Dorsland, wil nie jou thread hijack, maar wil graag deel. Ons boer met Yammie AG200's, persoonlik dink ek steeds dis die beste ding. Maar so 2 maande terug vanaf die forum 'n goeie koop gemaak, selfde fiets as joune, 2008 model met 2800km op. maw. net ingeloop. Heeltemal anders as Yammies, my agterwereld word steeds seer! om idee te gee, in 2maande reeds 2000km gedoen, maar dit sluit darem onderste trip in. Sal maar sien of hy sal bybly by die Yammie, die rattles en al, maar hy kan darem 'n geploegde kontoer beter hanteer...

Wat ek eintlik wil deel, eweskielik het ek vir my 2 seuns ook Honda's gekoop, en so 3 weke terug is ons op 'n grondpad oor die berge van Lydenburg na amper Nelspruit, Die saterdag in 'n vreeslike storm. Gelukkig het ek besluit om met die 200 te ry en nie die groter fietse. My jongste is nou 12, ons het die 2 dae 150km gery. Ek was vreeslik trots op die jongste, die oudste het hom gate uitgeniet. Ons bly in 'n mooi land mense!