Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 193830 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,952
  • Thanked: 263 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #160 on: August 30, 2014, 06:49:41 pm »
Ek is sprakeloos  :o

Jy is werklik geseend en ek wonder of jy weet hoeveel  :deal:

Ou JMOL, jy sien wat skryf ek hierbo.  Deesdae, met al die sprake van die regering se gronddiefstal, die swak ekonomie, my ouderdom ens, dan praat ek en my 2IB dikwels oor die pad voorentoe.  Dalk vroe aftrede, dalk uit die boerdery tree, dalk iets heeltemal anders gaan doen, dalk als verkoop en die wreld gaan deurkruis.  Maar jissie, as ek dink dat ek nie meer kan boer nie, nie meer op 'n plaas kan woon nie.  Neewat, dan kies ek liewers die boerdery se uitdagings.  Dis juis dan dat ek werklik besef hoeveel ek gesen is.  Dan eers besef ek dat ek nie mag afstand doen van di genadegawe nie.

Dankie ook aan die ander ouens, Woody1, Oldmannorman en ander ouens dat ek my ou plaaslewe met julle kan deel en dat julle dit geniet.  Julle is altyd welkom om hier te kom kuier.

Ag ja, 'n ou harregat beneukde donner soos ek het ook maar 'n sawwe plekkie vir die lewe. Wat s my maat eendag van my:  die sagste deel van my is my tande  :imaposer:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline BLK

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #161 on: August 30, 2014, 08:01:59 pm »
I have driven past your part of the world on many occasion on my way to Cradock or Graaf-Reinet.Its just such a beautiful,mystical part of SA.
Thks for your reply,love your descriptive words

thks
 

Offline Samou

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #162 on: August 31, 2014, 10:54:43 pm »
Aan die "hardegat beneukte ou donner"
Ek het sopas van bladsy een tot nege gelees en al die mooi prentjies gekyk en dis sommer lekker om saam met jou te kon kuier en jou liefde vir die grond te kon voel. Baie dankie en ek hou verder dop  :deal:
Ego = 1/knowledge
 

Online Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,952
  • Thanked: 263 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #163 on: September 01, 2014, 09:14:12 am »
 :imaposer: :imaposer:  dankie Samou.  Ek is darem nie so beneuk nie  :deal: :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,952
  • Thanked: 263 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #164 on: September 05, 2014, 12:45:55 pm »
Staan nou midde in my lentelamseisoen en die stof staan op my ooie soos hulle lammers baar  :biggrin:  Gister toe besluit van die ooie hulle AWOL hier die berg in, natuurlik nou weer 'n gat gekry waardeur hulle kon kruip  :dousing:  Partydae is dit maar net so dat die Satan sy kos moet kry en gister was toe so 'n dag gewees.  Saam met die dragtige ooie wat nou soek is, gaan my 2IB dorp toe, die Bushlander se voorwiel kort 'n nuwe binneband so ek is my werksesel kwyt, my vee man se tweerigtingradio raak op die koffie, en daar is soveel ooie wat lammers gooi dat ons moet uithaal om by te bly om hulle in die lamhokke te kry.

Toe die stof gisteraand gaan l het, toe is ek nogsteeds 4 lammerooie kort en ons kry hulle nerens nie.  Ek is met 'n swaar gemoed bed toe.  Vandag donkeroggend toe is ons alweer aan die gang om te gaan soek.  Kry een ooi sommer hier by die lamkamp se hek, maar sonder haar lam  :(  Ons kry gou die werk hier in die lamhokke gedaan en toe trek ek en Richard, my veeman, die veld in om weer te gaan soek.  Hy kry toe nog 'n ooi wat doer in die berg gelam het, sy is nou veilig in 'n lamhok met haar lammers.  

Grootste genade van al: ek kry di klein lammer sommer bo-op die randjie, stoksiel alleen, heelnag die rooikatte, die jakkalse, gister die kraaie en als getrotseer.  En sy is lekker sterk en gesond.  Ek doop haar opslag "Bly", vir my onthalwe omdat ek haar gevind het en vir haar omdat sy nou bietjie hotelkos gaan eet en nie jakkalskos geraak het nie  ;D  Sy issie te koop nie, nooit nie.

