Bitter mooi - ek staan verstom om te sien hoe vining die gras opgevlam het en klaar in blom/saad!
Baie hartseer van die lam wat ge aborteer is - was dit net die een gewees Johan?
Ek vind die veld blomme baie interessant en is self mal oor vygies en vetplante.
Ek dink ek het daar in Graaf Reinet n aalwyn en vetplant boerdery gesien - dit was die dag toe ek daar in die 4x4 pad in gedonder het met my fiets en dit later berou het - bietjie uit talent gehardloop en was nie maklik om die 1200 alleen op te tel op n opdraande nie!
Bitter mooi wereld daardie.
Ek hoor jou oor die benoudheid vir ons land en sy mense - en ek deel die gevoel. Soveel onnodige haat en kwaad maar soos julle manne se - ons moet maar kalm raak en vashou aan ons geloof.
Groete

NS: Daai bok afdak lyk goed - ek het heelwat van hulle (ook so laag) bo in Afrika gesien.
Ek het vir Trevor op Tristan gevra om nou tog n paar skaap fotos te stuur - hoop hy of George sal dan kan ek dit vir jou hier plaas