
Dankie oom, WAT?!, moet ek bokke oppas? Terug vanaf die laaste bash op River Destiny in G-R gestop by die Spur vir brekfis saam met Offshore, daar agergekom my agter remskoene is klaar, die briek pedal aan die crashbar vas ge-cabletie en Mosselbaai toe gery, (maar eers fluks in die Willowmore hotel gekuier)in Kleinbrak oorgebly en die vorgende oggend gou nuwes gekoop en opgesit.
Daarna via Herbetsdale, Ladismit toe gery. Veltie was siek innie bed toe ry ek maar huistoe in 'n wind soos ek nog nooit beleef het nie vanaf Barrydale tot in Worcester.
Ek gaan beslis 'n plan maak om te kom kuier sal 'n overall en boots saambring, maar sal wag tot die sneeutyd oor is. (het te veel koud gekry in De Doorns waar ek grootgeword het.)
