Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 200511 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Scalpel

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,831
  • Thanked: 10 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #800 on: October 21, 2016, 08:42:29 am »
Het vanoggend so 20mm in reen meter gehad in Pretoria. Ons bid dat dit landwyd so mooi reen.
BMW R80G/S PD is the original DS bike!!
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #801 on: October 21, 2016, 08:50:45 am »
Hel man ek is bly dit reŽn so lekker.  Hoe mens ook al wil hÍ dit moet goed reŽn, moet dit nie tť veel tť vroeg in die voorjaar kom val nie anders is die seisoen droŽr.  Hy sal op sy tyd kom.  Maar waaragtig, dis moeilik om geduldig te wees.  :-\
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #802 on: October 24, 2016, 03:25:30 pm »
Ek kry eintlik skaam dat ek so lank terug aandag aan my getroue werkesel gegee het maar nou ja, die lewe is nie altyd perfek nie.  Ek het Saterdagoggend eenkant gesit om die Bushlander te diens en te was en net bietjie 'n tegniese oog oor hom te gooi.

Hier staan hy in die werkswinkelontvangs nadat hy ingeboek is.  Tee en beskuit is kort na diť foto geneem is, bedien terwyl ek rustig in die kliŽnte wagkamer gesit en koerant lees het.   





Bande begin nou einde se kant toe staan en ek sal een of ander tyd nuwes moet koop.  Hulle hou goed in ag genome die klipperige paaie waar hy nog elke kilometer van sy lewe deurgebring het.  Baie pap wiele maar ou Evert van HiQ oppie dorp sorg dat ek altyd vinnig weer wind in die wiele kry.  Ook sy ketting en sprockets sal binnekort vervang moet word.  Maar dis my eie toedoen, ek skeep hulle nogal sleg af.   Dis hoe die arme ketting gelyk het voor ek begin het:




.....  en nadat ek alles mooi skoon gemaak het.  Hy het mooi chainlube gekry nadat ek die hele fiets skoon gewas het.



 

Lugfilter se spons was erg vuil aan die buitekant (g'n wonder die arme fiets het so sleg geluier in die oggende):




...... maar mooi skoon binne:




En nadat ek hom mooi skoon gewas het, lugfilterolie gespuit het en alles aanmekaar gesit het:






Ek het al die kabels ge-olie en weer gestel.  Sy olie was nog skoon vandat ek dit laas geruil het so ek het net aangevul sodat hy weer op sy merk was.


Verder - soos 'n goeie Honda maar is - was alles reg en loop hy amper soos 'n Toyota: Altyd Reg. 

Na sy diens was dit "washbay" toe gewees.  Ongelukkig sonder die bikini meisies maar nou ja,  mens kry nie alles in die lewe nie.




Snaaks hoe 'n voertuig altyd beter en lekkerder loop as hy gediens en gewas is.  Nou kan die job weer loop.
« Last Edit: October 24, 2016, 03:29:04 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,292
  • Thanked: 135 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #803 on: October 24, 2016, 03:43:25 pm »
Lyk splinternuut.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,936
  • Thanked: 92 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #804 on: October 24, 2016, 05:32:33 pm »
n Baie deeglike diens raport :lol8:


2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C
2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike

As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet
 

Offline schalk vd merwe

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #805 on: October 24, 2016, 05:36:16 pm »
Ek glo hy was deur die beste Mechanic in die Karoo gediens.
1/The only way to get experience is to get experience-Schalk                
2/Ride Reports>Long Tours>Africa Tour To The Equator And Back In 40 Days
3/A stranger is just a friend you have not met yet
4/Whatever you vividly imagine, ardently desire, sincerely believe in and enthusiastically act upon must come to past-Paul J Mayer
5/Use the rocks in the your way to build stepping stones-Herman Zapp
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #806 on: October 24, 2016, 05:44:56 pm »
Ek glo hy was deur die beste Mechanic in die Karoo gediens.

Hy is seker deur die ENIGSTE mechanic in die Karoo gediens Schalk :imaposer:


n Baie deeglike diens raport :lol8:


Ek gaan vra dat daar 'n nuwe bord op die nuwe forum begin word:  DRs (Diens Raports)  :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #807 on: October 24, 2016, 06:36:38 pm »
Daai rooi fietsie sal vir altyd hou, hulle is bitter baie betroubaar  :thumleft:

Jy mis seker daai rooi 800' Johan....daai was ook maar n mooi fiets!
 

Offline blind

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #808 on: October 24, 2016, 08:35:01 pm »
Hierdie fotos van die plaas lewe laat my verlang na iets wat ek nie ken nie.

Seker maar in my bloed.

