Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 199730 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,287
  • Thanked: 132 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #460 on: September 04, 2015, 04:23:00 pm »
Ek het vandag maar anderpad gery van PEaf huis toe. Wil nie saam met ouens gesien word wat verban was nie. :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,027
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #461 on: September 04, 2015, 04:31:28 pm »
Ek het spesiaal gister vir jou 2kg kudu droŽwors uitgehaal.  Ag wat, dan eet ek dit maar self  :peepwall: :snorting:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,287
  • Thanked: 132 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #462 on: September 04, 2015, 04:33:17 pm »
Ek draai NOU om. :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,027
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #463 on: September 04, 2015, 04:35:24 pm »
OK, maar nou bly daar net so 500g oor  :imaposer:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline NoRush

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #464 on: September 05, 2015, 04:18:06 am »
Oom Dorsland, Baie dankie vir die siels openbaring. Ek geniet elke oomblik, van die bokke na die honde na die
bushlander. En daai canopy van sterre, wow. Dis hemel op aarde. So sit ons almal op n plekkie waar die Vader hom of
haar wil he, met iets waarmee jy jouself besig hou. Een skrop in die aarde, ander werk met drade en so karring ons aan.
Deur Sy genade elke dag.
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,335
  • Thanked: 5 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #465 on: September 05, 2015, 06:41:18 am »
Johan.

Weereens lekker gelees van 'n mens met 'n passie vir wat hy doen  :thumleft:

Hou so aan - gaan binnekort weer daar 'n draai maak  :sip:
 

Offline Casting from Turd

  • Read my avatar and act accordingly
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,055
  • Thanked: 157 times
    • addobackpackers.com
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #466 on: September 05, 2015, 07:37:57 am »
Johan.

Weereens lekker gelees van 'n mens met 'n passie vir wat hy doen  :thumleft:

Hou so aan - gaan binnekort weer daar 'n draai maak  :sip:

Soos jy by my n draai sou maak    :peepwall:  :imaposer:
I dont want to ride fast, But I want to ride FAR
Past Bikes...Honda XR250 Tornado
Honda XR650L
Honda XL1000V Varadero
http://www.addobackpackers.com
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,027
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #467 on: September 05, 2015, 08:16:56 am »
Johan.

Weereens lekker gelees van 'n mens met 'n passie vir wat hy doen  :thumleft:

Hou so aan - gaan binnekort weer daar 'n draai maak  :sip:

Dankie 4K, jy is deesdae skaars jong.  G'n wonder ons krag was lanklaas uit gewees.  Jy moet kom draai ou, die koffie raak koud. 


Soos jy by my n draai sou maak    :peepwall:  :imaposer:

Jy kan praat, jy sou mos ook hier by my kom draai.  Klomp verdwaalgatte. :biggrin:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Casting from Turd

  • Read my avatar and act accordingly
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,055
  • Thanked: 157 times
    • addobackpackers.com
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #468 on: September 05, 2015, 08:19:38 am »
Johan.

Weereens lekker gelees van 'n mens met 'n passie vir wat hy doen  :thumleft:

Hou so aan - gaan binnekort weer daar 'n draai maak  :sip:

Dankie 4K, jy is deesdae skaars jong.  G'n wonder ons krag was lanklaas uit gewees.  Jy moet kom draai ou, die koffie raak koud. 


Soos jy by my n draai sou maak    :peepwall:  :imaposer:

Jy kan praat, jy sou mos ook hier by my kom draai.  Klomp verdwaalgatte. :biggrin:

Wie se my gat is Wreed???  Na n braai met sousboontjies miskien ja   :imaposer:
I dont want to ride fast, But I want to ride FAR
Past Bikes...Honda XR250 Tornado
Honda XR650L
Honda XL1000V Varadero
http://www.addobackpackers.com
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,027
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #469 on: September 05, 2015, 08:22:54 am »
Oom Dorsland, Baie dankie vir die siels openbaring. Ek geniet elke oomblik, van die bokke na die honde na die
bushlander. En daai canopy van sterre, wow. Dis hemel op aarde. So sit ons almal op n plekkie waar die Vader hom of
haar wil he, met iets waarmee jy jouself besig hou. Een skrop in die aarde, ander werk met drade en so karring ons aan.
Deur Sy genade elke dag.

Feite NR, feite.  Ons was verlede week vir die dag gou Baai toe gewees en kan ek nie vinnig genoeg uit daai geharwar uit kom nie. Ons tel elke dag ons seŽninge en is dankbaar vir wat ons het.  

Ek kom vanoggend uit die veld uit met so 'n vrede in my hart, die duiwe koer doer vÍr, dis windstil, die grond is nog klam van die afgelope reŽn, die son skyn mooi so oppie berge, hier in die vallei is dit nog skadu, die bossieveld loop uit en daar loer al so 'n groen skynsel op van die doringbome hier langs die rivier.  Ai ...

