So van hekke gepraat, gistermiddag die draadmaakvordering gaan kyk. Een van die dinge wat my gat se deksel is, is 'n hek wat jy omtrent 3 manne nodig het om oop te sleep, 'n hek wat met slierte baaltou en ou drade toegebind is

Die nuwe kududrade en -hekke om die lusernlande:

Een van die ou hekke:

Bie het my aangeraai om behandelde sparre te gebruik maar die geld moet te ver rek. Onbehandelde 1,4m sparre kos hier rondom R3,15 elk terwyl behandelde sparre hier by die R13 stuk kos. Ek het nou 'n man watse voltydse werk ditisom al die nuwe sparre met kreosoot te verf.
Ai, die geldjies wat so verrrrrrrrrr moet rek om by alles uit te kom. Ek span nou omtrent so 30km se bokproefdraad
