-- Padgeraas: Klink dit nie soos 'n "Vasbyt-Bedford" nie.
Darem nie, daar is wel padgeraas maar tussen die wind end die enjin is die nie so erg nie. Inteendeel ek vind dat die geraas soortgelyk is aan die Anakee III.
-- Vibrasie: Ek weet nie of ek graag 'n 2.2 Toyota bakkie wil ry nie, Ek wil graag teen 120 in die spieël kan kyk en iets sinvol sien.
Daai is nie 'n probleem nie, die vibrasie is baie prominent op lae spoed, onder 30km/h. Normale dorp en hoofpad spoed kan jy darem die spieëls gebruik :-)
Die bande hanteer die teerpad baie goed. Bestuur net jou banddruk mooi op langer stukke teer om oorverhitting te vermy wat lei tot vinnige afloop, veral op die agterband. Ek het my eerste agterband op 4000 teen die muur gehang, daar is nog so 4mm van die spoor oor in die middel van die band waar die meeste rubber weg is. Ek het hom egter baie verniel en beplan om beter na die tweede een te kyk.