewe uur die volgende oggend is ons reg om te vertrek, almal baie opgewonde. Ons besluit om in Okahandja 'n koffie te drink by die Wimpy en dan in Otjiwarongo so 170 verder ontbyt te eet by Carstensen Backerei, seker een van die oudste en oorspronklike egte Duitse bakkereie in Namibia. Ek onthou dit uit my kinder dae, dieselfde gebou, dekor en natuurlik eg Duitse gebak. Ons ry nooit deur Otjiwarongo as ons nie daar iets eet nie, hulle bak ook die beste kaaskoek in Namibia.
Na ons koffie en net buite Okahandja stop Willem skielik, sy fiets se Kaoko spoed beheer het los gekom, gou word dit weer vasgedraai. Hy sit die fiets aan en al wat ons hoor is een draai van die enjin en daarna net KKKRRRRRR!!.
Wilem was bekommerd oor die oorspronklike battery in sy Tenere en het net die vorige dag 'n nuwe battery gekoop wat nou pap is. Ons probeer die fiets aan die brand stoot, maar na 'n paar keer se prober besuit om ons sy seun te bel om vir hom 'n nuwe battery te bring asook die oorspronklike battery. Ons is bekommerd hy gaan jaag, hy ry 'n R1, maar soos Willem se dit help nie om hom te se on stadig te ry nie hy gaan in elk geval jaag.
Die ou battery word solank uit gehaal en nou wag ons vir die nuwe. Binne natuurlik 'n rekort tyd daag die R1 op met die nuwe battery asook die ou battery. Ons besluit om die oorspronklike te gebruik en die nuwe een saam te vat net ingeval. Die stukkende word saam met Athur terug gestuur na Windhoek Yamaha.
Die Tenere brul dadelik toe ons die knoppie druk en nou is dit vir tyd opmaak Otjiwarongo toe. Oppad kom ons op 'n vreeslike ongeluk af, 'n bakkie en 'n trok wat betrokke was in 'n kop teen kop botsing. Ses mense in die bakkie is dood en die pad is bestrooi met mieliemeel en stukke van die wrak.
Ons ry aan en net so 30km verder work ek gestop deur 'n spoed kamera, 141Km  :mad:  N$2000 boete :mad: :mad: Die verkeers beampte vra wat se fietse is dit, waarna is ons oppad en vertel my van hulle BMW GS's wat hulle gekoop het. Ek sien later hy stel meer belang om te gesels as om te skryf. Ek maak 'n ruim donasie tot hulle verversings fonds en word gegroet met 'n waarskuwing :)
Volgende stop Otjiwarongo!. Di vining ry eis sy tol en so 30 kilometre voor Otjiwarongo begin my petrol liggie al flikker en die laast stukkie Otjiwarongo toe word binne die wettige spoedgrens gedoen.
 

Attachments

  • 070.jpg
    070.jpg
    57.4 KB · Views: 522
  • 073.jpg
    073.jpg
    65.4 KB · Views: 504
  • 20130904_085210.jpg
    20130904_085210.jpg
    96.4 KB · Views: 507
  • 20130904_095020.jpg
    20130904_095020.jpg
    77.5 KB · Views: 497
  • 20130904_095105.jpg
    20130904_095105.jpg
    91.5 KB · Views: 502
  • 20130904_095822.jpg
    20130904_095822.jpg
    67 KB · Views: 504
  • 069.jpg
    069.jpg
    49.1 KB · Views: 513
Top