Is dit 'n 4m wa Ras? Bliksem maar daai Navara kan sleep! Hoeveel Kw?
Dorsland ja dit is 'n spesiaal geboude 4m wa. Sy wiele pas op die navara (16 duim) en vice versa.
Die Navara is die 2.5 turbo diesel 4x4.
128kw
403 nm torque
Een van die min "ouer" bakkies wat gerigestreer is om wel 3 ton te mag sleep.
Het jy al gesien wat skop Nissan se 3.0 tirbo diesel uit ?
170 kw
550 nm torque
Daai moet n droom sleep voertuig wees maar ongelukkig kom hy slegs in double cab outo
Ek praat dalk nou uit konteks, maar ek het nou al snaakse goed gesleep met my 112 vito met minder as 100 kw, nie seker hoeveel wringkrag nie!
Is dit nie maar meer ratkas wat sleepkrag gee nie?
Ek het my 4t dyna met ' n series kortgat landy bergop gesleep?
My ou musso diesel sonder turbo het ook lekker gesleep!
My kop se dit is die ratkas wat die sleep maklik of moeilik maak?
Dit het defnitief te doen met ratkas ja, meer die rat-krag-revolusie-verhouding. (Eks seker die slim manne het n mooier woord vir dit)
Dit help nie jy het 400nm beskikbaar maar dis arguments onthalwe eers beskikbaar in 1ste rat @ 3000 rpm nie.
Ek is beslis nie n kenner op die gebied maar wanneer jy na sleep kra kyk moet jy kyk na wringkrag en nie kw's
Let maar op na die 4-tonner trokkies (isuzu, hino, fusso) almal van hulle is rondom die 100-110kw's maar met n wringkrag van by die 300en meer maar daai 300 is beskikbaar @ 1600 rpm