Jissie ouens, maar nou staan die rook op ons soos dit hier lam. Ek sien ek mis toe sommer 'n paar kommentare

Maar soos Bud sê: julle hou my uit my werk. Netnou netnou dan lees julle van algehele uitverkoping in die Landbou Weekblad dan sak julle weer almal hier toe om daai Bushlandertjie vir 'n winskopie te kry

@ JMOL: Daai foto is die volgende dag geneem. Die vorige dag was toe als skeefloop. Op die foto het ek al reeds vir Bly gevind, nuwe tjoep innie voorwiel, 2IB wat fodies neem en ek glimlag weer.
@CFT: Wat dink jy van my R10 koöperasie rybril? En my ryskoene? Die enigste ding is die peak op my kletterpet vibreer so effe teen 40km/u

Ek het 'n antenna op die berg ge-installeer so het darem sein by die opstal en 'n paar ander plekker op die plaas. Maar ons werk maar meestal met die radios.
@ Woody: Die braai gaan nog aan wees (Bly is darem veilg Mev Vis

), ek moet nou eers 'n paar bokkies gelam kry dat ek julle klomp vleisluste kan tevrede stel