So vanmiddag vaar ek en Richard weer die berge in om die laaste twee ooie en hul lammers te gaan soek.  Hou maar duimvas ouens.

Ja, jammer nou vir die wit bene maar gister was die eerste dag weer kortbroek aantrek.  Dra maar 'n sonbril as dit julle pla  :lol8:
« Last Edit: September 05, 2014, 12:49:24 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,123
  • Thanked: 14 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #165 on: September 05, 2014, 12:53:14 pm »
Ai, ek wens ek kon kom help soek. 

My boerin vriendin het so paar "troeteldier"-bokke en sy moet alewig babatjies soek.  Is ma-bokke slegte ma's? 
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,971
  • Thanked: 329 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #166 on: September 05, 2014, 12:54:43 pm »
Het darem een dag die week kortbroek kon dra :P
Hoop jy kry die ander ooie D.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Online Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,952
  • Thanked: 263 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #167 on: September 05, 2014, 12:57:23 pm »
Nee Mev Vis, ek selekteer maar vir goeie moedereienskappe so sukkel nie sommer met 'n ooi wat haar lam los nie.  Hierdie spesifieke ma is 'n jong eerstelam ooi en ek dink dis hoekom sy gisteraand huistoe gekom het.  Vanoggend toe ons daai lammer saammet haar in die lamhok sit toe vat sy die lam weer dadelik en hulle is nou weer heel tevrede.  Ek sal vanaand 'n paar fodies van die hereenigde twee neem.

Ek stuur die GPS ko-ordinate dan is jy baie welkom om te kom help soek  :biggrin:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,142
  • Thanked: 122 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #168 on: September 05, 2014, 01:23:09 pm »
Baas, ek is die goeie werker.. en eke kan hom die moiterbike bietjie ry :peepwall:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,123
  • Thanked: 14 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #169 on: September 05, 2014, 01:40:44 pm »
Was dit Bly se ma of moet jy haar nou hans groot maak. 

Woody1, as ons nou so paar kan wees wat opruk daar na Dorsland se plek toe, kan ons sommer gou-gou daai bokke uit-sort.  Ek kan ook bike ry - solank dit net eenetjie is wat naby aan die grond staan.   :biggrin:
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,142
  • Thanked: 122 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #170 on: September 05, 2014, 01:51:41 pm »
As ek nie op standby was die naweek nie het ek MAKLIK iewers gaan kuier

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dutchman81

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,102
  • Thanked: 5 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #171 on: September 05, 2014, 02:07:25 pm »
Hoop oom kom reg , nooit lekker as n mens weet jou "kinners" is daar buite nie , sterkte oom  :deal:

Kry daai mooi boerboel van oom om te help soek :thumleft:
« Last Edit: September 05, 2014, 02:09:04 pm by Dutchman81 »
2008 Klr650
2008 R1200GS Adv
''In the end , its not going to matter how many breaths you took , but how many moments took your breath away.''
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 728
  • Thanked: 6 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #172 on: September 05, 2014, 02:23:45 pm »
Ai Dorsland
Dit is darem waar daar is maar niks soos die plaas lewe nie al kom dit met al sy problem. Ek het ook al baie dae so moedeloos gewees as dinge net verkeerd gaan, maar dan as die nuwe lammers en kalwers aankom en die veld begin weer groen word dan besef mens van voor af hoe geseend ons eintlik is.
Hier by my het al die bokke ook nou klaar gelam.
Jy moenie die goedjies name gee nie, my vrou en dogters doen dit so maklik en dan word hulle soos kinders en mag nooit geslg word nie. EK het jare gelede toe ek die plaas gekoop het twee baie mak Brahman osse gehad, toe kon ons nog ons eie nommer toeken. Die twee was nommer 027 en 037, elke naweek het die twee kom groet as ons op die plaas kom. Een dag toe ek beeste laai breek daar so paar uit en ek is moedeloos omdat ek nie 40 het om te stuur op die lorrie nie. Nommer 026 staan toe daar rond en ek oortuig hom om maar op te klim, hy was toe darem al 'n baie mooi os.
Lang storie kort , toe die kinders hom soek die naweek daarna moes ek maar bieg ek het hom gelaai. EK was nie maklik vergewe nie enis gemaak belowe ek sal nooit weer so mak dier laai nie.
Hier is foto's van die wat onlangs name gekry het , gewwonlik sulke gevalle soos BLY s'n en hulle s seker maar eendag van ourderdom sterf want ek mag hulle nie slag nie.
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Knucklhead

