Dis nou hoe om lusern in US dollar om te sit

Julle (behalwe Bliknêrs

) het seker al vergeet hoe lyk 'n Bushlander, so hier is 'n kiekie sodat julle nie van hom vergeet nie.
Ek was vanoggend weer, soos elke oggend en elke middag, by die kwarentynkampe waar ek 2 troppe bokke het wat 5 Mei oor die see gaan. Alles is nog reg met die bokkers, inentings, dip en ontwurmings alles gedoen, geen probleme nie. More kom die veeaarts bloedtrek vir al hulle toetse en behoort ek die uitslae binne so 10 dae terug te kry.
Daai bakkie gaan sy sleep moet ken, dis 'n stewige vrag wat moet gaan. Dis 'n lang pad wat vir die klompie Boerbokke voorlê so hulle vakansie hier in die kwarentynkampe is voorbedreiding. Ek is nou met my planne besig vir die bybring van die 2de dek op my vee sleepwa. Ek wil nie heeltyd 'n dubbeldek wa sleep nie, daarom die boonste dek wat gaan kan losbout en afgehaal kan word. Ek sal binnekort hier 'n paar fodies van my wa hier pos.