Hi Johan dit is 'n mooi garage wat jy daar gebou het. Onthou as jy weer bokke moet kom aflaai hier in Gauteng, daar is 'n spaar kamer hier vir jou en vrou lief. Ek is naby die N12 en net 20 min van die lughawe af. Groete
Dankie Schalk, ook vir die slaapplek aanbod. Dit sal nogal handig wees omrede ek ry gewoonlik deur die nag Johannesburg toe en is redelik poegaai as ek klaar afgelaai het. Lyk my die volgende vrag gaan eers Januarie of Februarie weer wees.
Baie bly jy is terug, welkom.
Hallo Johan baie bly jy is terug wat het het die voet en kop gebeur
Bly om te sien jy darrem nog op 2 wiele 
Dankie ouens, man die ongeluk het my Vrydag verlede week getref toe 'n bakkie my moertoe ry. Daar is nou hofsake en ondersoeke so ek wil nie té veel daaroor praat nie. Dit kon BAIE erger gewees het maar ek is OK dankie. Lyf is lekker seer en dis ongemaklik met een been nou in my lamseisoen. Gelukkig is miesies Dors hier en die werk loop so op 'n manier. Maar waaragtig, sonder my ou Bushlander was ek geskroef.
Good news to see you back, DL
It's been rather placid of late 
Always a pleasure to see a neat farmyard
Thanks FM, I'm going to work really hard at keeping it placid (from my side at least). 2 months in Banned Camp is a looooong time. I have a lot of empathy with guys like Grrrrrr.... I think his Banned Camp is 6 months!

It was all I could do to remember my login details