 

Offline zetman

  • Grondpad Alie pad
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Free State
  • Posts: 1,936
  • Thanked: 12 times
  • Plak n Palm...
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #809 on: October 24, 2016, 11:20:04 pm »
Uncle jy maak lekker grining paste met jou chainlube olie ketting in die stof koop volgne keer n blikkie wurth chainwax
Hou die Tyres op die Grondpad...
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #810 on: October 25, 2016, 05:58:30 am »
Dankie Zettie, ja man ek kry my ou fiets jammer met die afskepery. Sal bietjie hoor hier by Midas of hulle sulke grÍnd goeters het. Behalwe vir Agritrac Super Universal olie, het ek nogal gesukkel om Shell Helix olie te kry. :)

Trek daai chain wax nie so baie stof nie? Ek het Q20 gebruik maar lyk my nie hy hou langer as 1 dag nie. Toe gebruik ek Spanjaard se "Chain & Linkage Lube" wat klou soos hondekak aan 'n wolkombers maar grinding paste is die resultaat.
« Last Edit: October 25, 2016, 06:06:14 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #811 on: October 25, 2016, 06:00:09 am »
Hierdie fotos van die plaas lewe laat my verlang na iets wat ek nie ken nie.

Seker maar in my bloed.
Jy is altyd welkom om hier in te val om die verlang te stil Blind. Jy is reg, die mensdom verloor sy konneksie met die grond maar dit word nooit totaal geknip nie.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #812 on: October 25, 2016, 06:03:03 am »
Daai rooi fietsie sal vir altyd hou, hulle is bitter baie betroubaar  :thumleft:

Jy mis seker daai rooi 800' Johan....daai was ook maar n mooi fiets!
Ek dink soms met verlange aan daai 800 Adventure Tom, maar die realiteit vannie saak is ek het eenvoudig nie die tyd om hom te geniet nie. As ek moet terugdink Februarie vanjaar se kant toe, was daar nog nie een geleentheid waar ek selfs 'n oornag trippie met hom kon gedoen het nie.

Hartseer maar waar. :(
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #813 on: October 25, 2016, 11:13:31 am »
Dan verstaan ek dit regverdig ook dan nie so n grand bike nie.....ek wil amper se iets soos n XR650L mag dalk meer prakties gewees het om so af en toe meer te speel soos n vinnige dorp toe en terug om se n paar parte te koop . Ons mans kan mos maar vinnig n verskoning uitfigure oor hoekom daar gery moet word :) Daai Bushlandertjie is en bly yster!!

Mooibly en groete

Sent from my SM-J500F using Tapatalk

 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,822
  • Thanked: 372 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #814 on: October 25, 2016, 11:34:43 am »
Hierdie fotos van die plaas lewe laat my verlang na iets wat ek nie ken nie.

Seker maar in my bloed.
Ek ken en verlang!
Al bly ek buite die dorp!
Ek is net dankbaar dat daar tyd gevat word om ons op hoogte te hou!
Boerdery is harde werk!
Ek het groente, varke, hoenders en piesangs saam gedoen!
Jy werk jou disnis!
Dakar 650
KLR650
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #815 on: October 25, 2016, 02:10:13 pm »
Ja nee hierdie is een van my gunsteling 'kuier plekke' op WD's. Ons Karoo kuier hoekie

Sent from my SM-J500F using Tapatalk

 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #816 on: October 25, 2016, 02:30:43 pm »
Ek is bly as julle ouens dit geniet hier, dis vir my ook maar 'n uitlaatklep soms.  Sommer om net te kan wegbreek van als plaas en boer en die dinge daar rondom.  Soos nou met diť droogte.  KÍrels, ek wil nie sanik nie maar dit maak mens lam as dit so droog en stowwerig is, niks wil groei nie, dis voer koop elke rit dorp toe en die tuin lyk soos Afghanistan in 'n slegte jaar.  As ek diť vlieswolkies en die "jetstreams" van die stralers so bekyk dan weet ek darem nie hoe gaan ons maak as die rŽen nog baie langer wegbly nie.

Maar nou ja, droogte is ook goed.  Dit hou mens nederig en op jou plek, maak mens weer bewus van presies waar jy in die orde van die Skepping inpas. Slim soos ons soms dink ons is, is daar baie dinge wat net ons Liewe Vader uit onverdiende Genade vir ons kan skenk.  ReŽn is een daarvan.

