Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 229282 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,987
  • Thanked: 194 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2820 on: August 14, 2019, 01:54:07 pm »
Nee kyk die jaar gaan ons GROOT tjops kry

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Online Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,235
  • Thanked: 38 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2821 on: August 14, 2019, 02:48:07 pm »
Ou @Lem beskuldig my mos op 'n ander fred dat my bokke saam my Pronutro soggens eet of iets dergliks  :lol8:  maar waaragtig as dit hier aan't lam gaan dan is dit vir my die heel lekkerste.

So moet 'n bokooi se uier met lam lyk of hoe.

Liewe ouers, hoe loop die arme mamma met daai uier?   :o
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2822 on: December 25, 2019, 04:52:00 pm »
Ken jy van droogte?

Nie van droogte waar 地 fyn tuin effe verlep raak of die grasperk minder gereeld gesny moet word nie.  Nee, ek praat van droogte in hoofletters.

Van 地 droogte waar bloekomboomlanings vaalbruin gevrek staan daar waar hulle meer as een honderd jaar gelede geplant is.  Van 地 eens trotse gemsbok wat vel en been rondstrompel, half blindelings opsoek na iets om te eet of dalk 地 sluk water om hom aan die lewe te hou. Van 地 groot ou bergskilpad, maer hier op sy nek waar mens dit onder sy dop kan sien, wat amper sy hele kop onder die suipkrip se water druk so het hy dors. Van turksvye wat maer raak, verlep, omval en tot stof vergaan. Garingbome wat tevergeefs hul blare styf teen die son en die hitte en die stof en die droog toedraai.

Ja, ek praat van droogte in hoofletters.

Dalk moet mens eerder oor di droogte fluister, fluister omdat jy vir hom bang is, omdat hy 地 als verterende wese geword het wat, nes 地 veldbrand, jou hele plaas verniel en seermaak en tot stof en klippe fynmaal.  Totdat al wat oorbly net 地 stuk grond is, nie meer plaas, nie meer huis. Ja nes na 地 veldbrand. Hy hou aan, dag na dag na dag. Die wind waai als toe onder die stof, g地 blinkaargras of ankerkaroo of ganna of kambro om te keer. Hy waai die dooie soetdoringtakke dat hul knetter soos 地 hout op 地 vuur.

Dis 地 droogte wat maak dat jy donkeroggend al in die veld is, terwyl dit koel is, terwyl dit nog lyk asof daar lewe is, terwyl mens jou kan verbeel die veld lyk nog mooi.  Terwyl die vee met die hoop van 地 nuwe dag, oor die rante trek, hoopvol dat daar 靡ens, iewers, sagte weiding langs koel waters is wat hulle sal red. Maar so saam met die son se trek deur die helder blou lug, so sak mens se moed. Dan sien jy die droog, die dooie veld, voel die wind en die stof teen jou wang.  Sien die hol flanke van die diere, weet dat jy binnekort w鳬r moet weglaai, hulle is t veel vir die veld.

Dan vra mens 塗oe lank nog my God? Hoeveel jaar nog? Jy lees van Australi, tien jaar se droogte. En ek wonder, sal ek en my veld en my vee nog vier jaar kan uithou? Sal my God my nog vier jaar kan dra? Kan ek nog hou waar 地 karee, witgat, pruimbos, alwyn vergaan? Sal ek weer sien dat die vyeboom bot?

Dan sterk ek my rug, staan op en gaan uit. My dagtaak wag.  Want ek bou my huis op 地 Ysterklip, wat nie wankel of tiep. Ek het 地 Lig wat op die pad voor my skyn. Ek dien 地 God wat my Boer geskape het.  Ek kan en ek wil en ek sal, droogte ten spyt.

Dan sien ek 地 botterblom, styf langs 地 beskermende rots, wat blom, goudgeel in die veld.  Ek hoor 地 lemoenduif wat vroegoggend roep, sien 地 windpomp wat draai in die hittige wind. Ek sien 地 lam wat suip aan sy ma, 地 ram wat lus is vir dek. Langs 地 waterkrip 地 grasspriet wat uitloop. Ja, ek sien God.  Ook hier is Hy.  In die wind en die stof en die droog.  En ek weet, Sy plan is nie myne nie, ook nie Sy tyd.

Maar al wat ek weet is boer sal ek boer.
« Last Edit: December 28, 2019, 11:17:48 am by Dorsland »
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: RobC, Kobus Myburgh

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2823 on: December 25, 2019, 04:52:53 pm »
.
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,185
  • Thanked: 53 times
  • East London
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2824 on: December 25, 2019, 06:00:07 pm »
Hi Johan.

Ek dink nie mense verstaan wat rerig aangaan nie.  Die droogte is nie net vd boere nie. Dit affekteer ook die plaaslike gemeenskap en dorp.

