Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek  (Read 4563 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Piet

Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« on: October 17, 2013, 08:06:47 pm »
Een van die dinge wat Ellisras lekker maak is tyd. As 'n ou besluit om tyd te maak is die geleentheid daar. So na 'n lekker harde sessie bergfiets vanmiddag, kan ek nou lekker rustig hier op my bed lÍ en 'n bier drink. En dan is dit seker ook nou hoogtyd dat ek bietjie opskryf oor twee naweke terug se trippie plaas toe...
« Last Edit: October 17, 2013, 08:07:18 pm by Piet »
 

Offline Piet

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #1 on: October 17, 2013, 08:19:07 pm »
My pa en oom het so 3 jaar terug besluit om 'n plasie te koop. Dit het my in die bevoorregte posisie gePLAAS om redelik gereeld te gaan uitspan in die natuur. Weer te gaan mens word.

Die plaas is naby aan Rankin's Pass, en die ouens wat die area ken sal vir jou sÍ dat Rankin's Pass 28km van die naaste teerpad af is. Met ander woorde "hemel".  ;) Vir diť wat nie weet nie, Rankin's is basies in die middel van Thabazimbi, Nylstroom en Vaalwater.

Een van die ander lekker dinge van Ellisras is dat Rankin's "op die pad" Pretoria toe is. So ek sukkel gereeld om Pretoria te haal. Ek word "onderskep" as jy dit so wil noem.

Dis groot pret om mense te onthaal op die plaas en ek nooi gereeld vriende saam, maar soms is 'n ou nie lus vir onthaal nie. Soms is 'n ou lus vir alleenwees. So ek besluit toe om op die motorfiets te spring en 'n rustige, alleennaweek op die plaas te gaan spandeer.

Offline Piet

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #2 on: October 17, 2013, 08:39:55 pm »
So ek besluit toe om op die KLR te spring en plaas toe te ry. Die trippie begin toe weereens met so 'n bietjie roete-beplanning. My gekose beplanning behels om op Google Maps directions te kry tussen my vertrekpunt en bestemming en dan die hele skerm vol kolletjies te maak - solank daar net so min as moontlik teerpaaie op die roete is. Min wetend dat ek hierdie keer heelwat meer teerpad sou ry as beplan.

Vrydagmiddag na werk pak ek die fiets en ek kom heelwat later weg as wat ek oorspronklik gedink het. Rondom 16h vertrek ek by die huis en ek sommer binne die eerste paar honderd meter swaai ek regs op die kortpad wat deursny na die R510 toe. Wie sal dan deur die dorp ry as die kortpad-grondpad jou roep? Die roete wat ek gekies het draai regs af van die R33 af en dit lyk na 'n baie mooi roete op die kaart. Die rivier is aan die regterkant en die paadjie kerf tussen en oor baie kontoere heen...

Ek het so 'n tikkie bekommernis, want ek weet dat ek nie ver sal kom met die oorblywende daglig nie. Ek is glad nie 'n aanhanger van ry in die nag nie. NÍrens in Afrika nie. Die risiko in terme van diere op die pad, beperkte sig en moegheid is net nie die moeite werd nie. En die KLR se hooflig doen nie veel vir die gemoedsrus nie! ;D Ek berus darem by die feit dat ek altyd 'n paar stukke grond kan uitsny en die R33 ry as die donker my omkant vang.

Offline Piet

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #3 on: October 17, 2013, 08:40:40 pm »
Die eerste stukkie grondpad na my regsdraai van R33 af is maar erg sinkplaat en heelwat los sand. In hierdie geweste moet 'n ou maar leer sand ry, anders moet jy jouself by die teerpad hou. Die sandry is nie meer vir my nuut nie - ek kom mooi reg, maar die fiets is bietjie te swaar gelaai (moes kos saamvat vir die arbeiders). Die pad verbaas my met sy mooi natuurskoon. Die lug is ook 'n diepblou en ek is verbaas met hoe helder en kleurvol die fotos uitkom.

Voor ek nog ordentlik aan die gang is sien ek die lenteblare op 'n boom langs die pad en stop om 'n foto te neem. Dis snikheet en ek het in die haas om weg te kom my waterbottel vergeet. Daar is 'n paar biere toegevou in my bagasie, maar ek het nie veel geeet nie, is klaar half gedehidreer en dis moeite om alles uit te pak, so ek besluit om eerder te stop sodra ek 'n winkeltjie kry. My mond is sommer al klaar droog.

Toe ek weer aan die gang kom skrik ek amper so groot soos die koedoebul self, toe hy gelukkig kies om na die draad se kant toe se vlug eerder as oor die pad. Ek sien ook heelwat vlakvarke, rooibokke, blouwildebeeste en 'n paar bosvarke soos wat die paadjie langs die vloedvlakte van die Mokolorivier afkronkel.

