Jis Rokie, dis darem lekker om te weet jy geniet die fred. Ek geniet dit kwaai om my plaasdinge met julle te deel

Vandag is boerevakansie hier by ons want dit reën té lekker en dis nat en koud en winderig. Sommer gou 'n paar selfoon fodies geneem sodat jy kan sien hoe lyk dit.

Die teerpad is die N9 rigting Middelburg vanoggend toe ek my mense daar na hulle maandeinde naweek gaan haal het. Die mis oor Loodsbergpas was so dig ek kon slegs so 50km/u ry. 'n Ou op 'n 1190 KTM het my verbygegaan en ek wonder toe of dit dalk iemand is wat oppad na die Molopo Bash is.

Ek het wel so 'n paar lammerfotos wat ek kan pos. Ek moet hulle net eers aflaai. Op die Bushlander front, al wat ek kan pos is dat ek die staatmaker Sondag gewas en ge-olie het, nou staan hy warm, droog en skoon onder die afdak.