Gister toe hoor ek van 'n besigheidsman wat afhanklik is van boere.  Agv die ren en droogte, gaan dit broekskeur. 'n Ander boer vertel my ook dat sy werkers weg is want selfs hulle kan nie meer nie.

My opinie is dat meer mense hul werk gaan verloor wat 'n groter effek op ons ekonomie gaan h.

Sterkte aan alle boere.  Ons dink aan julle.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk

Life is hard - even harder if you are stupid.
 
The following users thanked this post: RobC, Dorsland

Offline grim101

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,570
  • Thanked: 35 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2825 on: December 25, 2019, 06:40:59 pm »
Hier by ons is dit dieselfde. Daar is niks wat mens kan s om dit beter te maak nie.

Dit was altyd die eerste en enigste ding waaroor jy gepraat het na 'n handskud.

Deesdae word daar al minder daaroor gepraat, dit raak 'n gewoonte. Hulle leer tot 'n mate saamleef met dit.

Maar daar is een ding wat jy dadelik opmerk...POSITIEF... amper almal is positief.

Hulle sal vir jou s: "Die weer draai, dit gaan kom en dit gaan oorvloed wees."

Ek self is afhanklik van boerdery en dis moeilik om nie party dae te twyfel nie.

Die ren gaan kom, maar dis nie vir ons bedoel om te weet wanneer nie, en geen voorspellings kan ons op staatmaak nie.

Die ren gaan kom en dinge gaan weer beter raak. Die veld gaan groen raak en dinge gaan beter raak.

Alle sterkte vir jou!

XT 250
XL 500
KLR 650 (Fugly)
DL 650
 

Online woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,987
  • Thanked: 194 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2826 on: December 25, 2019, 06:43:06 pm »
Sterk staan julle. Dis regtig nie mooi om dinge so te sien nie. Ons bid en vertrou dit sal weer lewe kry.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,277
  • Thanked: 622 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2827 on: December 25, 2019, 07:13:26 pm »
Na amper 6 jaar is die einde naby Johan. Ek sien in 'n berig van gister op www.citizen.co.za dat daar nie noemenswaardige reen verwag word voor April 2020 nie. Dis net 4 maande v靡, ons sal dit maak. Ek het nog 'n paar weke se voer oor, as dit gedaan is sal daar 'n plan wees. As dit nie April ren nie, sal ons dit steeds maak, ek weet net nie nou al hoe nie. Sterkte.
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline OomD

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,992
  • Thanked: 255 times
  • #imstayingpositive
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2828 on: December 25, 2019, 07:33:06 pm »
@Dorsland, @Bie, ons stadsjapies sien nooig regtig die werklike omgang van sulke droogte nie. Dankie vir die fotos, Dorsland, dit ruk mens met 'n skielike trek na 'n realiteit wat mens nie altyd sien nie, en julle leef dit elke dag. Sterkte vir julle daar, ons hoop saam met julle op verligting.
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,277
  • Thanked: 622 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2829 on: December 25, 2019, 08:00:13 pm »
Ons het maar almal droogtes in ons lewens. Geen fisiese droogte kan met ZAR en Wooly Bugger se verliese kompeteer nie. Baie besighede trek ook swaar in die stede, so ons is nie alleen nie. Ek kan jou wel virseker dis nie maklik om vir so lank met minder as 50% van jou inkomste en 200% van jou normale uitgawes te oorleef nie. Ons vee kuddes is ons trots, opgebou oor baie jare se seleksie en teling. Dit maak seer om te sien hoe dit dag vir dag deur jou vingers gly sonder om dit te kan stop. Vandag was n moeilike Kersfees, daar is altyd n verwagting van ietsie mooi vir Kersfees. Ongelukkig was vanjaar se geskenkies maar karig, maar hulle verstaan, daar moet voer gekoop word. Ons sal weer opstaan.
Jare gelede het ek 'n belangrike les by my pa geleer, sonder dat hy bedoel het dat dit vir my 'n les moes wees. Ek was nog in die koshuis, so 40 jaar gelede toe ons distrik deur 'n ander tipe natuur ramp getref is. Baie boere het baie vee verloor en oral het jy getalle gehoor, by die kerk, by die kooperasie, het jy gehoor van hierdie een wat soveel honderd ooie verloor het en daardie een wat nog meer verloor het. My pa het seker van die meeste verloor en toe hy ons by die koshuis kom haal was ek by toe die koshuis vader hom vra hoeveel hy verloor het. Hy s toe hy het nie getel wat dood is nie, want hy kan nie meer met hulle boer nie. Hy het getel wat oor is, want hy moet met hulle verder boer. Tot vandag toe bly dit my by en as dit eendag gereen het, sal ons tel wat oor is en met hulle verder boer.
« Last Edit: December 26, 2019, 07:43:25 am by Bie »
Kom ons maak 'n stoffie.
 
