Agterpaaie in die Nuweveldberge: ChrisL & Karoo Rider gaan ry in die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,725
Reaction score
477
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Vir baie ryers hou die minder bekende agterpaaie van die Karoo 'n unieke bekoring in, en met die langnaweek in die visier is planne beraam om so 'n draaitjie te ry en van hierdie paaie te gaan beleef.  Base by die werk en base by die huis is reeds vroegtyding in kennis gestel van 'n moontlike 4-dag afwesigheidsyfer, en uiteindelik het die verlofvorm gepryk met 'n ink-krapsel onderaan, en die vrou is die geleentheid gebied om 'n bietjie kwaliteit-tyd saam met haar moeder en vriendinne deur te bring.  

Met die reënweer van Vrydag die 20ste September is die weerprofete se uitlatings fyn dopgehou, maar die Saterdagoggend is dit helder oopgetrek, en nie lank nie trek 'n blou GS1200 die werf in.  Die ruiter is van Riethuiskraalse afkoms uit die Stilbaai distrik - ChrisL homself.

Ek het vooraf vir Chris bietjie gepols oor die roete wat hy in gedagte gehad het, en sy antwoord was iets in die lyn van: "Ons ry so zig-zag tot by Louis op Leeu-Gamka, en daarvandaan kyk ons maar verder.  Ek hoop nie dis te oorgeorganiseerd vir jou nie?"  Dis hoe ons vroeër vanjaar deur Namibië gery het, en vinnig-vinnig het ek geheg geraak aan hierdie ontspanne manier van reis.  Geen kommer oor so laat hier wees of "hoe ver nog?" nie, as dit skemer raak begin kyk jy maar uit vir 'n lêplek.  En die verrassingselement hieraan het nog nooit teleurgestel nie.


Kaart van roete:

Map_zps8c9f9587.jpg




DAG 1:  Stilbaai/Ladismith tot naby Leeu-Gamka


Deur die Moordenaarskaroo was die enigste verkeer op die pad twee polisiebakkies, en kort daarna kom ons die rede agter.

Image00100_zps52803c7d.jpg


Image00101_zps2d9b4ceb.jpg



Die pad is in 'n baie goeie toestand, maar die Buffelsrivier loop nog mooi af en die sementdriffies gee darem 'n mate van gemoedsrus so vroeg in die dag.  Pasop net vir alge wat seepglad kan wees, hou maar binne die voertuigspore vir die beste traksie.

Image00102_zps0b2a161a.jpg


Image00001_zpsb4058791.jpg



Voor Koringplaas draai ons links op die kruis en vat die ompad wat eers wes en dan noord draai voordat die Komsbergpas aangetref word, sommer plek-plek nog met sneeu en die windjie sny by die nate in teen 6ºC.

Image00002_zpsb72a0a56.jpg



Volmaak op Sutherland voordat ons gaan koffie en iets te ete gaan soek in die Jupiter.

Image00104_zpsd490a43d.jpg



Van Sutherland af ry ons 'n entjie terug en draai links af rigting Merweville, oftewel "Merville" soos dit plaaslik skynbaar bekendstaan.

Image00003_zps7b653e4c.jpg


Image00105_zpsf84b43cc.jpg


Image00106_zps8f3056ee.jpg


Image00004_zps74ad7bcd.jpg



Van bo-op die plato begin ons nou afsak met die Rammelkop Pas.

Image00005_zps1ac27c5e.jpg


Image00107_zpsf6d0f8d9.jpg


Image00108_zps543738f8.jpg


Image00109_zps687e679a.jpg


Image00110_zps13de82d8.jpg



In Merweville by die klipkerk.

Image00111_zps67cb4380.jpg



Hiervandaan is die plan om rofweg ooswaarts met (openbare) plaaspaaie te ry totdat ons by die R353 teerpad naby Leeu-Gamka aansluit.  Soms was dit bietjie kopkrap aangesien die kaart nie orals 'n ware replika van die werklikheid was nie, maar na 'n hek of twee sluit ons met lang skaduwees later by die teerpad aan voordat ons op Leeu-Gamka gaan tenke volmaak.

Image00112_zpsed6ea516.jpg


Image00006_zps6f498d09.jpg



Net buite Leeu-Gamka word ons ontvang deur Louis, 'n vriend van Chris, en sommer gou word daar motorfietse gesels.  Behalwe die plaasfietse ry Louis 'n GS1200 en gaan dié nou inruil vir 'n Adventure, en aan die praat en uitvra kan ek sien hy verwens nou al die tyd om.  Uit die staanspoor kan ek agterkom Louis is 'n reguit mens, en in geen onduidelike terme word besoekers gemaan om gehoor te gee aan 'n paar basiese plaasreëls:

20130922_091306e_zps01c78aad.jpg
 
20130921_185535_zps94a01b2a.jpg

20130922_082314e_zpseccdc63d.jpg



Die werf word beman deur Bobby en Apie:

Image00007_zps53304830.jpg


Image00008_zps021e8a62.jpg


20130922_080815e_zps5f97f54a.jpg



Bobby het sommer vinnig geheg geraak aan Chris.

Image00009_zps08168611.jpg



Op koue aande sit Apie graag langs die vuur om ledemate en ander essensiële liggaamsdele warm te maak.

Image00010_zps5cff9c03.jpg



Ander plaasdiere word ook hier aangetref, min of meer enigiets van 'n swart potbelly vark tot 'n blanke volstruis, en vele papegaaie en ander hokvoëls.

20130922_082110_zps7da49d64.jpg


20130922_082152e_zps5f27672e.jpg


20130922_082538_zps5d8a3f4c.jpg


20130922_082819e_zps0a4ec040.jpg


20130922_082835_zpse0d2ccc1.jpg



Die aand om die vuur is ons bederf met gebraaide Damara-lamtjops en Gemsbok wildswors, voorwaar 'n smaakhemel uit die boonste rakke.  Die gesels en vertel het nog tot ounag voortgegaan, en toe ons net voor 01:00 gaan inkruip was Bobby en Apie al vas aan die slaap, ingevleg in mekaar se harige armpies teen die Karoo-nag se byt.
 
Top