Nee man, jy maak nie mooi!
Ek ruik daardie karoobossies en proe daai ronderib merino se tjoppies as ek jou storie lees!

Ek het matriek op De Aar geskryf!
Nou bly ek in Natal en eet maar varktjops!
My plasie met die lekker reuk van pas geploegde land is ook in sy !!!!!!!in agv van 'n onwettige grondeis!
As ek kan, kom kuier ek eendag vir jou!
Ek kan darem werk!

Ai, ek loop partydae nounog sommer net in die reen vir die lekkekry! Dit bly maar in jou bloed al gebrur wat ook al!
Jy is geseend en hou aan met die storie van jou!
Mag jou lusern net groen, jou bokke net tweeling en die reen jou kant van die lyndraad val!
Dankie
