Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 200483 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #820 on: October 25, 2016, 03:48:43 pm »
Hier is een vir die Bulle manne Zettie.  Jy mag ook lekker lag  :imaposer:


« Last Edit: October 25, 2016, 03:52:53 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline zetman

  • Grondpad Alie pad
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Free State
  • Posts: 1,936
  • Thanked: 12 times
  • Plak n Palm...
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #821 on: October 25, 2016, 04:01:38 pm »
 :lol8: Manne en Manninne dit was n groot game
Hou die Tyres op die Grondpad...
 

Offline schalk vd merwe

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #822 on: October 25, 2016, 11:01:21 pm »
Ek is bly as julle ouens dit geniet hier, dis vir my ook maar 'n uitlaatklep soms.  Sommer om net te kan wegbreek van als plaas en boer en die dinge daar rondom.  Soos nou met di droogte.  Krels, ek wil nie sanik nie maar dit maak mens lam as dit so droog en stowwerig is, niks wil groei nie, dis voer koop elke rit dorp toe en die tuin lyk soos Afghanistan in 'n slegte jaar.  As ek di vlieswolkies en die "jetstreams" van die stralers so bekyk dan weet ek darem nie hoe gaan ons maak as die ren nog baie langer wegbly nie.

Maar nou ja, droogte is ook goed.  Dit hou mens nederig en op jou plek, maak mens weer bewus van presies waar jy in die orde van die Skepping inpas. Slim soos ons soms dink ons is, is daar baie dinge wat net ons Liewe Vader uit onverdiende Genade vir ons kan skenk.  Ren is een daarvan.

Verlede jaar toe die droogte al begin neuk het, toe skryf ek sommer di stukkie toe dit so 'n hel warm dag gewees het:



Karoo Droogte

Vandag is nog ʼn warm dag, pragtig windstil, maar warm en droog. Die hoenders skrop lusteloos onder die granaatbome rond terwyl die ganse oopvlerk onder die bloekombome lê. Dis daai warm stilte, klank dra nie ver nie en, buitendien, dis te warm om té hard te blêr, kekkel of blaf. Alles soek koelte en lafenis wat ons bly ontwyk.

Selfs die bobbejane wat in die groentetuin en lusernlande kom kos soek, is traag om te wyk as ek hulle jaʼ. Die honde lê uitgerek op die klam sand onder die voertuie wat onder die afdak staan, die hitte het hulle energie getap. Nou en dan sal ʼn stompstert nog so ligweg roer as mens hulle roep.
Ek kyk so na die ganna- kapok- en ander karoobossies, die beesganna, die blou- en wonderbosse wat al vergeel, dan kry ek die veld bitter jammer. Vasgewortel waar hul staan, kan die veldplante net met geduld en geloof op reêngenade bly hoop. Die versengende hitte skroei alles tot ʼn dor, vaal verpoeiering.

In die begin van die droogte het die fyntuin en groenteplante nog elke oggend hul blare oopgegooi soos arms wat smeek na water, na lafenis, na lewe. Maar nou, na weke se witwarm son, wind en hardgebakte grond, trek hulle hul blare biddend toe en wag. Óf op reën óf om ingespit te word.
Sonder ʼn Redder, is hul stryd amper gestry. Waar daar nog einde verlede jaar by die driffie papkuile en riete met oorgawe geblom het, waar daar blink waterstrome kabbelend oor die klippe gejaag het, oppad om verder stroomaf hulle lewensgawe te gaan deel, is daar nou net stof en ou opdrifsels. Die leivoor se stem is nou stil, gʼn lewensaar loop nou meer daar nie.

Ook die dam se vloer lê soos ʼn voltooide legkaart soos die modder gekraak en verdor het. Orals loop spore van otters, musseljaatkatte, hase en ander klein diertjies wat koers kies na die al kwynende water wat doer in ʼn hoek van die dam lê. Van die hordes watervoëls se gekekkel en gekraai soos hulle aangeteel, gekuier en gewei het, is daar nou weinig oor. Meeste het rivierop na die keerwalle waar daar nog water is, toe getrek. Wie weet waar trek hulle daarna heen as die droogte so aanhou.

Die weervoorspelling wys reën vir vanmiddag maar vroeg in die dag vervaag die hoop. Die wind is verkeerd, die skilpaaie loop nie, die nagblomme staan nog toegedraai op hul doringkieries, geen klam reuk op die vroeëoggend lug nie. Elke keer as die windpomp se skepper van rigting verander dan hou ek dit dop. Maar die wind bly uit die suide neuk. Die horison na die weste toe word met valkoë dopgehou vir die eerste wolke wat kop uitsteek. Maar helaas, die bloulug hou stand, die son gaan op en die son gaan af.

En eers in die koeler naglug skep die aarde asem om more te kan oorleef. Maar die hoop vergaan nie, die geloof dat die Here Jesus sy skepping in stand sal hou sal nie vervaag nie.

Hy lei my na strome waar rus is. My Here, my God, my Hemelse Vader, moet my nie verlaat nie. Slegs uit U hand kom genade en vergifnis en reën. Wees U skepping genadig o Here en stuur vir ons reën sodat mens en dier en plant kan lewe. Want slegs U kan dit uit ʼn helderskoon witwarm sonskynlug laat reën Here.

