Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 214042 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,190
  • Thanked: 33 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1020 on: January 03, 2017, 01:14:25 pm »
Johan ek is so bly vir julle, n andwoord op julle en ander se gebed in benoudheid!

Dalk n dom vraag en op n ander noot: Hoekom is die skilpad se dop so wit? Ek het dit nog nie gesien nie en tog baie skilpaaie gesien en oues. N plek wat ek sou dink onatuurlik baie skilpad het (miskien oordat daar nie n bedreiging vir hul is) is Jijigga in Suid Oos Ethiopia. Ons het daaglik op hulle afgekom in die seismic velde op die lyne.

Terug na die reen. Jy het ons op n stadium vertel dat sekere velde soms afgebrand moet word (dink n suurgras probleem?) So sal die 'nuwe veld' wat nou uitkruip 'normaal gesond' wees?

Sent from my SM-J500F using Tapatalk

Tom, die bruin"skubbe" dop af as hulle dood gaan en dan bly die wit geraamte oor.  Ek het die ander dag 'n paar sulke skubbe opgetel.  Dit lyk asof dit individueel afval.  Die kenners moet ons maar meer daarvan vertel. 
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,067
  • Thanked: 113 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1021 on: January 03, 2017, 01:45:56 pm »


Wanneer laas het jy kuiergaste gekry met so vuil kar Dorsland?

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk

2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C
My eertse foutjie KTM RC8
2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike

As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1022 on: January 03, 2017, 03:01:12 pm »
Man Vaalbaas, as ek daai modder so kyk dan is dit presies die tipe vuil gaste wat ons geniet.

Eerstens, en baie belangrik, is dat dit wys daar is modder. En modder beteken reŽn. En reŽn is vir ons BAIE lekker.

Tweedens, dit wys ook dat julle nie blink stefaanse is nie, plat oppie grond, goeie mense. Ons het julle nog nie ontmoet nie maar ek sien julle sommer so.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1023 on: January 03, 2017, 03:03:26 pm »
Woody1 het my gewaarsku van die Vleismeester maar ek ken hom en sy stories. As hy vir Eskom kan werk dan moet hy ook kan nonsens praat


Ketel staan reg as julle kom.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1024 on: January 03, 2017, 03:24:20 pm »
Dorsland baie bly vir jou.
Hier by my by De Brug net so oor die 100mm vir laasweek en reen nou leker sag


Ek sien hy reŽn wyd, baie bly vir julle LDV.  Heng as daai water so staan dan raak mens mos lus vir boer of wat praat ek.  Ons het rerig groot seeninge ontvang met diť reŽn ouens.  Ek hoor so wyd soos Burgersdorp, Edenburg, Steytlerville, Willowmore, Aberdeen, Murraysburg, Gariep, Bethulie, Aliwal-Noord, Cradock, Middelburg, Colesberg het gekry.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1025 on: January 03, 2017, 03:27:48 pm »
Thank you Lord. Been praying for you Dors long may it last.

Thanks RrP, 4Kays dropped in for coffee this morning.  He said that we can repair the damage from floods but we cannot repair the damage of drought without rain.  In Afrikaans:  ReŽn betaal sy eie skade.  It is a miracle we can go on our knees and give thanks for.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1026 on: January 03, 2017, 03:35:08 pm »
Johan ek is so bly vir julle, n andwoord op julle en ander se gebed in benoudheid!

Dalk n dom vraag en op n ander noot: Hoekom is die skilpad se dop so wit? Ek het dit nog nie gesien nie en tog baie skilpaaie gesien en oues. N plek wat ek sou dink onatuurlik baie skilpad het (miskien oordat daar nie n bedreiging vir hul is) is Jijigga in Suid Oos Ethiopia. Ons het daaglik op hulle afgekom in die seismic velde op die lyne.

Terug na die reen. Jy het ons op n stadium vertel dat sekere velde soms afgebrand moet word (dink n suurgras probleem?) So sal die 'nuwe veld' wat nou uitkruip 'normaal gesond' wees?


Ja Tom, soos Mev Vis geskryf het, as hulle vrek dan raak die "onderlaag", die eintlike skelet waarop die skubbe is, so wit.  Ek gaan hom vir jou bietjie van naby afneem dan sien jy mooi.

Hier in die berg is daar suurveld (taaipol gras) wat onsmaaklik vir die vee is en dan groei dit ruig en niks vreet dit nie.  Hulle sal dit slegs wei wanneer dit kort en sappig is.  Daarom brand baie boere die veld sodat dit nuut kan uitloop.  Baie bykomende skade word so aan die veld aangerig.  'n Beter bestuursbenadering is om dit straf te bewei alvorens dit tť lank uitgroei.  Sodoende hou mens dit kort sonder die skade wat brand aanrig.  Dis nie altyd moontlik nie en vuur het ook sy plek in veldbestuur.

Ek kan nie vertel hoe lekker is vandag met die mistige, nat, bewolkte weer nie.  Dis 'n lafenis.  My 2IB het gister swaargekry met die hitte, stof en warm wind wat so kwaai gewaai het.  Daai reŽn het net betyds vir haar gekom.  Mens kry sommer so 'n droogte in jou binneste ook. 
« Last Edit: January 03, 2017, 03:42:04 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1027 on: January 03, 2017, 04:01:30 pm »
Baie dankie mev Vis arend en Johan

Ek is baie geintreseerd as dit by diere kom, en sommer onmidelik besorgd as iets nou dan 'anders' lyk!
Dink die skilpad is nou net so bly vir die lafenis want hulle wei ook mos maar in die veld op die sapige plant en gras soorte.

