Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 196454 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline ROOI

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,224
  • Thanked: 15 times
  • XR650R YZ 250 2t WR AKA Red Rider
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #620 on: March 03, 2016, 12:45:33 pm »
Alles goed en wel ,maar dit is nou al Donderdag ,en nog geen prentijes van die damme ,of Bushlander nie  :deal:
« Last Edit: March 03, 2016, 02:03:33 pm by ROOI »
FTS
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,244
  • Thanked: 126 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #621 on: March 03, 2016, 01:00:06 pm »
Die man hou piekniek langs sy nuwe HIGHWAY  :ricky: :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,011
  • Thanked: 267 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #622 on: March 03, 2016, 02:18:05 pm »
Alles goed en wel ,maar dit is nou al Donderdag ,en nog geen prentijes van die damme ,of Bushlander nie  :deal:

Die man hou piekniek langs sy nuwe HIGHWAY  :ricky: :ricky:

Jis maar julle ouens is ongeduldig.  :biggrin:

Ek kom nou van daar agter af, daai *&^&%$$^ masjien staan nou al van Maandag af.  Sy "starter" motor het gegroet en toe kom hulle vanoggend hier aan maar die ding hou aan sy een fuse blaas.  Nou't hulle weer die "starter" uitgehaal en is weer terug dorp toe met hom vir Plan B.  En intussen moet ek nog klaar baal vanaand.

En net ter inligting, 'n week strek van Maandag tot Sondag so ek het nog 3 dae oor om Bushlander kiekies te pos  :lol8:  Maar ek waarsku julle, die son het may al so ISM gebrand julle gaan my moeilik met daai rooi Bushlandertjie uitken.  :imaposer:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ROOI

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,224
  • Thanked: 15 times
  • XR650R YZ 250 2t WR AKA Red Rider
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #623 on: March 03, 2016, 03:09:45 pm »
 :lol8: Reg ons wag in spanning  :peepwall:
FTS
 

Offline weskusklong

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,271
  • Thanked: 9 times
  • Happiness comes from inside.
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #624 on: March 03, 2016, 07:06:54 pm »
Bly nog so ń bietjie langer in die son,dan sal die donker rooi ene jy wees. :imaposer:
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,335
  • Thanked: 5 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #625 on: March 07, 2016, 09:33:25 pm »
Johan,  :peepwall: jul wereld lyk bitter mooi na die onlangse goeie reen.

 :peepwall: tyd is min so ek kon nie daar 'n draai maak nie. Sit diep in Transkei op die oomblik.

Damme by teerpad is almal vol water so ek neem aan daar by jou en Christa lyk dit net so mooi  :thumleft:
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,011
  • Thanked: 267 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #626 on: March 08, 2016, 07:45:21 pm »
Dankie 4Kays, gaan goed. Ja ons is geseŽnd en my veld lyk goed.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,011
  • Thanked: 267 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #627 on: March 09, 2016, 04:15:59 pm »
Vandag het my pad- en dambouprojek ten einde geloop. In net minder as 3 weke het ek 236 km berg op en berg af met die Cruiser gery en my rug is nou amper op.  :o  Dis lekker om orals op die plaas te kan uitkom sonder om 40 dae en 40 nagte oor die vlaktes te moet sukkel.  Ek sou graag bietjie loopwater reŽn wou gekry het terwyl die masjien hier was dat ek kan sien of my Landbouingenieurswese en Padbou 101 korrek gedoen is, maar wat, hy sal kom en dan kan ek sien of my waterafloopplanne werk.

Nog groter lekker as die padbou is die feit dat ek 7 damme van verskillende grotes gestoot het en wanneer dit kom damwater reŽn dan gaan ek baie breed glimlag.  Daar word gesÍ dat mens net 2 tipes Karoodamme kry: droog of stukkend.  Nouja, ek hoop om die teendeel te bewys.  My plaas se waters is nie van die beste in die omgewing nie so ek moet boereplanne maak.  Dit het ek nou tot die beste van my vermoŽ en geld gedoen.  Ek glo ek sal die vrugte daarvan pluk.

Maar genoeg warrawarra vir eers.  Hier is kiekies.

Ek het belowe ek sal 'n fodie of 2 van die Bushlander plaas maar met diť dat ek altyd iets of iemand op en af moet karwei was ek meestal in die bakkie gewees.  Maar ek moet darem nog tussenin ook fietsry so hier is een:






En nog een met sommer baie perdekrag op die foto.





Ek het damme in 'n paar lope gestoot, as hulle eers water gekry het dan sal die vee nie so ver suipings toe moet stap nie.  Hier is een van die damme in die beginstadium.







En soos hy vorder.  Die bokkers is mos baie nusskierig en diť klompie moes eers kom kyk wat gebeur.






En vroegoggend op 'n ander dam toe ons net begin het.





Kyk hoe mooi lyk hy al.  Hy soek nou net water.







Diť dam is 'n ou een wie se wal met die groot reŽn van 2011 gebreek het en toe het 'n al groter wordende donga middeldeur die dam bly groei.  Ek het hom reggemaak en 'n lekker stewige wal gestoot wat hopelik sal hou tot daai 1-in-100 jaar vloed.  Ek het sy uitloop vergroot en tot op die klipbanke gestoot dat daai groot vloedwater maklik en vinnig kan uitloop en nie bo-oor die damwal loop nie.  Dis die dood van 'n damwal.  Ek was bitter jammer om groot doringbome te moes uitstoot maar ek troos my dat as die dam eers water in het, sal die soetdorings weer vinning en groot groei.

Eers dit ou gat hestel:





Kerels, hier gaan baie water kom lÍ as dit nou lekker reŽn.






