(Ekt altyd gedink die bale is maar net vir sitplek wanner daar n groot braai of bazaar is
)
hehehehe, ja dit ook.
Dis glad nie dom vrae nie, dankie dat jy belangstel.

Ek gebruik maar meeste van die lusern vir lammers grootmaak en dan spaar ek ook baie in my lusernbank vir die droë tye. (Hoop nie die slim weermanne met die dik brille en wit jasse se droë voorspellings vir dié seisoen word bewaarheid nie). As gevolg van ongediertes kan ek slegs my groot bokke in die veld los. Jong diere tot so 8 maande moet maar naby die huis gehou word en deels gevoer word.
Alhoewel ek 'n kleinerige persentasie slagdiere produseer, word my diere meestal vir teeldoeleindes verkoop en voer ek dan heelwat diere na die buiteland toe uit. Hierdie diere is gewoonlik tussen 10 en 18 maande oud. Bokke wat per lugvrag vlieg weeg gemiddeld 35 kg vir die ooie en so 50 kg vir die ramme.
Die kuddekomposisie is rofweg 20 - 25 % jong diere wat by die kudde gevoeg word, 70 - 80 % diere wat in hulle prima produksiefase is en dan sowat 10 - 15 % ouer diere wat dan as slagdiere verkoop word.