The following users thanked this post: Dorsland, Serf, OomD

Online GeenSand

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 848
  • Thanked: 48 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2830 on: December 25, 2019, 08:02:50 pm »
Dorsland jou woorde tref diep so op kersdag. Ons glo en vertrou op 'n genadige God. Net Hy weet wanneer jou windpomp moet draai.
Die boere is seker die sterkste gelowiges wat ek ken. My ouers boer self en dit is moeilik om vee so te sien. Hoop is al wat oor is vir ons die staat besef nie wat aan gaan nie. Maar soos jy se daar is mooi in die droog.

Sent from my SM-A605F using Tapatalk

Take nothing but photos
Leave nothing but tracks
Kill nothing but time
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,963
  • Thanked: 214 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2831 on: December 25, 2019, 08:09:49 pm »
Ek het nie woorde nie, my hart bloei, trane loop by my wange af.  Al wat ek kan doen is om vir julle te bid, kliphard bid vir julle, wees sterk, hulp sal kom.
  :'( :'( :'(
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline frankmac

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Singer (all models)
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 1,704
  • Thanked: 86 times
  • You want my what??
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2832 on: December 25, 2019, 08:28:14 pm »
You have an amazing way with words, DL.

I cannot comprehend the devastating effect the drought must have on you guys emotionally and physically.

My thoughts and best wishes are with you and the other guys battling the climate and weather at it's miserable worst.
 

Online Serf

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 882
  • Thanked: 30 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2833 on: December 25, 2019, 08:41:40 pm »
Dorsland,

Elke keer as die ren by ons val dink ek aan julle, wonder hoe julle manne dit uithou in sulke omstandighede. Vroer die week sukkel ek met n waterpyp wat bly lek en was net dankbaar dat ons nog "relatief" baie ren kry. 1 dam loop al oor! My oom boer 30km noord van my en hulle kry baie minder as ons, dalk met die bergreeks tussen ons te doen. Hy worry ook baie oor sy weiding.

Van my vriende boer in die Boesmanland en daar gaan dit net so sleg - glo nie my geloof sal so toets deurstaan nie.

Sterkte daarso en ek bid dat die ren gou in oorvloed sal kom.

Sterkte ook aan al die boere op die forum - dis moeilike tye vir almal in een of ander mate!
 
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2834 on: December 26, 2019, 09:51:17 am »
Dorsland jou woorde tref diep so op kersdag. Ons glo en vertrou op 'n genadige God. Net Hy weet wanneer jou windpomp moet draai.
Die boere is seker die sterkste gelowiges wat ek ken. My ouers boer self en dit is moeilik om vee so te sien. Hoop is al wat oor is vir ons die staat besef nie wat aan gaan nie. Maar soos jy se daar is mooi in die droog.

Kyk hoe mooi is daai geel granaat, brosdoring en driedorings @GeenSand.  My vrou is deesdae dikwels die een wat vir my die mooi in die veld moet uitwys, sy gaan soek dit spesifiek uit as ons in die veld is.  Ek kyk mos met 'n boer se oog na als.
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2835 on: December 26, 2019, 09:59:04 am »
You have an amazing way with words, DL.

I cannot comprehend the devastating effect the drought must have on you guys emotionally and physically.

My thoughts and best wishes are with you and the other guys battling the climate and weather at it's miserable worst.

Thanks @frankmac, I guess it comes from my love of reading.  :)  Thanks also for your thoughts.  I was reading some articles about Australian farmers battling their drought.  The Oz government has special depression counselling teams that visit farmers on the farm for regular counselling.  As @grim101 says, some days it is difficult to remain positive but somehow we manage to do so.  Despite YR owing us so much rain already according to their forecasts that are so consistently wrong, I keep looking at their's and Windy's forecasts daily.  Hope is probably the strongest emotion we have.  Tomorrow, next week, next month, next year will always be better.

It's amusing to see the positive forecasts economists give for economic growth 2 or 3 years ahead, despite all factors pointing to the contrary.  :lol8:

" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2836 on: December 26, 2019, 10:09:22 am »
Ek het nie woorde nie, my hart bloei, trane loop by my wange af.  Al wat ek kan doen is om vir julle te bid, kliphard bid vir julle, wees sterk, hulp sal kom.
  :'( :'( :'(

Dorsland,

Elke keer as die ren by ons val dink ek aan julle, wonder hoe julle manne dit uithou in sulke omstandighede. Vroer die week sukkel ek met n waterpyp wat bly lek en was net dankbaar dat ons nog "relatief" baie ren kry. 1 dam loop al oor! My oom boer 30km noord van my en hulle kry baie minder as ons, dalk met die bergreeks tussen ons te doen. Hy worry ook baie oor sy weiding.