En toe vanoggend vir oulaas die laaste 50m padbou afgeneem.  






En nou is dit klaar vir eers.  My 800 wat ek verkoop het, se geld is nie uitgesuip, op los vroumense of blink motors uitgegee nie.  Ek het dit mooi in die boerdery dobbelspel se casino uitgegee.  Julle ken mos die gesegde dat as mens R1 miljoen rand uit die boerdery wil maak dan moet jy met R3 miljoen beginne. :imaposer:
« Last Edit: March 09, 2016, 04:18:49 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,244
  • Thanked: 126 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #628 on: March 09, 2016, 04:20:02 pm »
Lekker Johan.  Daai laaste foto lyk soos daai kamp daar bo.  As jy berg opgegaan het en LINK afgedraai het.
Dit is as my geheue hom reg kan onthou.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,265
  • Thanked: 19 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #629 on: March 09, 2016, 04:21:53 pm »
Niks reen die afgelope twee dae nie? Ons het net so oor die 2 duim gekry.
Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,011
  • Thanked: 267 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #630 on: March 09, 2016, 04:25:07 pm »
Niks reen die afgelope twee dae nie? Ons het net so oor die 2 duim gekry.

Tť lekker Andre, baie bly vir julle.  Ja ons het eergister 14mm gehad waaroor ek baie bly is maar die grond is so droog dit sak vinning in en dan bly die bo-grond droog.  Voorspelling is vir nog reŽn diť naweek so ek hou duimvas.  Dalk is my volgende pos hier van my damme wat vol geloop het  :thumleft: ;D
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,011
  • Thanked: 267 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #631 on: March 09, 2016, 04:26:33 pm »
Lekker Johan.  Daai laaste foto lyk soos daai kamp daar bo.  As jy berg opgegaan het en LINK afgedraai het.
Dit is as my geheue hom reg kan onthou.

Vir 'n blerrie Brakpanner is jou geheue nie tť vrot nie.  Dis presies daai kamp ja.  Jy kan seker onthou hoe vrek sleg was daai pad gewees.  Wel nou kap ek hom amper 3de rat.

























..... ek oordryf net so 'n klein bietjie  :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,244
  • Thanked: 126 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #632 on: March 09, 2016, 07:00:27 pm »
Sien. Ek rook nie. Ek drink nie. En ek neem my kinders aan. Dus is my brein nog skerp. :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,335
  • Thanked: 5 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #633 on: March 09, 2016, 09:43:54 pm »
Johan, dit lyk moer grend wat jy gedoen het  :thumleft:
 

Offline schalk vd merwe

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #634 on: March 09, 2016, 10:07:37 pm »
Hi Johan dit lyk alles sommer bakgat. Kan somer al sien hoe loop al daai water oor die lusern land. Kom een van die dae kyk ne'
1/The only way to get experience is to get experience-Schalk                
2/Ride Reports>Long Tours>Africa Tour To The Equator And Back In 40 Days
3/A stranger is just a friend you have not met yet
4/Whatever you vividly imagine, ardently desire, sincerely believe in and enthusiastically act upon must come to past-Paul J Mayer
5/Use the rocks in the your way to build stepping stones-Herman Zapp
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,774
  • Thanked: 343 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #635 on: March 10, 2016, 05:57:25 am »
Lekker man, daai veld gaan ook sommer anders lyk om daardie damme wanneer die water gekom het!
Lekker om jou liefde vir die plaas te sien!
Jy beter pasop of ek kom voorman vir jou!
 :peepwall: Ek is seker ek het 'n lekker koelteboom gesien daar!
Dakar 650
KLR650
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,011
  • Thanked: 267 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #636 on: March 10, 2016, 09:38:34 am »
Jy is welkom om jou CV te stuur Oubones, laat weet maar hoeveel s'laris en watter voordele soek jy.  Jou kwalifikasies en ondervinding is nie so belangrik nie  ;)

My veeman het reeds daai koelteboom wat jy gesien het, bespreek maar daar is ander ook waaruit jy kan kies. Dis nogal lekker werk met 'n gratis maatskappy motor trapfiets en 2 liter waterbottel, jy moet ongelukkig net jou eie skoene bring.  :lol8:   O ja, en 'n horlosie dat jy nie dalk tť vroeg begin, laat werk of middagete oorsien nie.  :imaposer:
« Last Edit: March 10, 2016, 09:40:16 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,011
  • Thanked: 267 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #637 on: March 10, 2016, 09:42:21 am »
Hi Johan dit lyk alles sommer bakgat. Kan somer al sien hoe loop al daai water oor die lusern land. Kom een van die dae kyk ne'


Ja, jy skuld my nog 'n kuier.  O droster  ;D



Johan, dit lyk moer grend wat jy gedoen het  :thumleft:


En jy ook.  Daai laaste koffie wat jy sou gedrink het is nou al weggekook, ons sal nuwes moet maak.  :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,011
  • Thanked: 267 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #638 on: March 10, 2016, 09:44:11 am »
Rooi, Rooi, kom in, kommin Rooies.  Fodies van damme en Bushlander is gister al gepos.  Dankie vir jou geduld.  Oor....


:lol8: Reg ons wag in spanning  :peepwall:
« Last Edit: March 10, 2016, 09:44:57 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 728
  • Thanked: 6 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #639 on: March 10, 2016, 10:35:06 am »
Dorsland een van die dae kan jy jou naam verander met al die water wat jy nou gaan he as daardie damme eers vol is, die dors gaan nie meer werk nie.
Mens kan nooit genoeg damme en water opgaar plekke he nie, ek hoop die damme is sommer gou vol :thumleft:
Life is great LIVE IT!!