Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 229274 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2940 on: February 02, 2020, 05:18:22 pm »
Neewat Jakes, diŤ droogte wil ons waaragtig nie los nie. Ek het 73mm vir Januarie en gister en vandag saam 10mm. Ons kort seker 10x dit om dinge te laat regkom. Die veld het bitter seer gekry met baie karoobossies, beesganna, soetdorings, pruim, karee en ander bome wat gevrek het. Onthou, dis nou ons 6de jaar se droogte en die veld se herstelvermoŽ word geleidelik weggekalwe. Daar is wel gras wat uitgeloop het, waarvan baie weer verdor het met die afwesigheid van opvolgreŽn. DiŤ gras sal doddryp in die winter dan bly daar bitter bitter min winterweiding oor.

Mens wil nie swartgallig raak nie maar kyk hieronder hoe vreet die droogte die boere vanuit die noordweste uit, op.

" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2941 on: February 02, 2020, 05:31:51 pm »
Oor die sonkragstelsel. Ek het al heelwat swak besluite in my lewe al geneem, diŤ was nie een van hulle nie

Die stelsel is geÔnstalleer en daar loop hy sonder enige borrels wat gehap is.  Hy het wel so kn paar keer afgeskakel toe die batterye tŤ laag afgeloop het maar dit was as gevolg van die leerkurwe wat ek deurgegaan het. Ek het byvoorbeeld die dam se filterpomp asook die een dompelpomp gelyktydig aan gehad dan laai die batterye nie deur die dag vol nie. Of ek het ook al vroegoggend die kompressor aangesit toe die trekker Ďn papwiel gehad het en dŪt het ook die stelsel doodgetrek.

Ek het Ďn 4de Pylontech 2,4 kW battery geÔnstalleer net om Ďn groter veiligheidsmarge vir die gastehuisie te gee.  Maar verder is hy nes hy gespesifiseer is en hy treks al wat nodig is.

Ek weet dis nie vir almal moontlik nie, veral as mens in die stad woon waar omstandighede dalk anders is, maar ek sal enigiemand aanraai om dit te doen. Eskom het reeds sy agterent sonder Ďn spieŽl gesien, daar gaan dit net al hoe erger agteruit gaan in die nabye toekoms. Maar, dan moet mens ook nie spoggerig raak met allerhande elekstriese megÍfters soos lugreŽling in elke kamer, ondervloer se verhitting, 70Ē TV in 3 vertrekke nie en diesulks nie.

By my trek my stelsel als van wasmasjien, mikrogolf, strykyster, 2 yskaste en 2 vrieskaste (Bosch A++), my vrou se haardroŽr, al my werkswinkelgereedskap (behalwe my groot staal snymasjien), dompelpompe, filterpompe, rekenaars, huisligte, buite spreiligte, elektiese skuifhek, Karcher hoŽdruk spuit ens.  Natuurlik nie als tegelyk nie maar niks wat ons lewe ongemaklik maak of omdop nie.
« Last Edit: February 02, 2020, 05:32:14 pm by Dorsland »
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,987
  • Thanked: 194 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2942 on: February 02, 2020, 06:24:37 pm »
Ek probeer ook almal wat belangstel oplei dat n goedkoper / kleiner stelsel KAN werk as jy SAAM met hom werk.
Ek is nog nie 100% af nie maar glo dat as my 2de battery gekoppel word kan ek sekerlik ook 100% onafhanklik wees.
Op die oomblik hou ek maar die dorps krag aan om nie aandag by die Munisipaliteit te trek nie.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2943 on: February 08, 2020, 12:07:50 pm »
Daar is seker niks wat 'n boer se gemoed so positief kan beÔnvloed soos reŽn nie.  Donderdag 24mm en gister 26mm gehad.  En toe kom loop die rivier laasnag af.  Hy maak my so 00h30 wakker van sy gedreun.  En g'n boer kan in die bed lÍ en luister terwyl water loop nie.  Ek staan op, trek my aan, roep die honne (die katte kom vanself saam) en gaan loop my draaie by die driffie, die leivoor, my dwarswalle wat ek nťt gistermiddag voor die reŽn begint het, herstel het. 

Ai man dis lekker!

Laasnag se kiekies met my flits geneem....
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: RobC

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2944 on: February 08, 2020, 12:10:38 pm »
En vanoggend stuur ek die hommeltuig bietjie die lug in om te omgewing te gaan kyk.  Beide die driffies by my is oorspoel, die rivier loop lekker en die wÍreld kry sommer 'n groen skynsel.

