Ek hou alles wat 'n weerkaart is, met valkoë dop Zetman. Maar as die Liewe Here nie wil dat dit reën nie, dan sal dit nie. Die weer het gistermiddag weer mooi opgesteek hier, paar los buie in die omgewing en toe raak dit weer yskoud en niks geval nie. Die wind bly pal uit die suide uit, dag en nag temperature is té ver uitmekaar en die bolug is té koud vir reën. Gister sien ek weer "jetstreams" van die lugstralers en bo gister se donker wolke was die kenmerkende koueweer vlieswolkies. Solank hulle daar is, is die bolug té koud dat donderwolke behoorlik kan ontwikkel.
Oppad terug van Potchefstroom gister het ek darem gesien Bothaville, Wesselsbron, Klerksdorp, Orkney en omgewing het lekker reën gekry. Hoor van sommige plekke oor die 100mm. Maandag toe ek opry is dit grasgroen hier van Kroonstad af. Daar by Koppies sommer so 'n plaag John Deeres in die lande gesien, 2 van hulle sterte teenmekaar soos hulle woel om die een die ander uit die modder uit te sleep. Lopies loop mooi en elke holte het water. Volume op die veld is min maar nou kan dit darem groei en grondwater word aangevul. Baie bly vir die manne daar bo.
Maar hier is dit behoorlik Dorsland

Sterkte aan al die boere wat swaarkry. Ons gaan hier deurkom en anderkant uit. Vasbyt ouens.
Paar kiekies sommer so innie ry geneem.


En toe daar by Bultfontein en Bloemfontein se omgewing erge stofstorms.


Los buitjie by my amperse buurman.