Bly jy geniet die lees daarvan.  Die kommentaar van die ouens hier is altyd 'n spieŽl vir dŪt wat mens al te maklik aan gewoond en afgestomp kan raak.  Mag ek nooit daar kom nie.
« Last Edit: September 05, 2015, 08:27:03 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,118
  • Thanked: 26 times
  • East London
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #470 on: September 05, 2015, 12:17:15 pm »
Nou weereens lekker geboer.  Baie dankie.  'n Voorreg om soos jy te lewe, maar ek glo dit het ook sy stress en dinge.
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #471 on: September 05, 2015, 04:55:44 pm »
Dorsland jy is n Gessende mens, iewers moes jy iets reggedoen het want jou lewe n baie mooi lewe!  :thumleft:
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,027
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #472 on: September 05, 2015, 05:11:45 pm »
Dorsland jy is n Gessende mens, iewers moes jy iets reggedoen het want jou lewe n baie mooi lewe!  :thumleft:


Hehehehe, dankie Hillman, geseŽnd is ek beslis ja.  Maar dis juis dit wat my nederig hou:  ek het al baie verkeerde dinge in my lewe gedoen en doen baie nog steeds.  Ek is elke dag daarvan bewus dat ek niks beter of slegter as 'n ander ou is nie.  

Maar dis 'n lang gesprek vir wanneer ek en jy eendag om 'n vuurtjie kuier  ;)  Dalk op een van ou Subie se lekker Molopo trippies
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline weskusklong

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,275
  • Thanked: 9 times
  • Happiness comes from inside.
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #473 on: September 05, 2015, 08:08:25 pm »
Heerlik om te lees wat julle aanvang daar in die stilte van die Karoo.
Baie toeriste raak liries oor die plaasboer se huis daar teen die heuwel,en noem dan dat hulle daarvan sal hou om daar te bly.
Dan kom die boer by dieselfde huis uit en sien iets heel anders,veral op ń Maandagoggend,dronk werkers,oortrokke rekening,gifstowwe rekeninge ens.
Interesante lewe die van ons :ricky:
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,027
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #474 on: September 05, 2015, 08:52:54 pm »
Hahahaha, daar slaan jy die spyker oppie kop Weskusklong.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,027
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #475 on: September 06, 2015, 09:51:07 am »
Ek soek gisteraand 'n foto hier op die rekenaar en kom toe weer op Dorsland se Groot Buffelvang Avontuur af.  Ek het al amper van diť episode vergeet, ek wou nog 'n stuk hier pos maar dit waai na so 'n ruk by my kop uit.

En buitendien, ek is nou effe self gatvol vir my draadspanstories hier  :lol8:

WAARSKUWING: Die Bushlander verskyn in geen fotos nie en, behalwe om te help om die Buffel se spoor te sny, het my getroue werkesel geen rol hier gespeel nie.  Just in the interests of full disclosure  ;D

Dit het verlede jaar gebeur toe een van Clifton Wildplaas, wat sowat 50km van my af lÍ, se buffelkoeie koers gekies het stroomop die Sondagsrivier langs. Nou buffelboerdery is g'n goedkoop speletjie nie (tensy jou naam Ramaphosa of Rupert is.  Daai R40 miljoen buffel van so 'n paar jaar gelede staan hier nie baie ver van my af nie) en as jou geld die pad vat dan moet jy laat dinge gebeur dat dit weer in die bank, um, ek meen plaas kom.

In alle geval, diť losloper buffel wei wei so rustig die omgewing deur, so al met die Sondagsrivier se loop langs, vir amper 5 weke.  'n Buffel vang jy nie sommer met 2 skaaphonde en 'n plaaswerker nie.  Nee my maat, dis 'n gedoente.  Maar die geneukery is dat hulle kry nie die buffel opgespoor nie.  So elke nou en dan sien een van die boere 'n klompie spore en dan jaag die Cruisers en die wildwa soentoe, maar dan kry hulle net mis en nog spore, g'n buffel nie.  Probleem is dis ruig en haas onbegaanbaar met 'n voertuig.

Ek dink op 'n dag toe sien Jacques Hartzenberg, eienaar van Clifton, dat hoe verder hy van sy buffel raak, hoe nader aan sy skade is hy.  Hy span toe 'n spoorsnyer in om diť buffel te vind.  Die man sny toe die spoor tot hier naby my maar dit is erg ruig daar en mens en dier sukkel om daar in te kom.  Plan is toe om die onmiddelike omgewing te monitor totdat sy dalk in 'n maklike plek inbeweeg.  Daar sal die koei toe deur Dr MacFarlane, staatsveeaarts wat intussen afgetree het, verdoof en gelaai word.

Mooi, kind se naam is Wit Willem.  Almal staan by.

So op 'n dag is ek toe hier by my die veld in met die Bushlander vir een of ander rede (dis die eerste en laaste verskyning van die fiets in die vertelling. Ek het julle mos gewaarsku.  En daar is geen kiekies nie).  Sien ek, jislaaik, hier is mos buffelspore en mis hier by my in die rivier se digte bosse.  Laat weet vir Dr Mac dat die manne maar moet aantree en kort voor lank toe staan die spannetjie hier by my.



