Julle ouens bring goeie nuus vanoor 'n wye gebied. Lekker man, lekker! Ek is so bly vir almal wat reën kry.
Ek het eers gou 'n paar draaie gaan gooi om die mooi te bekyk. Hier het 18mm van die lekkerste sagte reën regdeur die nag geval! Amper nie eens staanwater so lekker het dit ingetrek.
Dis 'n nuwe wêreld vanoggend hier buite. Alles is weer lus vir die lewe. Voëls sing vrolik, die boklammers hol rond en jaag mekaar in die krale, bokramme wil net met mekaar rofstoei. Niks kan vergelyk met die vreugde van vanoggend nie kêrels.