Ek kry nie 'n manier om die laaikiekies verder terug in the fred te plaas nie, so hulle kom maar hier:
Ek weet nie of dit die nagfoto is en of dit is omdat ek so moeg was dat die foto uit fokus is nie, maar ons laai toe 23h30 (na so 3 ure se slaap) die bokke op die trok na ek hulle Terramycin vir Pasturella gespuit het.
Ons het rondom 14h30 by Johannesburg Lughawe aangekom na 13 ure op die pad

Die laaste stuk daar van Grasmere Tolhek was die ergste gewees. Woody, ek verkwalik julle glad nie dat julle uit daai plek wil kom nie. Jis kerels, Johannesburg is erg!

Twee van die bokke het tussen Dinsdagmiddag en Woensdagaand 'n Chlamydiale ooginfeksie ontwikkel wat genoodsaak het dat hulle van die lot verwyder moes word. Dis 'n maklike ding om te behandel en neem gewoonlik so 'n week dan is hulle weer perdfris (of is dit nou bokfris?

). Hulle het weer die langpad terug plaastoe aangedurf en is weer veilig hier waar dit stil en rustig is.
Nietemin, daarna is die bokke in die dubbeldek vlugkrat gelaai, gesticker en geseël en toe vlieg hulle 20h00 Donderdagaand. Die DBV het ook 'n ogie kom gooi dat ek nie my bokke verrinnewoes nie. Ek is nogal beindruk gewees dat hulle die moeite doen.