Laat U wil geskied my Here.
Hi Johan ek dink jy is 'n skrywer/digter van formaat. Jou skrywe/gedig het my onwilekeurig laat dink aan Uys Krige se gedig. Ek sluit dit hierby in. Johan as dit met jou reg is deel ek ook graag jou gedig met my FB vriende.

Gedig: Ken jy die see

 20 Maart 2012
Uys Krige

Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
 Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur
 en kalm soos min dinge hier benee,
 maar hys gevaarliker as vlam of vuur.

Dan s jy nog, Meneer, die vis is duur.

Di vrede, kalmer as n stil, soet kind,
 lyk of dit dae, dae lank sal duur.
 Maar word di bries n bulderende wind,
 dan veg jy vir jou lewe, uur na uur.

En jy s nog, Meneer, die vis is duur.

Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee,
 waar kry ons hulp dan, waars ons naaste buur?
 Die Dood staan voor die deur. Geen hy nog net n tree,
 dan kelder hy ons almal in sy koue skuur.

En jy s nog, Meneer, die vis is duur.

Wat van die storms wat nooit ophou raas?
 Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur,
 en hoor die wind al woester, wreder blaas.
 En daars geen sprokkel hout meer vir jou vuur.

Dan s jy nog, Meneer, die vis is duur.

Was jy al van jou bootjie soos n veer gevee
 deur n grys golf hoog soos n tronk se muur
 Wat help dit om te spartel en te skree: Nee! Nee!
sluk jy eers daardie waters sout en suur?

Dan s jy nog, Meneer, die vis is duur.

Ken jy die doodsangs as die rukwind klap?
 Di waansin ken geen redmiddel of kuur.
 Hy vreet mos aan jou ingewande nes n krap.
 Hys koud soos ys, heet soos die hellevuur!

Dan s jy nog, Meneer, die vis is duur.

Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
 Hy wat met groen jaloerse o na ons gluur,
 ons wat net n ou misstappie moet gee
 en hy kom tromp-op op ons afgestuur!

Dan s jy nog, Meneer, die vis is duur.

Sien jy die krom ou vroutjie daar, mevrou Mathee,
 wat telkens ver, vr oor die golwe tuur?
 Sy dink di briesie bring haar seuns betyds vir tee.
 Hul slaap aldrie agter die kerkhofmuur.

Dan s jy nog, Meneer, die vis is duur
1/The only way to get experience is to get experience-Schalk                
2/Ride Reports>Long Tours>Africa Tour To The Equator And Back In 40 Days
3/A stranger is just a friend you have not met yet
4/Whatever you vividly imagine, ardently desire, sincerely believe in and enthusiastically act upon must come to past-Paul J Mayer
5/Use the rocks in the your way to build stepping stones-Herman Zapp
 

Online VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,936
  • Thanked: 92 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #823 on: October 26, 2016, 04:56:32 am »
Dankie vir die 2 mooi stukke geskryf Dorsland en Schalk


Op n ligter noot en na die Curriebeker, hoor ek gister. In Pretoria stop almal die week vir die oranje robots uit respek ;D

2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C
2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike

As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #824 on: October 26, 2016, 06:00:17 am »
Baie dankie vir daai hartseer gedig Schalk.  Ons ou volkie het 'n paar diep manne en vroue opgelewer. Ons taal is, soos Zetman s, pragtig beskrywend.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #825 on: October 26, 2016, 06:01:44 am »



Op n ligter noot en na die Curriebeker, hoor ek gister. In Pretoria stop almal die week vir die oranje robots uit respek ;D

Hahaha, ja Vaalbaas, ek glo dis 'n heel ongewone verskynsel in 'n stad.

Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,822
  • Thanked: 372 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #826 on: October 26, 2016, 07:24:16 am »
Baie mooi ouens!
Mag die ren vinnig en goed kom!
Dakar 650
KLR650
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #827 on: October 26, 2016, 06:35:34 pm »
Afrikaans is n bitter soet taal. Ek is trots Afrikaans, hoewel ek Engels magtig is.

My boek skryf ek in Engels, dit vorder maar stadig maar ek wil graag baie meer mense bereik met my boek.
Ek het ook niks teen Engels en besef ons moet n wereld taal he waar almal tog mekaar kan vertaan.

Steeds is ek bitter trots en lief vir my taal Afrikaans en so sal dit bly.
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #828 on: October 26, 2016, 06:39:12 pm »
Johan ek het n vraag vir jou, miskien n dom vraag.

Het jy al sybokke probeer boer, en is daar nie baie groter winste in sybok nie?