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,256
  • Thanked: 81 times
  • aka: Mooseknuckle/ knucky/knuckles/philistine
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #173 on: September 05, 2014, 02:44:20 pm »
Staan nou midde in my lentelamseisoen en die stof staan op my ooie soos hulle lammers baar  :biggrin:  Gister toe besluit van die ooie hulle AWOL hier die berg in, natuurlik nou weer 'n gat gekry waardeur hulle kon kruip  :dousing:  Partydae is dit maar net so dat die Satan sy kos moet kry en gister was toe so 'n dag gewees.  Saam met die dragtige ooie wat nou soek is, gaan my 2IB dorp toe, die Bushlander se voorwiel kort 'n nuwe binneband so ek is my werksesel kwyt, my vee man se tweerigtingradio raak op die koffie, en daar is soveel ooie wat lammers gooi dat ons moet uithaal om by te bly om hulle in die lamhokke te kry.

Toe die stof gisteraand gaan l het, toe is ek nogsteeds 4 lammerooie kort en ons kry hulle nerens nie.  Ek is met 'n swaar gemoed bed toe.  Vandag donkeroggend toe is ons alweer aan die gang om te gaan soek.  Kry een ooi sommer hier by die lamkamp se hek, maar sonder haar lam  :(  Ons kry gou die werk hier in die lamhokke gedaan en toe trek ek en Richard, my veeman, die veld in om weer te gaan soek.  Hy kry toe nog 'n ooi wat doer in die berg gelam het, sy is nou veilig in 'n lamhok met haar lammers.  

Grootste genade van al: ek kry di klein lammer sommer bo-op die randjie, stoksiel alleen, heelnag die rooikatte, die jakkalse, gister die kraaie en als getrotseer.  En sy is lekker sterk en gesond.  Ek doop haar opslag "Bly", vir my onthalwe omdat ek haar gevind het en vir haar omdat sy nou bietjie hotelkos gaan eet en nie jakkalskos geraak het nie  ;D  Sy issie te koop nie, nooit nie.

So vanmiddag vaar ek en Richard weer die berge in om die laaste twee ooie en hul lammers te gaan soek.  Hou maar duimvas ouens.

Ja, jammer nou vir die wit bene maar gister was die eerste dag weer kortbroek aantrek.  Dra maar 'n sonbril as dit julle pla  :lol8:

leka dorsland  :thumleft: jys ons hero..ek wens ekt so n job gehad... :deal:
 

Online Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,952
  • Thanked: 263 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #174 on: September 05, 2014, 06:53:53 pm »
Flippit, nou's my g uit.  Darem een ooi en haar lam gekry. Die ander een is nog steeds soek maar ons moes eers weer die lamhokke laai en toe is dit alreeds donker.  68 lammers vandag!  Die bokhotel is tjokenblok, almal gevoer en nou gaan ek ook eers eet  ;D  Ons sal maar more weer soek, hulle steek hulself so goed weg dis maar 'n stryd om hulle te vind.