Verlede jaar toe die droogte al begin neuk het, toe skryf ek sommer diť stukkie toe dit so 'n hel warm dag gewees het:



Karoo Droogte

Vandag is nog ʼn warm dag, pragtig windstil, maar warm en droog. Die hoenders skrop lusteloos onder die granaatbome rond terwyl die ganse oopvlerk onder die bloekombome lê. Dis daai warm stilte, klank dra nie ver nie en, buitendien, dis te warm om té hard te blêr, kekkel of blaf. Alles soek koelte en lafenis wat ons bly ontwyk.

Selfs die bobbejane wat in die groentetuin en lusernlande kom kos soek, is traag om te wyk as ek hulle jaʼ. Die honde lê uitgerek op die klam sand onder die voertuie wat onder die afdak staan, die hitte het hulle energie getap. Nou en dan sal ʼn stompstert nog so ligweg roer as mens hulle roep.
Ek kyk so na die ganna- kapok- en ander karoobossies, die beesganna, die blou- en wonderbosse wat al vergeel, dan kry ek die veld bitter jammer. Vasgewortel waar hul staan, kan die veldplante net met geduld en geloof op reêngenade bly hoop. Die versengende hitte skroei alles tot ʼn dor, vaal verpoeiering.

In die begin van die droogte het die fyntuin en groenteplante nog elke oggend hul blare oopgegooi soos arms wat smeek na water, na lafenis, na lewe. Maar nou, na weke se witwarm son, wind en hardgebakte grond, trek hulle hul blare biddend toe en wag. Óf op reën óf om ingespit te word.
Sonder ʼn Redder, is hul stryd amper gestry. Waar daar nog einde verlede jaar by die driffie papkuile en riete met oorgawe geblom het, waar daar blink waterstrome kabbelend oor die klippe gejaag het, oppad om verder stroomaf hulle lewensgawe te gaan deel, is daar nou net stof en ou opdrifsels. Die leivoor se stem is nou stil, gʼn lewensaar loop nou meer daar nie.

Ook die dam se vloer lê soos ʼn voltooide legkaart soos die modder gekraak en verdor het. Orals loop spore van otters, musseljaatkatte, hase en ander klein diertjies wat koers kies na die al kwynende water wat doer in ʼn hoek van die dam lê. Van die hordes watervoëls se gekekkel en gekraai soos hulle aangeteel, gekuier en gewei het, is daar nou weinig oor. Meeste het rivierop na die keerwalle waar daar nog water is, toe getrek. Wie weet waar trek hulle daarna heen as die droogte so aanhou.

Die weervoorspelling wys reën vir vanmiddag maar vroeg in die dag vervaag die hoop. Die wind is verkeerd, die skilpaaie loop nie, die nagblomme staan nog toegedraai op hul doringkieries, geen klam reuk op die vroeëoggend lug nie. Elke keer as die windpomp se skepper van rigting verander dan hou ek dit dop. Maar die wind bly uit die suide neuk. Die horison na die weste toe word met valkoë dopgehou vir die eerste wolke wat kop uitsteek. Maar helaas, die bloulug hou stand, die son gaan op en die son gaan af.

En eers in die koeler naglug skep die aarde asem om more te kan oorleef. Maar die hoop vergaan nie, die geloof dat die Here Jesus sy skepping in stand sal hou sal nie vervaag nie.

ďHy lei my na strome waar rus isĒ. My Here, my God, my Hemelse Vader, moet my nie verlaat nie. Slegs uit U hand kom genade en vergifnis en reën. Wees U skepping genadig o Here en stuur vir ons reën sodat mens en dier en plant kan lewe. Want slegs U kan dit uit ʼn helderskoon witwarm sonskynlug laat reën Here.

Laat U wil geskied my Here.
« Last Edit: October 25, 2016, 02:33:35 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #817 on: October 25, 2016, 02:55:06 pm »
Johan jy het n pragtige skryf talent en suiwer Afrikaanse taal gebruik, en jou geloof komplementeer dit alles.

Pragtig  :thumleft:
 

Offline zetman

  • Grondpad Alie pad
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Free State
  • Posts: 1,936
  • Thanked: 12 times
  • Plak n Palm...
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #818 on: October 25, 2016, 03:30:40 pm »
Jis Uncle J jy pleeg mooi Afrikaans, ons het darm ma n mooi taal ne.

Hier is n ou op die forum wat die Wurth produkte verkoop glo nie jy ga regkom by jou ko-operasie nie

WEER Was kwaai in Bloem gewees Hael alles moertoe geslaan,,, ons het die Final ga kyk tussen die Bulle en my Geliefde Cheethas
 Hou moed groot reen is Oppad
Groete
Z
Hou die Tyres op die Grondpad...
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #819 on: October 25, 2016, 03:47:46 pm »
Dankie ouens.  Hou my kop skoon en op koers.  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven