Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 191984 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline zetman

  • Grondpad Alie pad
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Free State
  • Posts: 1,936
  • Thanked: 12 times
  • Plak n Palm...
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #520 on: December 03, 2015, 04:45:19 pm »
Uncle D  Roam so biki rond...hy n breek gevat van die forum af sommige Honne hou mos aan Gatkrap

waars die foto van die Satan Slang ?
Hou die Tyres op die Grondpad...
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #521 on: January 17, 2016, 02:20:11 pm »
Lanklaas hier gepos, so hier gaat ek ....

Waarskuwing: die Bushlander het nie 'n leidende rol in hierdie episode nie
 :)

Maandagaand verlede week toe kry ons 'n baie welkom 24mm, hy verspoel my paaie maar die reŽn is baie welkom.  Dinsdag, Woensdag en Donderdag herstel ek paaie, ry grond aan, skraap my keerwalle en spoelslote weer mooi en tussenin werk ek gou twee lande dat ek Donderdag voersorghum kan plant, ek sien die voorspelling vir Vrydag is reŽn.  Met die droogte waag ek maar 'n kans in die hoop vir opvolgreŽn, maar voer het ek baie nodig.

Nouja, Donderdag kom en daar is so 'n paar los buie in die omtrek so ek laat waai met die geplantery.  Dis stof en warm en ek is al voos gestamp van trekkerry maar klaar moet hy klaar.








Vroeg diť aand toe val daar so 3mm waaroor ek baie bly is, hy bring die vog net weer tot by daai rooi saadtjies, genoeg om te ontkiem, sorghum is redelik droogtebestand so ek is tevrede.

So 01h30 Vrydagoggend maak die aanhoudende blitse hier na die suide toe my wakker en ek lÍ 'n lang ruk en na hulle kyk.  Naderhand staan ek op en gaan sit oppie stoep want hulle is nou nader.  Dis vir my snaaks omdat ons weer gewoonlik uit die noordweste kom.  Hoe langer ek sit hoe meer sien ek hier is nou waaragtig 'n kwaai storm aan die kom.  Ek maak die 2IB wakker toe die krag afgaan dat sy 'n paar olielampe kan aansteek terwyl ek die werf se lendene omgord vir wat nou blyk 'n groot reŽn te wees.  Ek sien sommer so in die aanhoudende blitse dis hael, sulke lae los wit wolkies voor die groot storm wat vinnig hiernatoe beweeg.

Kerels, en toe kom reŽn dit, nie bietjie nie, sommer baie!  40mm in sowat 45 minute.  Ons spoel amper weg soos dit reŽn, daar is 'n stroom water enkel diepte wat deur my werkswinkel stroom, hier tot amper teen die huis en dan by die dubbelhek uit.  Die wind waai en ek kan nie eens die voorhekkie sowat 20m van my kantoorvenster sien nie.  Lekker man, lekker!  ;D

Nouja, toe die ergste reŽn effe laat skiet toe trek ek die waterskoene aan en gaan kyk.

 :eek7: :eek7:

Die storm het sowat 45 minute geduur maar heelwat skade aangerig.  2 groot peperbome en 'n groot doringboom is op my laaibank en oor my pasgespande drade omgewaai, 'n 3de peperboom hier in die agterwerf en wat ek skat maklik 80 jaar oud is,  het hy so gewaai dat hy wortels dikker as my bobeen uit die grond gelig het en die een klipmuur van die motor afdak totaal bereek het.  Ander bome se takke het hy mors afgebreek - sommer groot takke - en hulle op my lande se drade gegooi.







Ek ry op na die kloof toe want ek hoor sommer hoe dreun dit daar.  Daar aangekom, kan ek duidelik hoor hoe maal die groot rotse teen die klipplate soos die vloedgolf water hulle meesleur.  'n Groot deel van daai water loop in my leidam, wat nou al so 6 maande leeg is, in.  







Dis nog tť donker om als mooi te kan sien, so ek gaan huis toe, maak tee, droog my af en wag dat dit effe ligter word.  Later,sodra daar genoeg lig is om te kan sien, ry ek my rondtes.


Gelukkig het die opstal die ergste hael gemis maar sowat 600m van die huis af, lÍ die hael so:




800 meter van die huis af lyk dit so  :eek7:  :














Gister toe ek daai pad gaan skraap dat hy darem begaanbaar is, toe lÍ die haelopdrifsels nog net so, nie gesmelt nie, amper 36 uur later.



So lyk my een land wat ek 'n korte 9 ure vantevore geplant het:






Die water is sowat 300mm diep in van die akkers.









My lusern, wat ek gehoop het om oor so 10 dae te kan sny (slegs die 2de snysel diť seisoen) is weggeslaan maar met die hael se baie stikstof sal hy nou mooi uitloop en sal ek 'n goeie snysel oor 'n paar weke kan kry.  Orals lÍ die blare van die veld weiding op die grond, mens ruik sommer die soetdorings se tanien soos hulle geslaan is.  