@MFN: ek het nog net ooit 3 bokke name gegee:  een was 'n ooi - Magogo - met sulke goeie moedereienskappe ek het haar mettertyd nie meer by die ram gesit nie maar haar as 'n kinderoppasser gebruik wanneer ek lammers speen.  Dan l daai lamemrs sulke bondels om haar in die kraal snags, te oulik gewees.  Sy het by my 11 jaar oud geword.  Ander lam was ou Hansie, haar ma het haar nie gevat nie toe maak ek haar bottelgroot.  Sy het my altyd in die veld kom groet dat ek eers bietjie tussen die horings kon krap.  En nou die Bly.  Dis my bestaan om hulle te verkoop so ek probeer maar om nie t geheg aan hulle te raak nie.  Maar ekself het nog nie 'n veeboer wat sy sout werd is teegekom wat nie vir sy vee so lief is soos vir sy eie kinders nie.  f jy het 'n passie vir jou vee, f jy het 'n passie vir geld.  Die twee is nie altyd goeie bedmaats nie.

Ek sien sommer jy is lief vir jou vee.  Dis 'n roeping my maat, soos maatskaplike werker of onderwys of poliesman. Dis in jou hart of dis nie.  Ek sien daar by jou eet die vee sand,  hier by my klippe  ;D

@ Knucklehead:  Nee man, jy laat my sommer bloos as jy dit vir my s hehehe.  Maar dankie.  Party dae dan sal ek graag liewers in 'n kantoor wil sit.  Soos gister was so 'n dag, toe is ek al behoorlik goed gatvol vir berg op en berg af klim en ons kry niks nie, nie eens 'n blr nie.  Jy moet pasop of ek PM jou sodat ek kan gaan vakansie hou.  :biggrin: :thumleft:
« Last Edit: September 05, 2014, 07:39:46 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,952
  • Thanked: 263 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #175 on: September 05, 2014, 06:56:52 pm »
Baas, ek is die goeie werker.. en eke kan hom die moiterbike bietjie ry :peepwall:

Ek het daai storie al t veel keer gehoor.  Nes ek jou jou oorpakke, waterskoene, reenpak en staalpuntskoene uitgereik het dan steel jy vir jou 'n bokram, pak jou goedjies in die Checkers en daar gat jy, laatnag voetslaan teerpad se kant toe.















Maar jy lyk oraait, en jy kan sweis en houtwerk doen.  En jy het jou eie gereedskap.  Wanneer kan jy inval?    :imaposer: :deal:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,952
  • Thanked: 263 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #176 on: September 05, 2014, 06:59:01 pm »
Was dit Bly se ma of moet jy haar nou hans groot maak. 

Woody1, as ons nou so paar kan wees wat opruk daar na Dorsland se plek toe, kan ons sommer gou-gou daai bokke uit-sort.  Ek kan ook bike ry - solank dit net eenetjie is wat naby aan die grond staan.   :biggrin:

Ja dis toe haar ma, ou Bly suig nou tiet vir 'n vale.  Ek dink ek gaan 'n Post-Kidding Bokbraai reel, wat s julle?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,142
  • Thanked: 122 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #177 on: September 05, 2014, 07:06:54 pm »
Ai ek wens dit was so maklik.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Orangejuicepony

  • Member
  • **
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Gauteng
  • Posts: 153
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #178 on: September 05, 2014, 07:27:21 pm »
eks so bly as ek sien hiers weer n update, dit voel of ek al saamboer.

Jy moet nou vroeg op more Dorsland, ek worry oor my bokke :biggrin:
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,123
  • Thanked: 14 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #179 on: September 05, 2014, 07:30:44 pm »
Was dit Bly se ma of moet jy haar nou hans groot maak. 

Woody1, as ons nou so paar kan wees wat opruk daar na Dorsland se plek toe, kan ons sommer gou-gou daai bokke uit-sort.  Ek kan ook bike ry - solank dit net eenetjie is wat naby aan die grond staan.   :biggrin:

Ja dis toe haar ma, ou Bly suig nou tiet vir 'n vale.  Ek dink ek gaan 'n Post-Kidding Bokbraai reel, wat s julle?

Ons stem 100% saam, maar moet asseblief nie jou bokkies slag nie.  Ek sal lekker slaghuis-bok saam bring.   :biggrin:

Bly is nogsteeds veilig for ever soos jy belowe het, n?  
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L