Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 242867 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline tgg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Piaggio (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,856
  • Thanked: 82 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3040 on: April 29, 2020, 04:41:44 pm »
sal nogal iets wees as die son nie agter die water insink nie
 

Offline tgg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Piaggio (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,856
  • Thanked: 82 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3041 on: April 29, 2020, 07:52:17 pm »
Ek slaap deesdae nie deur as ek nie ‘n halwe Somnil pilletje drink nie. Was laasnag weer van so 01h15 tot 03h30 wakker

As jy ietsie vat soos ek, le jy wakker van 03h30 tot alarm afgaan, ek moet se van lockdown en ek besluit alles se moer , slaap ek beter, ek het alle stress weggeskyf goverment toe, as ek later anderkant uitkom en survive dan it dit nou so, intussen gaan ek rustig werk toe vir my essential works, kom huistoe wees rustig, maak nog n batch bier, vat die honde veldtoe en relax,

My eerste verlof in 20 jaar langer as n week
 
The following users thanked this post: RobC, Oubones

Offline Namakwalander

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3042 on: May 04, 2020, 08:38:09 am »
Hoor nou net hierdie liedjie, toe dink ek aan die draad

&list=RDwS208ZHwjis&index=10

(Terloops, die video self doen niks vir my nie. As ek my pa se plaveisel met n hammer sou gaan stukkend slaan het, sou ek agter in die kar moes staan of le oppad plaas toe)
Born to be Mild
 
The following users thanked this post: RobC

Offline Dustbiter

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3043 on: May 24, 2020, 08:08:06 am »
Goeiemôre Dorsland hier is twee foto's van Passeirer Gebirgsziegen wat ek verlede jaar op 'n wandeling in die heuwels gefotografeer het. Dit is 'n plaaslike ras in Suid-Tirol wat deur die plaaslike boere uit die uitsterwing gebring is.
Hulle is hier in hul somerweiding hoog bo in die heuwels bo die Passeirertal en Meran (Noord-Italië). Goeie kaas word deur die boere in die berghutte gemaak.
Ek is nie seker hoe hulle in die Oos-Kaap sou oorleef nie, maar hulle lyk soos geharde diere.
« Last Edit: May 24, 2020, 10:11:41 am by Dustbiter »
Bikeless at present
Previously: 1973 Honda SS50 - Port Elizabeth
                  1979 BMW R65 - East London
                   1996 BMW R1100GS - Grahamstown
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,775
  • Thanked: 506 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3044 on: May 24, 2020, 10:30:57 am »
Hoor nou net hierdie liedjie, toe dink ek aan die draad

&list=RDwS208ZHwjis&index=10

(Terloops, die video self doen niks vir my nie. As ek my pa se plaveisel met n hammer sou gaan stukkend slaan het, sou ek agter in die kar moes staan of le oppad plaas toe)

Ek sien nou eers jou plasing @Namakwalander, jammer daaroor.  Ek ken daai gevoel goed.  Ons familieplaas was Boshoek gewees, wes van Rustenburg, deur President Paul Kruger aan my ma se familie verkoop.  Sy plaas Boekenhoutfontein was twee plase weg van Boshoek gewees.  Vandag nog kan die reuk en geur van 'n lemoen en pyptabak my onmiddelik terugneem na dae se omspeel in die leivoor daar onder die tamaai bamboeswoud.  Daar het ek kaalvoet deur seker 100m se duwweltjies gehol om van 'n omgekrapte Dorperram wat my wou stamp, weg te kom. Niks vir die duwweltjies gevoel nie. Onthou dit nog soos gister.

Een Kersfees toe klim ek tot amper heelbo in een van die vele jakarandabome op die werf, so hoog ek kon toe nie weer afklim nie.  Was nog 'n klein lat gewees.  Was nogal 'n gedoente om my daar uit te kry, die grootmense was té swaar gewees om tot bo in die fyn takke te klim.  Een van die volk se ouer kinders moes my kom help.

Daai dae het mens nog raas gekry vir sulke kattekwaad.  :biggrin:
"The further a society drifts from the truth, the more it will hate those who speak it." 

George Orwell
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,775
  • Thanked: 506 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3045 on: May 24, 2020, 10:35:23 am »
Goeiemôre Dorsland hier is twee foto's van Passeirer Gebirgsziegen wat ek verlede jaar op 'n wandeling in die heuwels gefotografeer het. Dit is 'n plaaslike ras in Suid-Tirol wat deur die plaaslike boere uit die uitsterwing gebring is.
Hulle is hier in hul somerweiding hoog bo in die heuwels bo die Passeirertal en Meran (Noord-Italië). Goeie kaas word deur die boere in die berghutte gemaak.
Ek is nie seker hoe hulle in die Oos-Kaap sou oorleef nie, maar hulle lyk soos geharde diere.

More @Dustbiter, hoe lekker rustig lê daai spannetjie bokkers en herkou in die son.  Mens sien sommer die Saanen-tipe eienskappe in hulle.  Maar ek kyk met groot jaloesie na daai weidings.  Man, 'n bok kan daar darem teen so 11h00 reeds klaargewei wees.

Dankie vir die aanstuur  :thumleft:  Dit lyk na 'n baie mooi omgewing daai.  Woon jy daar of is jy op kontrak?
"The further a society drifts from the truth, the more it will hate those who speak it." 

George Orwell
 

Offline Dustbiter

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3046 on: May 24, 2020, 10:52:44 am »
 
Ons woon nou hier sedert Junie 2018 - baie mooi omgewing!

Die trop bokkies het omtrent 'n hele bergreeks as weiveld.

I am sure your farm covers a larger surface area!
« Last Edit: May 24, 2020, 12:41:48 pm by Dustbiter »
Bikeless at present
Previously: 1973 Honda SS50 - Port Elizabeth
                  1979 BMW R65 - East London
                   1996 BMW R1100GS - Grahamstown
 

Online elandsrider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,265
  • Thanked: 30 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3047 on: Yesterday at 08:05:16 pm »
Dorsland wars jy
Gooi kiekies,
Daai wereld van jou moet nou bitjie wit lyk of hoe?
KLR 650, KDX 200, XTZ 750, XL 500