Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 193516 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,123
  • Thanked: 14 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #360 on: December 31, 2014, 07:43:21 am »
Waar is Mev Vis Arend?  Hier is ou Bly, ek het haar gou afgeneem nadat ons hulle gedoseer het vanoggend.  Sy het nogal heelwat gegroei, ek glo nie sy sal nou nog in my baadjie pas nie  ;D

Aaaaaah, sy is pragtig!  Ek hoop jy het haar 'n spesiale drukkie gegee.   :biggrin:
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,937
  • Thanked: 253 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #361 on: January 22, 2015, 11:56:35 am »
Raait, tyd om weer die boerdery aan die gang te kry, maar diť keer sonder water :(

My buurman is vir sowat 3 weke in die buiteland om sy safaribedryf te gaan bemark.  Hy vra my of ek bereid sou wees om sy lusern vir hom te sny en baal om die helfte.  So gesÍ, so gedaan want dis nou stofdroog hier by ons en ek sien dinge kan die seisoen kom lelik raak.  Enige voer wat nou in die skuur kan kom, moet in.

Dis vrek warm hier in die dag, gister 38ļC, vandag 42ļC so ons begin al 05h00 en breek dan in die hitte van die dag waarna ons weer van so 15h00 weer aangaan tot donker toe.  Die lande wat ons nou sny is so 6km van my opstal af en ek moet (natuurlik  ;D) kort kort met die Bushlandertjie gaan sien hoe loop die dinge daar onder.

Mens kan eintlik nie glo hierdie is dieselfde plek nie.  Die Cruiser foto is 3 Desember geneem nie.  Daarna het ons weer op 19 Desember 10mm gehad en daarna nie weer nie.








Met daai klippe kan mens sien hoekom lyk die Pirelli MT21s so.  Ek het aanvanklik bitter baie papwiele gekry maar het toe daai Fuggit ingesit en nou nog nie weer 'n papwiel gehad nie.  Ek sit dit nou sommer in die trekkers, sleepwaens en die Cruiser ook.  Ek vind op die teerpad (waarvan ek bitter min ry) dit die wielbalansering nadelig afekteer.





Ons sal hier 'n paar bale afhaal waarvoor ek baie dankbaar is.  Met die dat dit so droog is, sny ons dag 1, hark die oggend van dag 2 en baal (of press soos die ouens hier praat) dag 3.  Hierdie land kan eintlik al vanmiddag gebaal word.







Werklik groen goud









Groot Vermaaksland maar dalk nie so veel noudat dit so droog is nie.  Die Bushlander help om dinge op koers te hou.








My commute werk toe en terug die week  :biggrin: :biggrin: :biggrin:







Dit kan mos net lekker wees








En die fodie is vir Hinksding, 'n skilpadkruising.  Dit gee my moed want as die skilpaaie loop en die Piet-My-Vrou roep, dan kom dit reŽn. Ek het nog nie onlangs ou Piet-My-Vrou gehoor nie maar ons is darem een dag nader aan die reŽn.







My buurman is duidelik nie 'n goeie boer nie as hy nie die verskil tussen lusern en sonneblom uitmekaar kan ken nie  >:D ;)  (Ag toemaar Paul, sommer 'n grappie).  Volgende week dan sny ons hier.  Yesss, nog bale!







En toe sommer so so 'n paar kiekies vir die mooi van die omgewing.


















En oppad huistoe is daar weer hoop dat daar dalk in die dae wat kom vir ons 'n ou reŽnbui sal val.  Sommer sulke lang aanhoudende, deurdringende reŽn wat die damme volmaak, die leivore laat kabbel en mens en dier van kos sal voorsien.  Ek sien 'n wolkie of twee en dit gee hoop.

En ek weet dit lyk dalk op die fodie so, maar NEE, ek slaan nie water af nie  :biggrin:


« Last Edit: January 22, 2015, 12:12:35 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,949
  • Thanked: 322 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #362 on: January 22, 2015, 12:09:08 pm »
Hulle wys vir saterdag donnerweer by ons en julle jy sal moet klaarmaak en sommer afry ook.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,937
  • Thanked: 253 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #363 on: January 22, 2015, 12:12:02 pm »
Hulle wys vir saterdag donnerweer by ons en julle jy sal moet klaarmaak en sommer afry ook.

Chris, as ek nie vanmiddag van die hitte flou omval nie dan gaan ons gou my lammers doseer en dan van so 16h00 beginne baal.  Moreoggend 05h00 val ek en 4 manne met 2 sleepwaens in en choefchaf, als in die stoor dan kan die groot reŽn maar kom, 40 dae en 40 nagte lank, ek is reg vir hom  :thumleft:

Hoop julle kry ook sommer baie reŽn om die groot dam weer vol te maak  ;)
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,949
  • Thanked: 322 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #364 on: January 22, 2015, 12:14:18 pm »
Klein baaltjies of daai bonzai rondebaalertjie?
Hier kort ons nou water. My fontein raak al hoe flouer.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,937
  • Thanked: 253 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #365 on: January 22, 2015, 12:16:21 pm »
Klein baaltjies of daai bonzai rondebaalertjie?
Hier kort ons nou water. My fontein raak al hoe flouer.

Bonzaibaler.  G'n niks probleme nie, baal dat die stof op hom staan.  Dis net die stackery wat nie so doeltreffend is nie.  Ja my maat op Riversdal vertel ook dis bietjie droog daar.  Hou moed Chris, hy sal kom.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,011
  • Thanked: 47 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #366 on: January 22, 2015, 12:45:54 pm »
Oulike thread al kan ek as stadsjapie nou nie kommentaar nie  :thumleft:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline Maddoglips

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
  • Posts: 462
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #367 on: January 22, 2015, 12:48:09 pm »
Awesome Dorsland.