As ek kyk na die Noorde van Afghanistan, al die sybokhaar produkte wat teen mal pryse verkoop word in die Midde Ooste en elders...Ek weet daar is sybok boere in SA of gaan dit oor passie?
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #829 on: October 26, 2016, 07:07:01 pm »
Glad nie 'n dom vraag nie Tom. As ek net op die Suid-Afrikaanse mark gerig was sou ek dit beslis oorweeg. Dis altyd lekker om geld vir 'n skeersel wol of bokhaar te kry terwyl jy nog die "fabriek" (die dier self) behou. Maar ek het al 11 jaar terug begin teelmateriaal uitvoer waarvoor ek in USD of Euro betaal word. Ook is ek, na 26 jaar, redelik bekend in die Boerbokbedryf.  Ek glo maar daaraan om te hou by wat jy ken. Maar, en jy raak daaraan, ek het 'n passie vir Boerbokke, ek is baie lief vir hulle.  As mens slegs 'n passie vir geld het, is dinge geneig om naderhand skeef te loop. Maak nie saak wat jy doen, mens moet 'n passie daarvoor h. Die vreugde, en hopelik die inkomste om van te kan lewe, sal wel daarna kom.

' n Mens kan eintlik baie hieroor skryf.
« Last Edit: October 27, 2016, 05:54:36 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #830 on: October 26, 2016, 07:08:54 pm »
Ou Bie kan seker ook hier antwoord omdat hy met onder meer Angoras boer. Weet nie of hy hier kuier nie.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,936
  • Thanked: 92 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #831 on: October 26, 2016, 07:29:39 pm »
Is baie waar. Soms is die geld eenvoudig net nie die tyd werd nie (en vissmeer toast op vis borde word geeet ;D), maar jy doen wat jy doen.As ek voel soos en vanaand voel, weet ek nie of ek passie vir vleis het of eenvoudig net werk nie.

Darem goed om te weet daar is nog mense wat die werk geniet wat hulle doen

2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C
2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike

As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #832 on: October 26, 2016, 07:36:23 pm »
Ja Vaalbaas, ek hoor wat jy s. Ek moet bieg, die aanhoudenheid van di jaar en sy dinge gekoppel aan die droogte mat mens af. Ek is gesend met bitter goeie gesondheid, so by so dat ek in my lewe skaars 'n Disprin gedrink het.  Die afgelope 2 jaar neuk dit egter. Net in di jaar al 4 keer verkoue gehad. Ek dink ons mense is oor die algemeen onder baie ekonomiese druk en spanning.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,822
  • Thanked: 372 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #833 on: October 26, 2016, 07:43:25 pm »
Ja, die ekonomiese druk pla!
Orals en nie net by die boerdery nie!
Die droogte laat my hart bloei vir julle!
Ek dink daar is te veel gejaag na geld en te min passie deesdae!
Dakar 650
KLR650
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #834 on: October 26, 2016, 10:19:52 pm »
Ek weet nie of my spelling my in die steek gaan laat nie maar ek het 'hernude' respek vir julle.

Om nie jou siel hoef te verkoop vir geld is n absolute bonus......en om nie geld gedrewe besluite hoef te neem nie maar jou passie te kan uitleef! Ek wens ek kan ook so n mate van stabiliteit in my lewe kry.

Ek sal bietjie loer in my Sudan fotos. Ek was daar voor die verdeling van Noord en Suid en daar het ek eendag n jongeling gesien met n klompie bokkies. Hulle het so mooi op een van daai hoe klippe gestaan en pronk.....op n ander geleentheid in Turkana in Kenya waar die jongeling in n boom klim en die takke skud en soos die peule val eet die bokke!

Pragtige lewe
 

Online Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,822
  • Thanked: 372 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #835 on: November 06, 2016, 06:31:56 pm »
Ai boet, boer jy nog?
Bitter stil hier deesdae?
Dakar 650
KLR650
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #836 on: November 06, 2016, 07:16:35 pm »
Jawat Oubene, ons hou uit. Droogte raak erg maar die werk loop nog. Ek wil party dae net wegloop na waar dit groen en nat is.

My tweede lot eerste lam ooie aborteer erg of gooi bitter ligte lammers. Dis nie 'n goeie tyd nou nie. :(
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,936
  • Thanked: 92 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #837 on: November 06, 2016, 07:46:02 pm »
Darem maar wonderlik hoe die natuur werk.
Net jammer die diere vertrou nie die baas. Hulle weet ook seker maar wat goed is vir sy sak.

2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C
2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike

As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #838 on: November 06, 2016, 10:05:05 pm »
Jawat Oubene, ons hou uit. Droogte raak erg maar die werk loop nog. Ek wil party dae net wegloop na waar dit groen en nat is.

My tweede lot eerste lam ooie aborteer erg of gooi bitter ligte lammers. Dis nie 'n goeie tyd nou nie. :(

Af nee man! Is dit omdat hulle 'natuurlik weet' dis droog? Soos Oubene se dis jammer hulle weet nie van beter....dat jy wel sal sorg!
Hoop dit gaan spoedig beter!
 

Online Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,822
  • Thanked: 372 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #839 on: November 07, 2016, 04:27:26 am »
Ai, daai aborteer storie maak 'n man se hart seer!
Sterkte, ek wens ek kon vir julle ouens so bietjie van ons groen stuur van hier af!
Hou moed, die Here bring geen struikelblok wat ons nie kan oorkom!
Dakar 650
KLR650