Ons het in totaal 23mm (18mm, 2mm en 3mm) verlede week gehad Oubones, baie dankbaar daarvoor omdat dit wel 'n verskil aan die gras maak wat 'n groenseltjie begin wys. Ons kort egter baie meer reën om dié droogte te breek. Dis nog steeds baie droog. Ek hou moed omdat die weervoorspelling vir ons wys Maandag tot Woensdag.
Graaff-Reinet het lekker reën gehad met tussen 42mm en 55mm, kolle het ook lekker reën gekry: Beervleidam het so 30mm gehad, Aberdeen plekplek tot oor die 40mm, selfs De Aar het water gekry, ChrisL laat weet 3 duim hier in dele van Middelburg distrik, so 'n strook hier agter my deurgeval oppad Conway toe waar tot 2 duim gemeet is maar ons kort wydverspreide deurdringende reën. Groeiseisoen staan einde se kant toe.