Reën nog 'n lekker deurdringende reëntjie. Net wat nodig is as die grond so hard gebak is. Dis nog nie damreën nie, maar ek glo dit sal nog kom. Alles op sy tyd.
Bliknêrs, bly jy het nat gereën. Ek hoop jy het sommer ordentlik nat gereën.
JMOL, wat hoor jy van Cradock se geweste? Het hulle ook iets gekry?
4Kays, baie welkom. Bel my as jy vassit. Ek hoop van harte jou bakkie lê tot op sy pens in die modder.