Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 253844 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3060 on: June 11, 2020, 09:41:44 am »
Jy onthou seker nog die Indierwinkel daar langs die grootpad?  Nouja, dis waaragtig nog dieselfde familie wat die winkel het, die selfde rakke en toonbanke, dieselfde produkte amper, dieselfde reuk wat ek tot vandag toe nog onthou.  Lyk amper presies soos daai tyd toe ek nog kind was, behalwe die toonbanke is nou laer en ek kan oor hulle sien.  :lol8:

Bliksem daar is darem baie water onder die brug deur van daai tye af.  Maak mens eintlik baie hartseer.  Daai 2 ooms op die foto is beide oorlede, Oom Burrie links, slegs 2 weke gelede.  Was NW Kommandament, Potchefstroom bevelvoerder destyds gewees.  Toe Brigadier in die SAW.  Ai......

Salut my Oom.
« Last Edit: June 11, 2020, 09:45:06 am by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3061 on: June 11, 2020, 09:45:52 am »
Ja ou Manie, dankie vir die herinneringe.  Ek het nou laaaaaaaang pad teruggestap.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3062 on: June 11, 2020, 09:47:27 am »
Terloops, daai jakarandeboom waarin ek "vasgesit" het, staan ook nog daar.  Dis die een daar agter met al die knoetse.
« Last Edit: June 11, 2020, 09:47:59 am by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,326
  • Thanked: 68 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3063 on: June 12, 2020, 06:43:23 am »
Ek kan "ure" verwyl in sulke winkeltjies.  Die proviand en ander lyk mos net anders as dit so uitgestal word.  Daar iewers regs is seker so erdewaretjie of twee.   :thumleft:

Ek looooove jou knoetse-boom.  Dit lyk kompleet soos 'n ou oom met groot moesies.   :lol8:
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline HB 9

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3064 on: June 12, 2020, 07:53:20 am »
Dorsland, op watter pad is daardie winkeltjie?

Ongelooflike mooi plaas huis  :thumleft:
Tread lightly
 

Offline KnipMes

  • Newbie
  • *
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 10
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3065 on: June 12, 2020, 12:56:42 pm »
Dankie vir die mooi fotos Johan, lekker as mens jou geskiedenis en voorsate so ken.
Ek is bly as ek jou so bietjie kon terugvat.
Ja die myne en lokasie wat so naby gekom het is maar deels hoekom my Oupa hulle daar weg is, my neef het nog so jaar of twee daar probeer boer, maar die diefstal en gevaar het net te veel geword en hy het toe aan 'n opkomende boer verkoop. :-\
Wat ek van die Indier winkel onthou is hoe ons een slag saam my Oupa daar was en gekyk het hoe hulle 'n skaap slag op die halaal manier met die keel wat gesny word.
Ek onthou, ek het gedink dit is wreed, maar dit het my nie daar weggehou nie, want daai winkel sweets is darem lekker.
Daar was daar iewers ook 'n Duitser met die pragtigste Brahman beeste in al die kleure en rondom sy huis net wittes op sulke groen gras weiding, hy het ook meel vir sy beeste by my Oupa gekoop.


 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3066 on: June 12, 2020, 01:13:11 pm »
Dorsland, op watter pad is daardie winkeltjie?

Ongelooflike mooi plaas huis  :thumleft:

Dis op die R565 Rustenburg - Sun City pad @HB 9, volgens Google Maps so 30 km voor SC. In my jeug was dit daar soos Herman Charles Bosman se regte egte Bosveld.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: HB 9

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3067 on: June 12, 2020, 01:18:51 pm »
Ek kan "ure" verwyl in sulke winkeltjies.  Die proviand en ander lyk mos net anders as dit so uitgestal word.  Daar iewers regs is seker so erdewaretjie of twee.   :thumleft:

Ek looooove jou knoetse-boom.  Dit lyk kompleet soos 'n ou oom met groot moesies.   :lol8:

Dankie Tannie Vis, ja, ek onthou nog mens kon so een-een die niggabols en Wilsons toffies daar uit die glasbottels met die wye bekke tel.  Dan sit die man dit in 'n bruin papiersakkie.  Daar het ek menigte tannestopsel verloor as gevolg van daai groot "slabs" Creamy Toffee.