Ek ry om te gaan sien of my bokke nog OK is. Ek sien darem my groot ooitrop daar teen die kop naby die buitekrale.  Toe ek daar stop, kom hulle aangedraf.  Almal OK maar baie koud en nat, bewe sommer so van die hael en koue.  So nou en dan sak daar nog so 'n los buitjie reŽn uit.  Mens hoor sommer hoe loop die water orals in die veld.  Lanklaas daai mooi geluid gehoor.


My groot bergpad is onbegaanbaar, nie eens met die Cruiser nie.  Ek sal hom diť week met die Bushlander gaan ry en sien hoe nou gemaak.   Orals lÍ of loop water.  Dis 'n groot genade.  My leivoor loop amper oor die pad hier by die hek so sterk loop hy uit die keerwalle uit.  Beide die riviere suid en noord van my is onbegaanbaar en hulle dra watergenade stroomaf waar dit bitter nodig is.  Damme moet vol, veld kort water om te kan groei, kos vir mens en dier.




















Nouja, diť naweek het ons eers aandag aan die heel dringendste skade gegee, bietjie asem geskep, more begin die groot opruiming terwyl ons hoor hoe groei die veld.  En: daar gaan, as daai takke van die omgewaaide bome eers droog is, baie gebraai word in die maande wat voorlÍ.  :biggrin: Die veld gaan weer mooi uitloop en die grondwater kry 'n goeie aanvulling.
« Last Edit: January 17, 2016, 06:32:31 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,787
  • Thanked: 310 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #522 on: January 17, 2016, 02:49:34 pm »
Dorsland reŽn maak sy eie skade reg :deal:
Oor n week is jou veld so groen jy sal hom nie ken nie. Ek glo darem nie jou saad sal versuip nog voor dit ontkiem het nie of hoe?
Sterkte met die paaie en drade. :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Tom van Brits

Re:
« Reply #523 on: January 17, 2016, 05:06:49 pm »
Mens.......Ek is skoon verstom. Well ek hoop dat die geld spoedig grown uitgeloop sal wees en dat jy die krag sal vind om die skade Betyds te kan herstel mater. BAIE sterkte! Ons hoop die watertafel het now opgetel en dat die boorgate weer standhoudend sal wees.

Sent from my SM-J110F using Tapatalk
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,119
  • Thanked: 12 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #524 on: January 17, 2016, 08:03:25 pm »
Jis, ons is dankbaar vir julle!   :thumleft:
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 724
  • Thanked: 6 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #525 on: January 17, 2016, 09:27:11 pm »
Dank die Here vir die goeie reen, baie bly vir julle.  :thumleft:
Life is great LIVE IT!!
 

Offline heinzz

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #526 on: January 18, 2016, 07:14:06 am »
Dit is baie lekker, ek is baie bly vir julle. Daardie skade is net om jou besig te hou tot die water bietjie ge settle het en jy weer lekker kan boer. :thumleft: :thumleft:
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,077
  • Thanked: 118 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #527 on: January 18, 2016, 07:31:40 am »
Ai Johan, lyk my julle manne word erg GETOETS.

Sterkte en ons Glo dit sal beter gaan een van die dae.  :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Lem

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #528 on: January 18, 2016, 08:44:17 am »
Dorsland....ek is so dankbaar vir jou part vir die reen wat in afgelope paar dae gekom het. Dis alles genade. Jys al lankal in die game en sal weet wat om te doen om die hier en daar skade te herstel.

...nou is daai berugte pad na jou ook seker weer bietjie snotterig, of hoe?  :thumleft:

Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline ROOI

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,218
  • Thanked: 14 times
  • XR650R YZ 250 2t WR AKA Red Rider
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #529 on: January 18, 2016, 09:41:19 am »
Dit is nou mooi prentijies jammer oor die heings maar hulle kan reggemaak word ,water kan jy nie maak nie  :thumleft:
FTS
 

Offline schalk vd merwe

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #530 on: January 18, 2016, 05:00:04 pm »
Hi Johan ek is so bly vir die goeie reŽn Groete.
1/The only way to get experience is to get experience-Schalk                
2/Ride Reports>Long Tours>Africa Tour To The Equator And Back In 40 Days
3/A stranger is just a friend you have not met yet
4/Whatever you vividly imagine, ardently desire, sincerely believe in and enthusiastically act upon must come to past-Paul J Mayer
5/Use the rocks in the your way to build stepping stones-Herman Zapp
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #531 on: January 19, 2016, 09:01:24 am »
Het julle lekker in die verkeer gesit vanoggend?  :lol8:





Geniet dit, hierdie was my "commute: vroeg vanoggend gewees:












 :blob3: :blob5: :blob6: :blob7: :blob10:


En toe sommer my 2 gemsbokke gesien.  Hulle raak al lekker mak en staan nou as ek daar verbyry.  





