Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 189167 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,862
  • Thanked: 243 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #560 on: February 10, 2016, 06:09:44 pm »
Ai man maar daai fotos is pragtig oom, wens my kantoor kan so pragtig lyk elke oggend
My rekenaar skerm lyk elke dag maar net dieselfde en die enigste bike is die een op my screen saver, dankie vir die update oom


Ai DM, ja, ek voel vir julle kantoor ouens.  Ekself sal al lankal my polste afgekou het.  Dankie dat jy dit doen dat ek nie hoef te nie  :biggrin:  Ek pos so nou en dan hier dat jy ook in die veld kan kom.  Hopelik mag jy by die werk WDs kyk.


Jis Johan ek is so dankbaar en verlig dat dit nou so goed weer gaan op daardie spog plaas van jou!

Hoe lyk jou boorgat water nou?

Jis Tom, wat praat jy.  As ek sien hoe lyk dit elders, veral in die Vrystaat en Wes Transvaal dan kan ek nie glo dit lyk so mooi hier nie.  Ek het g'n niks om oor te kla nie.  Die een boorgat het sy water terug gekry maar ander een bo in die berg is nog droog.  'n Deel  van my 800 se geld gaan om daai gat dieper te boor.  Maar eers paaie regmaak dat die boortrok daar kan uitkom.  'n Boerdery mors met 'n ou se bankrekening jong  :o
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,862
  • Thanked: 243 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #561 on: February 10, 2016, 06:11:52 pm »
Meer stokke as blare. Beter as niks Dorsland. Volgende knipsel sal beter wees. Die klomp reŽn het hom laat wild groei ipv stoel.

Jy's heeltemal reg Chris, net 40 bale daar afgehaal maar elke een is 'n genadebaal.  Ek het waaragtig nie gedink ek sal na daai eerste 17 bale weer kan baal nie.  Week na volgende dan sny ek die ander land, sal seker ook so 50 - 60 bale daar afhaal as ek gelukkig is.   
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,654
  • Thanked: 296 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #562 on: February 10, 2016, 06:16:57 pm »
Rond of vierkant?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,862
  • Thanked: 243 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #563 on: February 10, 2016, 06:18:20 pm »
Rondes
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,654
  • Thanked: 296 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #564 on: February 10, 2016, 06:22:57 pm »
Rondes
Daai bonzai ene van jou? So dus so vyf vierkantiges op een rond.
So dus 80 klein baaltjies van die knipsel.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,862
  • Thanked: 243 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #565 on: February 10, 2016, 06:54:55 pm »
Terwyl ek so sit en skryf oor die balery, 'n ander storie oor die Bushlander:

So 'n ruk terug toe ek my rondtes doen, tref ek 'n klip wat opslaan en die "chain guard" mors afbreek.  Ek bestel toe 'n nuwe een van Honda George maar, O wee, wat 'n gesukkel.  Die meisietjie wat daar werk giggel meer as wat sy werk en eers bestel sy die verkeerde item, toe neem dit nog 4 weke om die onderdeel tot op Graaff-Reinet te kry.  Ek het gevra dat hulle dit by BKB aflewer, adres, kontakbesonderhede, alles telefonies en per epos gegee.  Toe wag en wag en wag ek.  Bel toe Honda.  Nee, hulle het dit Postnet toe gestuur.  Hoekom weet nugter alleen.  100 oproepe later kry ek dit reg om die pakkie opgespoor te kry.  Aan BKB geadreseer maar BKB weet van niks nie.  My pakkie sou tot in lengte van dae daar gelÍ het.

Werklik swak diens van hulle af.

Dis die onderdeel wat mors afgebreek was nadat ek hom vervang het:

« Last Edit: February 10, 2016, 06:57:01 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,862
  • Thanked: 243 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #566 on: February 10, 2016, 07:50:09 pm »
Diť hoort seker op die koŲperasie stoep fred, maar ek gooi dit sommer hier. Iemand stuur nou diť woorde van Adam Tas se liedjie ďJy is boerĒ:
Mag dit reŽn waar jou beeste wei,
Mag dit goed gaan met jou.
Mag jou skape begin jakkals jag,
Mag jou koring siloís bou.
Mag jou spilpuntpomp met water werk,
Mag jou Cruiser lig op brandstof wees.
Mag jou heinings altyd regop staan,
Mag jou vee vanself genees.
Want jy is boer,
Hierdie is my wens vir jou:
Jy sal staan as alles om jou vou,
Jy sal plant al is die reŽn te laat,
Jy sal glo in die Hand van Bo,
Wat alles weer nat sal maak.
Mag jou vrugtebome kromrug dra,
Mag fonteine om jou lande lÍ.
Mag ons wat honger en dors is,
Net so bietjie vir jou dankie sÍ . . .
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online schalk vd merwe