Thanks for sharing  :thumleft:
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 728
  • Thanked: 6 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #368 on: January 22, 2015, 01:52:21 pm »
Hulle wys vir saterdag donnerweer by ons en julle jy sal moet klaarmaak en sommer afry ook.

dan kan die groot reŽn maar kom, 40 dae en 40 nagte lank, ek is reg vir hom  :thumleft:

Hoop julle kry ook sommer baie reŽn om die groot dam weer vol te maak  ;)

Hier by ons begin dinge nou self lelik skeef loop met die reen wat net nie wil kom nie, ons hoop en bid maar dit is nie herhaling van 2013 hier nie. Net bly glo :thumleft:
Life is great LIVE IT!!
 

Offline jog t/a

  • Member
  • **
  • Bike: Honda TransAlp XL700V
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 198
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #369 on: January 22, 2015, 02:57:02 pm »
Hi Dorsland
Ek en vier maters slaap more aand daar op Kommetjieshoek en ry vlg oggend tot Bethesda en dan tot op Ripplemead by Leonard.

Welkom om saam te ry? Het iewers hier gepost oor trippie as jy meer info soek.

CTX 200 to 700 T/Alp
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,949
  • Thanked: 322 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #370 on: January 22, 2015, 02:58:34 pm »
Hulle wys vir saterdag donnerweer by ons en julle jy sal moet klaarmaak en sommer afry ook.

dan kan die groot reŽn maar kom, 40 dae en 40 nagte lank, ek is reg vir hom  :thumleft:

Hoop julle kry ook sommer baie reŽn om die groot dam weer vol te maak  ;)

Hier by ons begin dinge nou self lelik skeef loop met die reen wat net nie wil kom nie, ons hoop en bid maar dit is nie herhaling van 2013 hier nie. Net bly glo :thumleft:
My maat in Otjwarongo distrik het n 1250 katkoppe + sy normale kudde van 250 koeie en hy sÍ dinge begin nou sleg lyk. :eek7:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,937
  • Thanked: 253 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #371 on: January 22, 2015, 03:58:55 pm »
Hi Dorsland
Ek en vier maters slaap more aand daar op Kommetjieshoek en ry vlg oggend tot Bethesda en dan tot op Ripplemead by Leonard.

Welkom om saam te ry? Het iewers hier gepost oor trippie as jy meer info soek.



Klein wÍreld nť, man dit sal nou baie lekker gewees het, maar daai lusern moet gebaal en uitgery word so my tyd is effe min.   Wat van ek ry saam julle tot op NB Saterdagoggend?  Gooi bietjie 'n skakel na jou ritbeplanning toe dan kan ons daar verder beplan.   Kom gooi 'n draai hier as julle verbyry: Patriot Boerbokstoet, oranje en swart plaasbordjie hier by my hek.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline jog t/a

  • Member
  • **
  • Bike: Honda TransAlp XL700V
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 198
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #372 on: January 22, 2015, 04:13:30 pm »
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?action=profile;u=20020;sa=showPosts

Ons maar rustige bikers - bietjie groen en bang vir val - maar jy baie welkom. Sal jou kom haak Saterdag oggend?
CTX 200 to 700 T/Alp
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,102
  • Thanked: 25 times
  • East London
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #373 on: January 22, 2015, 05:47:09 pm »
Hierdie thread is 'n baie rustige thread - ek geniet dit altyd.

jog t/a - as julle by Dorsland is, vra bietjie vd Vrugtekoek - alte lekker  :biggrin:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline jog t/a

  • Member
  • **
  • Bike: Honda TransAlp XL700V
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 198
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #374 on: January 23, 2015, 07:56:32 am »
Maak so - Twee van manne wat saam kom ken vir Dorsland - maar nie seker hoe goed?
CTX 200 to 700 T/Alp
 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,265
  • Thanked: 19 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #375 on: January 23, 2015, 09:06:36 am »
Lyk of ons vandag en more lekker warm gaan kry..... :P
Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,937
  • Thanked: 253 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #376 on: January 23, 2015, 01:34:53 pm »
Lyk of ons vandag en more lekker warm gaan kry..... :P

Jy's reg: 41ļC hier op die oomblik.  Jis kerels maar ek beginne nou benoud raak met die hitte en droogte.  :-[  Hou lyk julle reŽn daai kant toe Andre?
« Last Edit: January 23, 2015, 01:35:28 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,265
  • Thanked: 19 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #377 on: January 23, 2015, 01:40:20 pm »
Lyk of ons vandag en more lekker warm gaan kry..... :P

Jy's reg: 41ļC hier op die oomblik.  Jis kerels maar ek beginne nou benoud raak met die hitte en droogte.  :-[  Hou lyk julle reŽn daai kant toe Andre?

Was goed voor Kersfees, maar bitter skaars nou. Verlede week is dit een oomblik 31 grade en die twee ure later val hy 16 grade toe. My broer reken dis droogte tekens, maak my baie benoud.
Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,937
  • Thanked: 253 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #378 on: January 23, 2015, 02:27:28 pm »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline DeepBass9

  • 2010 DL1000-'91 DR650 DAKAR
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: North West
  • Posts: 4,437
  • Thanked: 5 times
    • www.dreamlodge.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #379 on: January 23, 2015, 02:49:41 pm »
I can never figure out how those minimum temp thermometers work. what's the trick?