Hel mense, ek het nou skielik baie herinerringe, en verbasend duidelik ook.

Ry een slag agter op die trekker sleepwa meule toe daar by die stasie.  Met die intrekslag onder die meule se afdak vir die aflaai van die sakke heel mielies, toe slat daaiafdak se dwarsbalk my amper katswink agter op daai wa.  Ek het my tong amper heel afgebyt dat ek nie voor die swart trekkerdrywer moet huil nie.  :biggrin:
« Last Edit: June 12, 2020, 01:22:23 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3068 on: June 12, 2020, 01:21:09 pm »
@KnipMes ek hou eintlik nie daarvan nie om terug te keer na plekke uit my verlede uit.  Ek wil graag die herinerringe behou soos hulle is.  Sodra mens terugkeer dan vervang mens daai goeie herinerringe met di van die hedentyd.  En dis nie altyd so mooi soos die oues nie. 

Ek sal nie weer teruggaan daarnatoe nie. 
« Last Edit: June 12, 2020, 01:21:31 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Namakwalander

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3069 on: June 12, 2020, 02:48:01 pm »
@KnipMes ek hou eintlik nie daarvan nie om terug te keer na plekke uit my verlede uit.  Ek wil graag die herinerringe behou soos hulle is.  Sodra mens terugkeer dan vervang mens daai goeie herinerringe met di van die hedentyd.  En dis nie altyd so mooi soos die oues nie. 

Ek sal nie weer teruggaan daarnatoe nie.

Dit is darem waar wat jy daar se. As ek net gaan op wat ek in die nuus sien oor waar ek vandaan kom, dink ek ook dis beter dat ek nie terug gaan nie. Helfte van die plekke is iedergeval nou afgebreek en toegesluit agter slot. So help my niks.

Ek het in 2012 net buite Rustenburg op n plot n huisie gehuur. Het lekker daar gebly, maar ek sal nie te veilig voel om weer tussen daai lang gras te gaan bly nie. Dis juis daar wat ek besef het ek hou absoluut niks van perde nie. Dit het altyd so gebeur dat my watertenk saans voor slaaptyd leeg geloop het as die werker vergeet het om deur die dag die pomp te laat loop. Dan stap ek uit met my flitsie (ek kan nie "vuil" slaap nie) om die pomp te gaan aansit. Gewoonlik so half tens oor wat daar dalk mag wees en oor dit pik donker is waar die flits nie skyn nie. Dan, ten minste elke derde keer, sodra daai pomp aan is en ek omdraai om terug te loop, staan daai perd mos reg voor my. Ek het n punt daarvan gemaak om uit te kyk vir hulle, maar elke keer het hulle my uitgevang. Hoeveel keer het ek nie amper daai perd op sy neus geslaan nie.

Dankie vir die deel van die bietjie geskedenis. En ja, daai lyk soos n "klim" boom.
Born to be Mild
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3070 on: June 12, 2020, 03:02:33 pm »
Jawat, Namakwalander, deesdae is dit glad nie meer veilig om snags so buite te wees nie.  Ek het lekker gelag vir daai perdestorie. :lol8:  Ek het ook al gehad waar 'n vorige Boerboel van myne my vir 'n skelm aangesien het en so uit die donkerte op my afgestorm gekom.  Ek was, um, redelik benoud gewees  :patch: :eek7:
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dustbiter

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3071 on: June 25, 2020, 05:20:19 pm »
Hi Dorsland, - more goats!
Sorry but I am writing this in English - I went for a walk up a hill on Tuesday, as this was the first day of clear skies, (from a high pressure cell that had moved over us - I had been watching the synoptic charts for weeks for this to happen).