'n Mooi kremetart lok my om weer af te trek vir 'n kiekie. Net agter die draad sien ek ook dat die boer 'n nyala-kamp daar het. Ongelukkig veroorsaak die draad, die son van agter en my luiheid dat ek nie 'n mooi foto van die nyalas kon kry nie. So is die lewe maar... :P
« Last Edit: October 17, 2013, 08:58:49 pm by Piet »
 

Offline Piet

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #4 on: October 17, 2013, 09:18:23 pm »
Die ergste van die sinkplaatpad is toe verby, en die omgewing is beeldskoon. Ten spyte van die droë mond is dit 'n ongelooflike lekker middagrit. Selfs die hitte kan my nie onderkry nie. En toe raak dit beter...

Nadat die paadjie oor "Poer-se-loop" gaan met 'n bruggie begin hy hoogte kry. Hy kronkel al teen die berg (koppie?) uit en dis nie 'n oop-en-plat grondpad nie; daar is gereeld groot klippe, hobbels, gate en allerhande ander interessante goed wat 'n jongman se hart laat klop. Dis die eerste keer dat ek 'n bietjie meer tegniese roete ry, so ek geniet dit vreeslik (ek moet bysê dat heelwat van die manne hier vir my sal lag as ek dit tegnies noem, maar wat kan 'n ou daaraan doen? ??? ;D ). Die KLR se sponsagtige vere laat ook veel te wense, so die agterveer het 'n hele paar keer deurgeslaan ("bottomed out??).

Die paadjie lei steil tot bo-op die koppie, waar daar 'n hele paar hobbels in die pad is om erosie te voorkom. Hierna is daar weer 'n steil afdraende totdat die pad weer gelyk word en aansluit by die R33 (die pad is gemerk met 'n "Witkop" bordjie). Die fotos is nie so indrukwekkend soos wat die adrenalien dit laat voel nie, maar dis pure genot om hierdie pad te ry - ek kan dit aanbeveel!
« Last Edit: October 17, 2013, 09:19:08 pm by Piet »
 

Offline T Rex

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,894
    • View Profile
Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #5 on: October 17, 2013, 09:32:21 pm »
Dankie.... Lekker gelees.
 

Offline Piet

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #6 on: October 17, 2013, 10:00:39 pm »
Op die R33 draai regs in Vaalwater se rigting. Teen hierdie tyd sit die son al laag, so ek besef ek sal heel moontlik albei die ander grondpadsingels moet uitsny en reguit plaas toe koers. Dis nie lekker gedagte nie, maar ek is fisies uitgeput (lang, warm week met heelwat oefensessies), so iewers diep binne verwelkom ek ook die "verantwoordelike keuse". ;) Ek besef dat ek selfs nie met die vinnige pad voor donker op die plaas sal wees nie, so ek stoot toe maar bietjie op die spoed (vir die wat nog nie 'n KLR gery het nie: hierdie sin beteken "Ek probeer toe my bes om 110km/h te handhaaf en nie te stop nie"). Ek was so haastig dat ek nie eers gestop het om die sonsondergang af te neem nie! Of dalk het ek maar net te laat besef ek mis dit...

Tot hiertoe het ek nog nie gestop vir 'n koeldrank nie, so toe ek op Vaalwater kom maak ek 'n vinnige pitstop om koeldrank te koop. Die vrugtesap is lafenis vir die droŽ keel. Ek verwyl nie te veel tyd nie, want dit raak goed skemer. 'n Vinnige foto van my donkie voor die vulstasie se winkeltjie en toe stoot ek verder.

Tot nou toe was dit heel warm gewees, maar na skemer begin mens so elke hier-en-daar 'n kouekol tref. Ek het net my somerbaadjie aan (wat nie veel weerstand bied in terme van wind of temperatuur nie) en alhoewel ek my parka ook gepak het is dit moeite om hom uit te haal. Ek kan mos maar bietjie uithou. Die luiheid is 'n lelike ding! :peepwall:

Die donker vang my toe in die poort tussen Vaalwater en die Tweestroom-afdraai wat na Rankin's toe lei. Ek stop gou om my hemp in te steek (net om die ergste wind van my lyf af te hou) en 'n foto te neem van die laaste stukkie lig in die weste (vir die bygelowiges onder ons..kyk wat sÍ daardie km-lesing op die odometer: 44666.6). :o :P