Van my vriende boer in die Boesmanland en daar gaan dit net so sleg - glo nie my geloof sal so toets deurstaan nie.

Sterkte daarso en ek bid dat die ren gou in oorvloed sal kom.

Sterkte ook aan al die boere op die forum - dis moeilike tye vir almal in een of ander mate!
 

@Dorsland, @Bie, ons stadsjapies sien nooig regtig die werklike omgang van sulke droogte nie. Dankie vir die fotos, Dorsland, dit ruk mens met 'n skielike trek na 'n realiteit wat mens nie altyd sien nie, en julle leef dit elke dag. Sterkte vir julle daar, ons hoop saam met julle op verligting.

Dankie k靡els, soos @Bie ook noem, elke ou het maar sy eie werklikheid en realiteit en dt waarmee hy elke dag te make het. Ek deel maar namens elke droogtegeteisterde boer die gedagtes wat elke dag in ons gedagtes maal.  Ek dink een van die groot faktore is, omdat boere in baie gevalle, veral waar dit nou so erg droog is, so afgesonder woon, is daar nie geleentheid om mens se gedagtes en probleme met iemand anders te deel nie.  Met jou vrou kan mens nie altyd nie omdat die man mos die sterk een moet wees.  Boervrouens kry ook bitter swaar in die droogte, dikwels meer as hul mans, daar is nie tyd (of, dikwels, geld) vir dorp toe gaan, vir familie gaan kuier of vakansie hou.  Ek sien hoe swaar kry my vrou wat dag na dag die huis skoon hou en die wind dit elke dag weer vol stof waai. 

Vroer vanweek was vir my opmerklik toe my vrou in trane uitgebars het toe ek vir haar s daar is nie genoeg water uit die sementdam beskikbaar om haar paar petunias verder aan die lewe te hou nie, ek moet dit op die groot bome laat loop om hulle darem aan die lewe te hou.  As hulle vrek is dit 80, 90 jaar wat daarmee heen is.  'n Petunia en fyn tuin groei in 'n paar weke weer mooi uit as die ren kom.

Dit was vir my erg.
« Last Edit: December 26, 2019, 10:39:56 am by Dorsland »
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline TrailBlazer

  • www.a-cut-above.co.za (Laser cutting & Engraving Services)
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,786
  • Thanked: 87 times
    • A-Cut-Above
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2837 on: December 26, 2019, 10:10:34 am »
Aaaiiii Johan,

Dit maak my hart seer om te sien hoe sukkel julle manne voort met die bietjie weiding wat julle het; en ek verstaan dat julle moed verloor. Wat vir my baie oplettend is, veral in jou geval, omdat ons al by jou was, en julle bietjie beter leer ken het, is dat jy weer opstaan en aangaan.

Ek dink ek verstaan dalk bietjie beter as baie ander stadsmense waaroor dit gaan; ek self het skape gehad op die plot, en ook gesien hoe 'n droogte mens se weiding, en sak, en moed raak.

Al wat ek kan s is, "Sterkte vorentoe", en probeer moed hou  :thumleft:

Groete Derek
There are old riders, and bold riders, but no old, bold riders.

Do not ride faster than your guardian angel can fly!

Take only pictures. leave only footprints
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2838 on: December 26, 2019, 10:36:59 am »
Neewat Derek, moed is daar nog heelwat. Als mag opraak, net nie ons planne nie.  @Bie s mos, as die ren opraak, is daar 'n plan, as die weiding opraak, is daar 'n ander plan, as die voer opraak, ng 'n ander plan.

En die ander ding wat met ons mense nooit ent kry nie is ons amper unieke eienskap om in elke situasie, maak nie saak hoe moeilik dit gaan nie, 'n grap daaroor te kan maak en vir onsself te kan lag.

Dankie vir jou mooi woorde. :thumleft:
« Last Edit: December 26, 2019, 10:41:00 am by Dorsland »
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Online Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,087
  • Thanked: 460 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2839 on: December 26, 2019, 10:52:02 am »
Johan, ek het deur van die droogte areas gery die laaste week of so en my hart het seer vir julle manne en veral jul vrouens!
Die stof kom nounog in my o as ek aan boerevriend van my se woorde dink!
Sy vrou het een van daardie bemoedigings pakkies gekry en was verskriklik dankbaar!
Rede, sy het nou ietsies gehad om vir die seun saam te stuur waar hy nou weg van die huis werk om te help!
Ander boer van Upington se w靡eld werk weg van sy familie ook oor die tyd vir R8 000pm hande arbeid om die plaas te probeer hou!
Sterkte aan julle en jul vrouens en weet ek bid elke dag vir julle!
Dakar 650
SR 500
 
The following users thanked this post: Dorsland, Tom van Brits