Soos met meeste meganiese dinge, as hy redelik nuut is, is dit nog OK, maar as hy eers ouer raak en reparasies eet 'n man se wins op, dan lol dit.
Ek maak gou 'n paar somme oor daai rollers wat gebreek het. 3 rollers x R4000 elk, mekêniek se ry hiernatoe 300km Murraysburg - GRT - Murraysburg @ R6/km (hy moes weer GRT toe om die regte boute te kry, hy het die verkeerde dikte gebring. Dis nog 120km), masjien het heeldag tot so 14h00 gestaan (8 ure gestaan, dis R4100 verlore). As ek daai lotjie bymekaar tel dan is dit net duskant R20000 wat vandag hom gekos het. En die rollers is nie eintlik 'n groot item wat baie geld kos nie. As 'n ratkas of finale aandrywing, "torque converter", enjin of iets dergliks groet, dan praat jy BAIE geld

Neewat, dis sy probleem, sy masjien, sy gesukkel. Betaal hom om die werk te kom doen, as hy klaar is, laai hy sy yster en weg is hy dan het ek groot vrede.