Kêrels, ek het bietjie gedink ek moet hierdie fred (jammer MickeyT

) bietjie uitbrei om sommer 'n paar van my algemene plaasstories hier te vertel. Dié ding het al so 'n lewe van sy eie gekry en soms is dit effe droog - by wyse van spreke - om sommer so pos na pos oor die droogte te praat. Of oor die ewige draadspannery. Of die lamseisoen. Jy weet, ons bly ver van alles en almal en kuier nie baie nie so om hier te vertel is vir my ook lekker.
So, as julle nie gaan omgee nie, gaan ek die net bietjie wyer gooi met die stories. Maar die Bushlander bly nog die hoofkarakter hier.