Re:
« Reply #567 on: February 11, 2016, 05:56:15 am »
Diť hoort seker op die koŲperasie stoep fred, maar ek gooi dit sommer hier. Iemand stuur nou diť woorde van Adam Tas se liedjie ďJy is boerĒ:
Mag dit reŽn waar jou beeste wei,
Mag dit goed gaan met jou.
Mag jou skape begin jakkals jag,
Mag jou koring siloís bou.
Mag jou spilpuntpomp met water werk,
Mag jou Cruiser lig op brandstof wees.
Mag jou heinings altyd regop staan,
Mag jou vee vanself genees.
Want jy is boer,
Hierdie is my wens vir jou:
Jy sal staan as alles om jou vou,
Jy sal plant al is die reŽn te laat,
Jy sal glo in die Hand van Bo,
Wat alles weer nat sal maak.
Mag jou vrugtebome kromrug dra,
Mag fonteine om jou lande lÍ.
Mag ons wat honger en dors is,
Net so bietjie vir jou dankie sÍ . . .
Hi Dorsland ja dit is mooi woorde die. Ek sien hy sing ook verniet op sekere plekke om geld in te samel vir boere wat sukkel met die droogte. Ek het Adam Tas nou 2 jaar in 'n ry ontmoet by Junita (Twe-Twe) hulle se plek in die Suid Kaap oor Desember. Kevin Leo was ook al twee kere daar.
Was juis laas week naby Bothaville om te gaan kyk vir 'n MF trekker. Dit lyk soos die Sudan Woestyn daar. My hart bloei vir die boere daar. Daar sou 'n veiling wees agv. 'n staak boerdery maar dit is toe gekanseleer omdat die bank voor die tyd toegeslaan het. Groete daar in die mooi Karoo en groete vir vrou lief.
1/The only way to get experience is to get experience-Schalk                
2/Ride Reports>Long Tours>Africa Tour To The Equator And Back In 40 Days
3/A stranger is just a friend you have not met yet
4/Whatever you vividly imagine, ardently desire, sincerely believe in and enthusiastically act upon must come to past-Paul J Mayer
5/Use the rocks in the your way to build stepping stones-Herman Zapp
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,862
  • Thanked: 243 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #568 on: February 11, 2016, 06:02:20 am »
Dankie Schalk, lekker om weer van jou te hoor.  Ja daar is groot dele van ons land waar die manne nou harde bene kou.

So lyk my vriend Albert van Zyl op Hoopstad se veld (nie lande nie, veldweiding!)



Dan kan ek nie anders nie as om elke dag dankie te sÍ vir onverdiende Genade.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Casting from Turd

  • I am the reason my children will never have kids
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,930
  • Thanked: 142 times
    • addobackpackers.com
Re:
« Reply #569 on: February 11, 2016, 06:04:44 am »
Diť hoort seker op die koŲperasie stoep fred, maar ek gooi dit sommer hier. Iemand stuur nou diť woorde van Adam Tas se liedjie ďJy is boerĒ:
Mag dit reŽn waar jou beeste wei,
Mag dit goed gaan met jou.
Mag jou skape begin jakkals jag,
Mag jou koring siloís bou.
Mag jou spilpuntpomp met water werk,
Mag jou Cruiser lig op brandstof wees.
Mag jou heinings altyd regop staan,
Mag jou vee vanself genees.
Want jy is boer,
Hierdie is my wens vir jou:
Jy sal staan as alles om jou vou,
Jy sal plant al is die reŽn te laat,
Jy sal glo in die Hand van Bo,
Wat alles weer nat sal maak.
Mag jou vrugtebome kromrug dra,
Mag fonteine om jou lande lÍ.
Mag ons wat honger en dors is,
Net so bietjie vir jou dankie sÍ . . .

Jy het vergeet om te se

Mag jou knapsak vol biltong bly
I dont want to ride fast, But I want to ride FAR
Past Bikes...Honda XR250 Tornado
Honda XR650L
Honda XL1000V Varadero
http://www.addobackpackers.com
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,862
  • Thanked: 243 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #570 on: February 11, 2016, 06:05:33 am »
Hehehe, dis 'n gegewe.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #571 on: February 11, 2016, 05:26:08 pm »
Dankie Schalk, lekker om weer van jou te hoor.  Ja daar is groot dele van ons land waar die manne nou harde bene kou.

So lyk my vriend Albert van Zyl op Hoopstad se veld (nie lande nie, veldweiding!)



Dan kan ek nie anders nie as om elke dag dankie te sÍ vir onverdiende Genade.

Mens dit lyk amper soos die Namib woestyn!
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,862
  • Thanked: 243 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #572 on: February 25, 2016, 12:34:55 pm »
Opruiming en herstel na die stormskade duur voort.

Tot dusver het ons al heinings en matte herstel, bome wat omgewaai het, opgesaag en weer staan gemaak, hout weggery, een windpompkop herstel (die rukwind het sommer 'n groot stuk uit die kop waar die stert inhak, uitgebreek  :o)) en waterpype heelgemaak waar die bome hulle stukkend geval het.