Dis toe ook die laaste foto van die aand. Vandaar het ek die kort oorblywende stukkie teer gery en regs gedraai op die Tweestroompad. Tot op Alma was die pad lekker stil, maar vandaar het ek 'n erg onplesierige rit (so 20km) gehad tot op die plaas. Dit het nog niks gereŽn sedert die vorige seisoen nie, so die paaie is verskriklik stowwerig. Hiermee saam was die motorfiets so swaar gelaai dat ek nie die hooflig se "brights"-funksie kon gebruik nie, aangesien dit die straal in die lug opgegooi het!  :( Om hiertoe by te dra het ek elke 3-4km 'n kar van voor af gekry wat my heeltemal blind gelaat het - nie oor die skerp ligte nie, maar oor die stofwolk waarin hulle my gelaat het. Die hooflig skyn 2m voor jou vas en jy kan glad niks sien nie! En asof dit nie genoeg is nie lÍ die pad vol dik sand. Die resultaat is: stadig ry is moeilikheid soek en vinnig ry is moeilikheid soek.

Maar wonder-bo-wonder het ek dit veilig tot op die plaas gemaak. Fisies heeltemal uitgeput as gevolg van die staan en terugtrek op die stuurstang! Nou hoef ek net tot by die plaashuis te ry. Makliker gesÍ as gedaan!! 'n Stukkie van die toegangspad (so 200m) is DIK sand. Met 'n swaar fiets en 'n moeŽ lyf! Nietemin, nadat ek 'n paar keer in die gras langs die pad opgeeindig het, arriveer ek sonder enige ongevalle (of "omgevalle" :P) by die huis. Dankbaar en verlig!

Ek kan nie eers onthou of ek kosgemaak het of net onmiddelik omgeval het op die bed nie, maar ek het goed geslaap daardie aand!

P.S. Dis nogal 'n uitstappie om die KLR se hooflig te stel, dis nie net luiheid wat my gekeer het om dit te doen nie. Dit sou ten minste 'n uur gevat het met al die afpak, uitpak, stel en dan weer terugpak. Dit was doodeenvoudig nie die moeite werd om dit vir 20min se ry te doen nie. Dalk moet ek ook byvoeg dat ek dit weer sou noes terugstel sodra ek die swaar bagasie afgelaai het!


« Last Edit: October 17, 2013, 10:02:05 pm by Piet »
 

Offline Piet

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #7 on: October 17, 2013, 10:04:01 pm »
Die terugrit sal ek iewers oor die naweek probeer neerpen...Moreoggend is dit weer vroeg uit die vere!

Offline Malibu

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: KTM 640 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 10,900
  • Thanked: 3 times
  • Just a girl on a bike!
    • View Profile
Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #8 on: October 18, 2013, 07:50:20 am »
Super pics... and I LOVE the bushveld... :thumleft:
They call me Judy or Judes...

You need chaos to birth a shining star!
 

Offline HB 9

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1100GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,301
    • View Profile
Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #9 on: October 18, 2013, 08:56:07 am »
  :thumleft: :sip:
Tread lightly
 

Offline GIDEON

  • Born in the year of the Tiger
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Triumph 800 XC
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,815
  • Thanked: 5 times
  • Bikes est dans mon sang
    • View Profile
Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #10 on: October 18, 2013, 09:00:55 am »
Baie nice Thanks :thumleft:


Nobody can be exactly like me. Sometimes even I have trouble doing it.
 

Offline Mikie

  • Kyalami - Jozi
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,203
  • Thanked: 32 times
    • View Profile
Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #11 on: October 18, 2013, 09:16:53 am »
Ah Rankins Pass, of close to it at least, the place where I bought a piece of land on the road and killed my GSA

:paw:

Pronounciation:
M-aai-kie
My-Key
 

Offline 0012

  • Secret Agent Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,408
  • Thanked: 17 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
    • View Profile
Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #12 on: October 18, 2013, 09:39:30 am »
Lekker Piet!!!  :ricky:
Ja nee daai Witkoppen pad aan die begin is waar ek ook al bietjie grond gekoop het  :biggrin:
Die alpie het ook paar keer ge"bottom out" sommer voor as ek bietjie erg oor die humps gaan.

Daai laaste stuk in die donker klink lekker rof, bly jy het dit sonder skrapie gemaak  :thumleft:

Sien uit na die res


->    Transalp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Piet

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #13 on: October 18, 2013, 10:42:21 am »
Ah Rankins Pass, of close to it at least, the place where I bought a piece of land on the road and killed my GSA



Ai! Dit maak seer om na daai fiets te kyk...