 :biggrin:


En toe ook 'n oog oor my ooie wie se lammers ons verlede week gespeen het en nou weer innie buiteveld loop, gaan gooi.  Ek hou hulle so 'n ruk lank dop nadat hulle weer veld toe gegaan het omdat hulle nou en dan uierprobleme kry wanneer die lammers ophou suip en die uier dan soms groot raak voordat hy begin opdroog.

Maar geen probleme nie,  hulle sal nou vinnig kondisie optel soos die veld mooi uitloop.







Ek het gou 'n draai gery om my grensdraad se matte te gaan kyk, verlede week se reŽn kon dalk net 'n gaatjie vir die bokkers gelos het.  Die grondwerke man kom later vanoggend hier draai om kwotasie vir my paaie te gee so ek wou ook net eers gaan skadeberaming doen voor hy opdaag.

Ek het weer vandag nuwe waardeering vir die ou Bushlander gekry.  Waaragtig hy ry waar 'n bo'jaan met 'n kierie moet loop.  OK, nou nie werklik so nie maar amper.  Kerels, my paaie het verspoel  :o  

















Hier was ek nie seker of ek mag staan nie of dalk moet sit.  Al die eindelose debatte oor die swaartepunt se posisie maal deur my kop soos ek hier afry.  Ek hoop 2SD lees nie hier nie want ek het met die afryslag met die voor- en agterbriek gebriek.  Hoop nie ek het enige wette oortree nie  :o :imaposer:








Ai man dis darem mooi na die reŽn.  Mens kan eintlik nie glo hoe vinnig die veld begin uitloop nie.



Meeste van my matte is maar sifdraad maar ek het twee soos die een, wat uit sinkplate gemaak is wat nie so maklik met opdrifsels verstop raak nie.  Hulle is  moeilik bereikbaar en verg soms minder onderhoud as 'n sifmat.  Hy lyk reg, sal seker die bokkers inhou.







Ja, ek was ook daar gewees.  En laat een van julle nou iets oor my mooi "2-tone" boere hemp te sÍ het dan bars julle.  :imaposer: :imaposer: :imaposer:  Studies het bewys dat so 'n hemp produksie sommer maklik met tot 36.2% verbeter.


« Last Edit: January 19, 2016, 09:06:19 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline BLK

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #532 on: January 19, 2016, 09:07:09 am »
Hope you get everything sorted on the farm and life settles down.Thks for the great pics,still a beautiful part of SA and beats JHB everytime!!

All the best
Bruce
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #533 on: January 19, 2016, 09:11:14 am »
Thanks Bruce. Ja, I joke but I sympathise with you guys, honestly.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline bud500

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #534 on: January 19, 2016, 09:21:28 am »
Hel maar dis lekker om weer hier stories te kan volg.

Ek wens mens kon die nuwe veld reuke post...
« Last Edit: January 19, 2016, 09:21:50 am by bud500 »
May the bridges I burn light the way...
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,787
  • Thanked: 310 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #535 on: January 19, 2016, 09:27:38 am »
Dorsland los daai paaie net so, bou net n dam op elkeen se onderpunt. Jy sal nie weet wat om met al die water te maak nie ;) :deal:
Hoe maak jou gesaaides wat uit die lug uit natgelei is?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #536 on: January 19, 2016, 09:29:07 am »
Ja Bud ek wens ook ek kon daai veldreuk hier plaas.  Man, dis so 'n skoon, vrugbare, kruiereuk, mens wil sommer daaroor liries raak.  Ek verbaas my altyd watse positiewe invloed reŽn, water en klamgrond op mens se gemoedstoestand het, sommer enige mens, nie net 'n boer nie.  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,895
  • Thanked: 248 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #537 on: January 19, 2016, 09:30:56 am »
Dorsland los daai paaie net so, bou net n dam op elkeen se onderpunt. Jy sal nie weet wat om met al die water te maak nie ;) :deal:
Hoe maak jou gesaaides wat uit die lug uit natgelei is?

Hahahaha, ja, ek moet sommer 'n turbiene daaronder elkeen installeer dan wek ek vir die hele Oos-Kaap krag op.

Ek wag net dat ek met Mnr Stootskraper klaar is, dan gaan ek hoeka daar draai.  Ek is angstig om te sien.  Ek pos later hier nog daaroor.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,787
  • Thanked: 310 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #538 on: January 19, 2016, 09:34:08 am »
Hoop nie daai grond is te kleierig anders gaan hy toeslaan, maar ek glo die saad gaan soos hare op n hond se rug opkom :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,077
  • Thanked: 118 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #539 on: January 19, 2016, 09:44:55 am »
Ek is bly dit gaan weer beter.  Dit lyk al sommer mooi.  Sterkte en geniet dit...
 Ek het my highway vanoggend ook geniet so tussen die karre deur. :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600