Maar kyk bietjie in die 2de foto hoeveel doringbome gevrek het.  Die ander loop nou mooi uit.  As die reŽn asseblief tog net kan aanhou dat ons nie so lank moet wag deur die jaar nie.
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline frankmac

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Singer (all models)
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 1,704
  • Thanked: 86 times
  • You want my what??
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2945 on: February 08, 2020, 12:11:03 pm »
Daar is seker niks wat 'n boer se gemoed so positief kan beÔnvloed soos reŽn nie.  Donderdag 24mm en gister 26mm gehad.  En toe kom loop die rivier laasnag af.  Hy maak my so 00h30 wakker van sy gedreun.  En g'n boer kan in die bed lÍ en luister terwyl water loop nie.  Ek staan op, trek my aan, roep die honne (die katte kom vanself saam) en gaan loop my draaie by die driffie, die leivoor, my dwarswalle wat ek nťt gistermiddag voor die reŽn begint het, herstel het. 

Ai man dis lekker!

Laasnag se kiekies met my flits geneem....

Baie bly vir julle, DL  :thumleft:
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2946 on: February 08, 2020, 12:12:16 pm »
Die keerwalle dreun sommer so soos die water oor hulle loop.  Vanaand slaap ek soos 'n baba met daai soet klank in my ore.
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2947 on: February 08, 2020, 12:13:53 pm »

Baie bly vir julle, DL  :thumleft:

And how pleased am I @francmac!
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,087
  • Thanked: 460 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2948 on: February 08, 2020, 03:34:32 pm »
Baie bly vir jou!
Ek wag vir fotoís van jou damme.
Dakar 650
SR 500
 

Offline RobC

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 13,624
  • Thanked: 252 times
  • Bloemfontein
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2949 on: February 08, 2020, 05:17:25 pm »
Ek is saam bly vir julle!
 

Offline jakesvv

  • Member
  • **
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Gauteng
  • Posts: 85
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2950 on: February 08, 2020, 09:01:32 pm »
Ek is baie bly vir julle ouens.
Ek sien Graaff Reinet se dam kry ook water.
 

Offline Aprilian

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,139
  • Thanked: 15 times
  • 1200 BMX
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2951 on: February 09, 2020, 08:16:50 am »
Fantastiese nuus!

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

Surely if I was obsessed with motorcycles Iíd have more than one; no two; no three; no no, fourÖ ah, never mindÖ
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,185
  • Thanked: 53 times
  • East London
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2952 on: February 09, 2020, 01:54:54 pm »
Dankie vd deel.

Bly julle water kom aan, maar soos jy se - die droogte is nog nie gebreek nie.
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline RrP

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2953 on: February 09, 2020, 02:48:09 pm »
Some prayers being answered, some relief for you  :thumleft:
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2954 on: February 09, 2020, 10:00:14 pm »
Baie dankbaar en bly saam jou Johan!

Sent from my SM-T231 using Tapatalk

 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2955 on: February 20, 2020, 06:03:24 pm »
Ek is bly om te kan sÍ ons kry darem reŽn en my veld begin nou mooi uitloop.  Die natuur is darem wonderlik met sy herstelvermoŽ.  Ja, baie plante het gevrek en erg seergekry maar daar is ook baie wat weer met die reŽn weer uitloop.  Natuurlik is die gras vinnigste uit die blokke, dit gee die pragtigste groen skyn aan die veld.

Dis weer lekker in die veld!

Staan nou op 93mm vir Februarie al! :biggrin: :biggrin: :biggrin:

Ek het nie meer besproeÔngswater nie (aan my gulsige en kriminele buurman te danke) maar Genade ontvang ek in grootmaat.  Op my gewese lusernlande loop daar nou baie kweek en wortelsaadgras uit.  Ook die smutsvinger en borseltjiegras loop mooi uit.  Ek het toe verlede week sommer ureum gekoop en vir die regte tyd gewag om dit uit te strooi. Dankie vir die raad @Sandban(g)k  :thumleft: ;D

Die bokke eet daai opslag met groot graagte en die ureum gaan vir my goeie volume gee.  Dan kan my dragtige ooie en ooie met suiplammers vir 'n slag weer wei en nie deurlopend lusern gevoer word nie.  Gaan my bankbalans ook 'n blaaskans gee.
« Last Edit: February 20, 2020, 06:04:02 pm by Dorsland »
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,209
  • Thanked: 306 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2956 on: February 20, 2020, 06:04:50 pm »
Ek begin tot my blerrie grasperk terugkry!  Moes al 2 keer grassny  :ricky:
" 'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. "

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,987
  • Thanked: 194 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2957 on: February 20, 2020, 06:19:54 pm »
Lekker lekker. Bly vir julle. :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline grim101

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,570
  • Thanked: 35 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2958 on: February 20, 2020, 06:24:51 pm »
Ek begin tot my blerrie grasperk terugkry!  Moes al 2 keer grassny  :ricky:
Gras sny... Dis nou bederf daai!

Baie bly om te hoor dinge gaan beter.
XT 250
XL 500
KLR 650 (Fugly)
DL 650
 

Offline Sandban(g)k

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 2,048
  • Thanked: 70 times
  • Bultfontein
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #2959 on: February 20, 2020, 08:18:00 pm »
Dankbaar saam met julle. Laat mens weer klein voel om te beleef hoe dankbaar die natuur is vir net bietjie reen!