Offline Duster

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,338
    • View Profile
Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #14 on: October 18, 2013, 05:44:57 pm »
Lekker trippie, Piet.  Het ook al paar keer van Naboom na Thabazimbi gery oor Rankins en daai pas net aan die suide kant van Marakele park (naam vergeet).  Baie mooi.  Ons wag vir die res van jou rr.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline HB 9

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1100GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,301
    • View Profile
Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #15 on: October 18, 2013, 07:10:50 pm »
Jan Trichardtpas net verby Rankins Pass en Bakkerspas oppad Thabazimbi toe - is daar naby...
Tread lightly
 

Offline Piet

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #16 on: October 19, 2013, 07:32:22 am »
Goed, ek het uiteindelik die thread raakgelees wat verduidelik hoe om fotos tussen die skrif in te sit... :thumleft: Laat ek dit toets.

So Saterdagoggend spandeer ek toe gou 'n paar minute om vir die motorfiets 'n skoon lugfilter in te sit en die ketting te olie. Dis toe tyd vir 'n rustige wildsbesigtigingsrit! Ek het mooi koedoes en 'n blouwildebees in die vlei gekry en heelwat zebras en rooibokke 'n entjie hoër op!


DSC01297 by Piet.P, on Flickr

Daar is heelwat dik sand en ook so 'n paar paaie met los klippe op die plaas. Dit sorg vir 'n goeie leerskool!


DSC01281 by Piet.P, on Flickr


DSC01280 by Piet.P, on Flickr


DSC01277 by Piet.P, on Flickr

Sondagoggend het ek vroeg wakker geword - seker as gevolg van die nuut-aangeleerde Medupi-roetine. Ek besluit toe om bietjie te voet in die berg te gaan verken. Ek het beplan om net so 2 ure te stap, maar dit word toe 4! In retrospek was hierdie staptoggie dalk nie so 'n goeie idee nie...


DSC01357 by Piet.P, on Flickr

Toe ek bo is, stap ek rondom 'n kliprandjie, toe staan hierdie klipspringer doodrustig vir my en kyk. Ek was letterlik 5 meter van haar af! Nadat sy bietjie aangestap het, kon ek hierdie mooi fototjie van haar neem.


DSC01375 by Piet.P, on Flickr

Die vroeë more uitsig van die Hoekeberge af!


DSC01377 by Piet.P, on Flickr








« Last Edit: October 19, 2013, 07:52:09 am by Piet »
 

Offline Slaaiblaar

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #17 on: October 19, 2013, 08:09:10 am »
Nice, Hoe ver is die pas van Pretoria?
 

Offline Piet

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #18 on: October 19, 2013, 08:13:31 am »
Na 'n vinnige middagete pak ek toe maar my sakkie lemoene en val in die pad. Dis weereens 'n pragtige dag, en die blou lug komplementeer die groen lenteblare mooi! Vandag beplan ek om noord te ry uit Rankin's Pass uit, en dan basies rondom Marakele Nasionale Park te ry: eers weswaarts aan die suidekant verby, dan noordwaarts aan die westekant, en laastens ooswaarts aan die noordekant! Daarna beplan ek om 'n paar honderd meter op die R517 te ry, net om weer regs te draai op die grondpaadjie wat verby die Hans Strydomdam gaan om by die R510 aan te sluit terug Ellisras toe.

Die kranse lÍ heelpad aan die regterkant tussen Rankin's Pass en die begin van Marakele se grens. Dit is beeldskoon. Dit lig die gemoed en oortuig mens om diep asem te haal en dit te probeer indrink.


DSC01406 by Piet.P, on Flickr


DSC01411 by Piet.P, on Flickr


Berg by Piet.P, on Flickr

Soos wat ek toe so aan die suide van Marakele begin verbybeweeg, toe vang ek sommer 'n gelukskoot! Twee olifante reg langs die heining! Hierdie outjie het bietjie aggressief gelyk en die heining sal nie veel weerstand bied nie, so ek het liewer nie die motorfiets afgeskakel nie! ;)


Olifant_2 by Piet.P, on Flickr


Olifant_3 by Piet.P, on Flickr
« Last Edit: October 19, 2013, 08:17:46 am by Piet »
 

Offline Piet

Re: Ellisras - Rankins Pass plaasnaweek
« Reply #19 on: October 19, 2013, 08:16:17 am »
Nice, Hoe ver is die pas van Pretoria?

Rankin's Pass is 'n dorpie (maar eintlik net 'n Polisiestasie) wat so 160km van Pretoria af is as jy oor Warmbad ry en so 200km as jy oor Nylstroom ry. Ek weet nie of die pas net noord van die dorpie ook "Rankin's Pass" genoem word en of hy "Rhenosterpoort" is nie...

EDIT - Ek sien dis hierdie een wat die 'Jan Trichardtspas' genoem word... (Dankie HB 9!)
« Last Edit: October 19, 2013, 08:56:16 am by Piet »