Lyk vir my Oom Dorsie geniet die koek en die tee in die dorp so dat hy nie meer tyd kry om vir ons kiekies pos van sy damme nie 
Ek moet bieg Heinzz, ek hou my lyf hier op George dorpsjapie terwyl my Bushlander 'n "makeover" kry. Maar as ek die pryse van dinge sien dan wil ek met alle mag en geweld hier wegkom! Goeiste aarde maar 'n dorp is 'n duur plek.
Ek koop maar met die oë en hier is 'n paar pryse wat ek al vandag gesien het:
R599 vir 'n paar skaapvel pantoffels by Cape Union Mart.
R7500 vir 'n WiFi luidspreker by Kloppers
R1600 vir 'n "power bank" bystandbattery vir 'n selfoon by Due South.
R76 vir 'n kilogram meusli by Food Lovers Market.
R59000 vir 'n Smeg gas/elektriese stoof by Kloppers.
R200000 en iets vir 'n groot Aga koolstoof.
R25 vir 500g rooi druiwe by PnP.
R48000 vir 'n Apple MacBook Pro by Incredible connection!!!
Ek sal vir 'n verhoging moet vra.