Maar soos die geluk dit wil hÍ, staan die buffel hier ook in die ruigste gedeelte van my plaas wat ook redelik moeilik begaanbaar is.  Gelukkig loop 'n ou leivoor hier deur en die plaaspad is nie te ver van waar sy staan nie.  Maar boetie, as 'n buffel befoeterd raak, dan wil 'n man darem holspasie hÍ.  En sommer baie daarvan.

Maar wat mens wil en wat is lÍ wyd van mekaar af.

Ou Dr Mac pyl toe die buffel met die verdowingsmiddel en daar gaan lÍ sy, darem nie tť ver van die leivoor nie maar sowat 400m van die pad af waar die wildwa staan.  'n Wilde dier wat verdoof is, soos ek dit verstaan, kan nie baie lank so wees nie anders ontwater hulle en, saam met die stres, vrek hulle sommer vinnig.  So die koei moet so vinnig as moontlik gelaai en terug op Clifton kom dat sy nie bene innie lug lÍ nie.

Dr Mac spuit toe die teenmiddel sodat sy effe kan bykom, genoeg dat sy so wankelrig kan staan en so na die pad gelei/gesleep kan word waar die span manne haar in die buffeltaxi kan laai.  Maar vir een of ander rede wil sy nie lekekr bykom nie.  Sy kom orent en lÍ op haar pens maar sy kan nie staan nie.

Hoe nou gemaak?

Dorsie kry toe 'n slim plan.  Gaan haal die groot driepoot met kettingkatrol, rig die bo haar op en tel haar so op haar bene.






So gemaak, besluit Dr Mac dat as diť buffel nou effe bykom met daai driepoot en kettingkatrol aan haar vas, gaan daar 'n paar grootoog oomblikke van die "o donner" tipe wees.  

Raait, ons laat sak die driepoot en ontkoppel die buffel.  Maar terwyl ons dit doen en Dr Mac die buffel se toestand van nader bekyk ruk sy haar kop en slat vir arme Dr Mac sommer diepkloof op sy voorkop oop.  Gelukkig is die buffel baie verdoof en is dit net so 'n skrams hou maar dit kon lelik gewees het, en hy is oor die 60 jaar oud.  So skenk Dr Mac toe sy bloed vir die dag, nogal heelwat, want 'n kopbesering kŠn bloei.

Hmmmmmm, plan B.






Ons besluit toe, as ons die koei op die wildvangmat kan kry dan gaan ons haar sleepdra tot in die leivoor - wat ons toe al effe oopgesny het - vanwaar ek haar met my Cruiser se wenas op die mat tot by die pad kon sleep.

Links in die foto hier staan ek met die panga ingeval daai manne bietjie aanmoediging nodig het  :lol8: ;)








Die plannetjie werk toe soos 'n bom en ons kry haar sommer tjoptjop by die pad.














Teen die tyd is die vangspan se pÍ nogal uit, dis warm en dis al 'n helse lang dag van swoeg en sweet en ons kry nie daai vervlakste buffel opgetel om in die wa te laai nie.  Die wa staan net te hoog en die afdraende is te skerp.








Ek gaan haal toe die trekker met die aapstert (ek dink sy sou tť swaar vir die laaigraaf gewees het en kan die laaigraaftrekker in elk geval nie daar inkom nie).  Ons haak daai vangmat se lussies deur die aapstert se haak en woepswaps kry ons haar die wa in.










Kerels, dit was warm en die manne is natgesweet, maar die buffel is gelaai.  Tyd vir 'n spanfoto:





Nicolaai, Clifton se plaasbestuurder (2de van links) laat weet hy sal sien wat kan hy maak dat ek en die 2IB so 'n naweek by Jacques se ander verskriklike grÍnd wildsplaas aangrensend aan Tswalu in die Kalahari, vir 'n naweek kan gaan leeglÍ as dankie vir ons hulp.  Dit kan mos net lekker wees.

Ek het na so 'n maand of wat gebel om te hoor hoe het die buffel dit oorleef en die terugvoering is dat sy 100% is en weer by die res van die trop aangesluit het.

As ek terugdink, moes ek maar my bek gehou het, 'n buffelkoei kan nogal 'n paar finansiŽle gate toestop dink ek.  >:D :biggrin:



« Last Edit: September 06, 2015, 10:07:31 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,287
  • Thanked: 132 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #476 on: September 06, 2015, 10:06:46 am »
Jy is darem maar VERSIGTIG... staan doer ver en bekyk die spul sien ek. :imaposer:
Wel gedaan  :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,027
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #477 on: September 06, 2015, 10:12:15 am »
Jy is darem maar VERSIGTIG... staan doer ver en bekyk die spul sien ek. :imaposer:
Wel gedaan  :thumleft:

 :imaposer: :imaposer:  laas toe ek en 'n buffel resies gejaag het, toe wen hy my ver  :deal:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,287
  • Thanked: 132 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #478 on: September 06, 2015, 10:13:11 am »
Enn voordeel van 'n kortbroek... die goed kan uitwaai terwyl jy hardloop.. :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,027
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #479 on: September 06, 2015, 10:14:22 am »
 :imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven