Ja Dirtjo, ons het darem reën gekry alhoewel dit nog droog is en ek bly sal wees vir nog. Maar dankbaar vir wat geval het. Ek sien dit reën so baie na die noorde toe. Bly vir daardie manne ook en vir die damme wat volloop.
Maar in die Kaap is dit beroerd. Julle manne kort nou baie reën. Lyk my dié droogte vat die land in sulke streke vas. Eers was dit Noord Transvaal, toe Wes Transvaal, Noord Kaap en die Vrystaat, toe die Oos Kaap, Karoo en Boesmanland en nou die Wes Kaap. Hopenlik sal die droogte oor ons land volgende jaar gewyk het en kan ons aangaan.
Sterkte vir julle, hoop en bid julle kry gou reën.