Een ketting, een duk sisal tou en een "Hi-Lift" domkrag gebreek om diť boomstomp gelig te kry.  Gaan koop toe 'n 15 ton bottel domkrag en tel hom stukkie vir stukkie oor 2 dae op.  Mens kan eintlik nie glo dat wind so sterk kan wees nie.









Na 'n paar manne kom kwotasies gee het om my paaie en damme te herstel, daag die mense wat ek aangestel het Saterdag op.  Ek is verbaas hoe besig grondverskuiwingsbesighede is, veral hier op die platteland.  Die eerste en beste ou wat my 6 weke gelede kom sien het, kom net nie klaar met sy kontrak op Cradock nie.  Die boer hou aan nuwe werk bylas.  Toe stel ek maar manne van Murraysburg aan.  

Eers die pad effe wyer maak dat die laebak trok sy draai kan kry.






.... toe 'n kort oefenlopie om 'n gronddammetjie hier agter die opstal weer heel te maak. Tjoef-tjaf toe staan die wal weer mooi.  Nou kan die reŽn maar kom, ek bang niks nie.


Voor die Komatsu begin het:





...... en terwyl hy besig was:






En toe pak ons die eerste bergpad aan.  Die geheim is goeie dwarswalle naby aan mekaar met afloopgeute wat die water maklik en vinnig die veld in lei.




Die eerste wal van vele:






Toe kom hulle sommer vinnig.





Dinsdagoggend vroeg is my plaasvoorman vroeg op sy pos  ;D  Die manne werk 12 uur skofte van 06h00 tot 18h00 en kry nogal baie gedaan.







Dis altyd lekker koel, vars en stil so vroegoggend in die veld.  Betyds om die son te sien opkom en die maan te sien sak.





So lyk die stuk pad voor ons begin het:








Vandag lyk hy so:







Waar die water kwaai deur die veld geloop het, stoot ek nou orals sulke klein velddammetjies.  Met diť dat hulle meestal lekker klam bly al is hulle leeg en dat die grassade daar in vaswaai, is dit goeie sagte weiding vir die vee selfs in droŽ tye.







Voor ek diť manne aangestel het, het ek bietjie rondgekyk of 'n tweedehandse kruiptrekker my nie dalk goedkoper sou uitwerk nie.  Hulle kos nogal 'n paar rand.  Gister, toe is ek weereens genees daarvan om ysters op my plaas te hÍ.  Laat gistermiddag toe breek 3 van die kettings se rollers.  

MekÍniek moet eers van Murraysburg kom om te kom regmaak.








Ek weetie of ekself onder 25 ton se koue staal sal inklim terwyl hy op 'n botteldomkrag staan nie.








Kerels, so 'n groot masjien sukkel nie met staal nie, hy verrinnewoes dit sommer in 'n ommesientjie.   :eek7:   Hier is een van die ou rollers.  Kyk hoe is daai staal weggeŽet:







En diť nuwe een kos so R4000 stuk.  3 van hulle moet vervang word.








Tot dusver vorder die werk goed en my paaie kan weer gery word.  Die groot uitdaging is my groot bergpad wat erg verspoel is.  Ek sien sommer die masjien gaan met my geld mors as hy daar kom.










Ek hou julle op hoogte van sake.

« Last Edit: February 25, 2016, 12:40:14 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline bud500

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #573 on: February 25, 2016, 12:44:46 pm »
Daai nuwe grondpad laat my regte hand jeuk...  :ricky:

Dinge lyk goed daar.
May the bridges I burn light the way...
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,005
  • Thanked: 112 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #574 on: February 25, 2016, 12:47:18 pm »
Man maar jy maak daai plek mooi. :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,862
  • Thanked: 243 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #575 on: February 25, 2016, 12:47:31 pm »
Daai nuwe grondpad laat my regte hand jeuk...  :ricky:

Dinge lyk goed daar.



Hehehe, ja lekker whoepdidoes




Man maar jy maak daai plek mooi. :thumleft:

Dankie Woody, hierdie was maar noodgedwonge regmaak want op baie plekke kan ek nie met die bakkie uitkom nie. 
« Last Edit: February 25, 2016, 12:50:09 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,654
  • Thanked: 296 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #576 on: February 25, 2016, 01:05:55 pm »
En so word daai 800 se geld uitgegee :(
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,005
  • Thanked: 112 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #577 on: February 25, 2016, 01:08:00 pm »
Nee Chris... BELE... teruggeploeg is 'n beter word  :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,654
  • Thanked: 296 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #578 on: February 25, 2016, 01:09:44 pm »
Nee Chris... BELE... teruggeploeg is 'n beter word  :thumleft:
is seker beter bewoording ;)
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,005
  • Thanked: 112 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #579 on: February 25, 2016, 01:16:39 pm »
Kyk ons "ANDER" boere... daai wat net KRY van die Govermunt sal dit blaas.
Maar 'n regter boer sal sy geld goed gebruik.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600