Nou moet almal bid vir opvolg reen sodat julle ondergrondse water ook kan herstel. Ek hoop die droe gate sal spoedig weer water kan lewer.
Die laaste droogte prentjies wat jy gepos het hier, het my ook baie aan Kenya herinder in die 'lodwar en Turkana' area waar dit ook ongenadiglik warm en droog is, en die wind daagliks waai. Daar het ek n jongeling een oggend gesien en baie respek vir hom gekry. Hy het in n boom geklim wat in n 'lagar' staan en die takke geskud sodat die peule op die grond kan val en die bokke dit kan eet! Ek het verstom gestaan, ook oor die bokke se amperes verwagting soos hul geduldig wag vir die reenende peule. n Lagar is in Kenya die algemene term vir n droe rivier loop. Die meeste riviere in die Noorde loop slegs wanneer dit reen, soos die geval met sekere riviere in die Namib. Man ek het eendag met so n Landcruiser soos joune byna in die moeilikheid gekom toe ek n kans gevat het om so n bree vining vleoende dog 'vlak' rivier prober oorsteek. Ek is deur maar het gesweer nooit weer nie.

Nouja, mag die sluise van die hemel oopmaak oor julle sodat die veld weer groen kan staan!  :thumleft:
 

Offline LDV

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Free State
  • Posts: 614
  • Thanked: 3 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1028 on: January 03, 2017, 04:02:48 pm »
Ja nee kyk so met n paar druppels is mens so kop sommer vol nuwe idees en planne.
 

Online Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,002
  • Thanked: 432 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1029 on: January 03, 2017, 08:01:58 pm »
Ag man, ek kry lekker so tot in my binneste as ek lees hoe wyd dit gereŽn het en hoe almal sommer weer lus het vir die lewe!
Ja, 'n opvolg is belangrik!
Dors, jy en Vaalbas moet lekker kuier!
Dakar 650
SR 500
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1030 on: January 04, 2017, 11:24:37 am »
Dankie Oubones, baie lekker gekuier met die Vleismeester en sy gesin. Lyk my Gouda se brak water maak mooi met sy mense.

En 'n slagter wat groente eet! Kan jy dit oorvertel. 
« Last Edit: January 04, 2017, 11:25:23 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,033
  • Thanked: 439 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1031 on: January 04, 2017, 11:27:26 am »
En 'n slagter wat groente eet! Kan jy dit oorvertel.

EN n blokman wie nog al sy vingers het :deal: :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1032 on: January 04, 2017, 11:39:47 am »
Hahaha, ja dis ook waar.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1033 on: January 04, 2017, 11:43:24 am »
Tom, hier is 'n naby foto van die skilpad se skubbe wat afdop.


 


En toe kruip daar sommer so 'n skerpioen uit die dop uit. Skillie se dop is in die sitkamer uitgestal. 2IB is nie woes beÔndruk nie.


Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,033
  • Thanked: 439 times
    • dustriders.co.za
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1034 on: January 04, 2017, 11:47:13 am »
 2IB is nie woes beÔndruk nie.

My 2IB sal hom sommer dood gegil het :deal: :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1035 on: January 04, 2017, 12:01:46 pm »
Ergste is, hy skarrel toe onder 'n kas in voor ek hom kon vang en buite sit. Ek gaan vir 'n ruk lank my skaapvel pantoffels dra as ek in die aand in die huis rondloop.

'n Skerpioen het my klomp jaar gelede op my voorarm gesteek. Dis nie jou maat nie.
« Last Edit: January 04, 2017, 12:02:39 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ROOI

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,263
  • Thanked: 17 times
  • XR650R YZ 250 2t WR AKA Red Rider
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1036 on: January 04, 2017, 12:47:25 pm »
Baie bly oor die reen .Die eerste terug van die kaap af gery en reen gekry anderkant Colesberg, toe dink ek aan julle ouens daar bu graaf rynet waar dit so droog en hel warm is  :thumleft:
FTS
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,776
  • Thanked: 179 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1037 on: January 04, 2017, 03:49:38 pm »
Adams gewaad en skaapvel pantoffels......sal daai foto graag wil sien......maar ook net van agter af asseblief.

Sent from my GT-I9190 using Tapatalk


I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Online Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,002
  • Thanked: 432 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1038 on: January 04, 2017, 04:08:17 pm »
En 'n slagter wat groente eet! Kan jy dit oorvertel.

EN n blokman wie nog al sy vingers het :deal: :thumleft:
Nee, daars definitief fout!
Dalk eet hy baie wortels en dit maak sy sig goed en daarom het hy nognie sy vingers gevang nie.
Miskien moet ons sy benaming verander na bossiemeester toe. :peepwall: :ricky:
Dakar 650
SR 500
 

Online Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1039 on: January 04, 2017, 06:53:30 pm »
Baie dankie vir die foto Johan, ek is verstom en het nog nooit hierdie fase van n skilpad gesien nie.
Dit moet dan seker wees soos hulle groei ook, sodat daar groter skubbe kan kom - amper soos meeste koud bloedige diere vervel.

Daai skerpioen is nou n verassing, want nou wonder ek of die dalk vir 'skillie' gepla het aldan nie? Hoe sal n mens weet ne!
Hoop tog nou nie daai skerpioen vind a toon nie!!

Hoop regtig julle kry spoedig opvolg reen, ons het bitter swaar reen gehad hier en baie hoe see vir 2 dae en ek is nie seker waar daardie storm heen oppad is nie maar hy mag dalk dra in SA rigting wat sy oorspronklike koers was!

Groete