The highlight of my walk (of 23kms and a gain in altitude of 1600m) was the herd of goats  that were initially grazing on the skyline, when they suddenly became aware of me, and came running to me. They had a good lick of my legs hoping to get some salty sweat (but the mixture of suntan lotion and anti-tick spray put them off), but they still all wanted to be patted and they rubbed themselves against me. I think they mistook me for someone else - as I was wearing my big RSA hat and had a large walking stick with me.

They (60 - 70 goats) accompanied me for about 2km, until we came to the boundary river of their pasture, which lies at around 2550m.

My ascent to the top of my hill was not successful due to too much hard snow, as I had no crampons, and the heat was causing rock slides, which made it a little too exciting for me walking up there on my own.

« Last Edit: June 26, 2020, 05:50:33 am by Dustbiter »
Bikeless at present
Previously: 1973 Honda SS50 - Port Elizabeth
                  1979 BMW R65 - East London
                   1996 BMW R1100GS - Grahamstown
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 31,014
  • Thanked: 685 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3072 on: June 25, 2020, 05:22:26 pm »
Did you see Heidi or Peter perhaps? ;)
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dustbiter

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3073 on: June 25, 2020, 06:03:33 pm »
Did you see Heidi or Peter perhaps? ;)

It felt as if I should have, but there was no one around, only the three billy goats gruff and their friends! :laughing4: :laughing4:
Bikeless at present
Previously: 1973 Honda SS50 - Port Elizabeth
                  1979 BMW R65 - East London
                   1996 BMW R1100GS - Grahamstown
 

Offline Frikkie5000

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3074 on: August 04, 2020, 07:36:41 pm »
Dorsland, ons soek bietjie updates op hierdie  draad asb :)


Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3075 on: August 04, 2020, 07:46:01 pm »
Dankie [mention]Frikkie 5000 [/mention], ek is bly jy geniet dit. Ek is nie altyd seker watse aftrek die vervelige ou plaasstories geniet nie.

Dinge is bietjie bedrywig tans met 'n trop wat oor 2 weke beginne lam en ek is agter met my inentings op hulle. Ek stoei die afgelope week om 'n nuwe afdak vir hulle klaar te maak. Hier kom blykbaar sneeu en hengse koue van more af. Amper klaar behalwe vir verf maar dit kan later gedoen word.

S het dit met die laaste sneeu gelyk hier. Dis vir my nogal lekker om so in die koue met die Bushlander in die veld te wees.


« Last Edit: August 04, 2020, 07:46:52 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3076 on: August 04, 2020, 07:48:50 pm »
En as dit so koud is, dan word daar mos deur almal om die houtstoof geboer.

« Last Edit: August 04, 2020, 07:49:12 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline TrailBlazer

  • www.a-cut-above.co.za (Laser cutting & Engraving Services)
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,873
  • Thanked: 113 times
    • A-Cut-Above
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3077 on: August 04, 2020, 08:47:39 pm »
Jy kan mos sien hoeveel belangstelling jou draad geniet...  :thumleft:

Di is die Honne wat in spanning wag!

Pos gerus...
There are old riders, and bold riders, but no old, bold riders.

Do not ride faster than your guardian angel can fly!

Take only pictures. leave only footprints
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,346
  • Thanked: 559 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3078 on: August 05, 2020, 06:21:32 am »
Ek het gewonder of jy kwaad is vir ons dat jy alleen bier die laaste ruk. :pot:
Kom gooi bietjie meer gereeld asb. :sip:
Dakar 650
SR 500
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #3079 on: August 05, 2020, 06:27:49 am »
Nee wat [mention]Oubones [/mention], ek is nog hier. Sal weer meer gereeld hier pos.

Gaan bietjie vertel van my Ugandese uitvoer wat, um, 'n paar uitdagings gehad het.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: HB 9