Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 188891 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,691
  • Thanked: 77 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1080 on: January 10, 2017, 06:51:27 am »
Sjoe, dis lekker. Was net n kwessie van tyd. Hier by ons waai diie SO verwoed en dis gewoonlik as die suid en oos kaap reen kry.
In die geval is ek bly hy waai so

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk


I tried the rest and still stick with the best.  -   ROOIVLEIS
2006 Hp2 - 2006 Hp2 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C       

2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,002
  • Thanked: 111 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1081 on: January 10, 2017, 07:16:56 am »
Dis daai klomp windmolens wat die wind laat waai Vleismeester

Dorsie dit lyk PRAGTIG :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline grim101

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,422
  • Thanked: 19 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1082 on: January 10, 2017, 08:17:08 am »
Awesome nuus...bid nog vir Merweville, Prins Albert en Willowmore omgewings! Maar hy kom! Vandag net los wolk oor ons gekom en daar val druppels...
XT 250
XL 500
KLR 650 (Fugly)
DL 650
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,849
  • Thanked: 240 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1083 on: January 10, 2017, 09:39:51 am »
Wat n verskil kan ren nie aan dinge maak nie.  Mens se gemoedstoestand, die werk, die lewe, die wreld, die wild, die vee, die veld, alles is net reg en mooi en lekker en nuut.  Nou is dit sommer weer moerse om te boer, om in die veld te wees.

Daar in die berg, kraal ek elke aand my vroeg dragtige ooie sodat die rooikatte nie so erg onder hulle maai nie.  Elke oggend gaan maak ek vroeg vir hulle oop en elke aand l en wag hulle vir my daar by die veepos.  Vanoggend se rit met die Bushlander was besonders, ek drentel sommer so stadig die berg in, kyk hier en loer daar hoe alles weer sommer lus het vir die lewe.




Lekkerste fiets rit wat ek in n lang tyd gehad het, sommer hier in my agterwerf.  Toegetrek onder die oorbylfsels van laasnag se ren.  Misslierte dryf oor Horlosiekrans, dis stil en vars.  Lekkerste lekker!





My groot dam het nog nie water nie maar daai nuwe wal pak nou lekker vas met die deurdringende ren wat geval het. 







Maar as hy kom, dan kom hy hier uit die berg uit en hier in di lopie af, innie dam in.  En dan, krels, dan, is die Kaap weer Hollands op di plaas.








By die veepos aangekom, staan die bokkers en wag om die nuwe natveld te gaan wei.  Almal op hulle pos, gn rooikat skade nie.  Dis werk om hulle te kraal maar ook nie sulke werk nie.  Aangename werk.  Boerwerk.  Ek geniet dit.  Waar kan mens so gesend wees om vroegoggend, elke oggend met jou motorfiets die natveld deur te ry die stilte in, oor moddergrond waar nou weer lewe is, na jou vee toe.  Dis soos vakansie ouens.








Die groenigheid begin al deurslaan.  Alles is sommer lus vir die lewe. Dit verbaas my altyd hoe vinnig die veld weer uitloop.








Wat sal mens en plant en dier nou sonder water kan maak?  Gn niks nie.  Krippe is vol, reservoirs is vol, grondwater word aangevul.





En di ou staatmakers staan dag in en dag uit, somer, winter, droogte en nat en maak dat ons hier kan boer. Gee hom wind, kyk dat sy wasters reg is, olie hom so nou en dan en hy dien jou soos n getroue hond, jaar na jaar na jaar.








Hier het die water behoorlik geloop laasnag.  Kyk waar l daai opdrifsels en die groterige klippe wat hy tot in die driffie gespoel het.  Die water het tot teen die boomlyn geloop laasnag.  Hier het hy kant en wal geloop.  En nie van verskrilke baie ren nie.  My buurman het seker hier rondom 25mm vinnige bui in die berg gehad laat gistermiddag.  Nou laat loop die riviertjie.  Daai rivierfodies wat ek vanoggend geplaas het, dis sy water wat hier afgeloop het.  Nou loop hy al juigend hier oor die klippe.  Dis n lied om te hoor.











Hel, ek is darem bly vandag, dit lyk my die dinge kan weer aangaan hier.  Dit gaan n ruk neem dat die weiding herstel en daar het heelwat bome in die slag gebly maar as daar water is, dan gebeur dinge.

Ek is bitter dankbaar hiervoor.  Die voorspelling wys ook vir vanaand en more heelwat.  As dit so droog raak soos wat dit was en nog is op plekke, dan wil mens nie twyfel nie maar dit is maar so, ons geloof is t klein vir die Here se Genade.
« Last Edit: January 10, 2017, 09:47:43 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,002
  • Thanked: 111 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1084 on: January 10, 2017, 10:28:10 am »
Pragtig.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,849
  • Thanked: 240 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1085 on: January 10, 2017, 10:34:27 am »
Pragtig.
Dankie Woody. Maar wat lees jy hier, ek dog jy soek vir my 'n sweismasjien?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,002
  • Thanked: 111 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1086 on: January 10, 2017, 10:35:55 am »
Sorry baas gaan nou ry...draai nog bietjie aan die generators eers. :imaposer:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline bud500

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1087 on: January 10, 2017, 11:07:04 am »
 :thumleft:

Kan sommer aan die skryf en klompie fotos sien die gemoed het aangesterk.

Dammit maar daai commute kantoor toe in die vroeg oggend moet lekker wees.
May the bridges I burn light the way...
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,849
  • Thanked: 240 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1088 on: January 10, 2017, 11:13:10 am »
Dis wonderlik wat ren aan mens se gemoedstoestand kan doen Bud.  Ek voel dit sommer in myself, ek slaap beter, is nie so kortaf met my arme 2IB nie, my draad is langer, sommer baie langer. 

Daar is nie lekkerder as daai "commute" van myne in die oggend nie en vanoggend s'n was besonders.  Ek het koedoe kruisings, nie sebra kruisings nie, erdvarke, nie padvarke nie, "road rave" nie "road rage" nie.  :biggrin:
« Last Edit: January 10, 2017, 11:14:51 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline bud500

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1089 on: January 10, 2017, 11:16:50 am »

Daar is nie lekkerder as daai "commute" van myne in die oggend nie en vanoggend s'n was besonders.  Ek het koedoe kruisings, nie sebra kruisings nie, erdvarke, nie padvarke nie, "road rave" nie "road rage" nie.  :biggrin:

Ok dis genoeg, dankie. O0
May the bridges I burn light the way...
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,849
  • Thanked: 240 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1090 on: January 10, 2017, 11:17:35 am »
 :imaposer:  Jammer, sallie weer nie my kroon
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline frankmac

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Singer (all models)
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 1,573
  • Thanked: 52 times
  • You want my what??
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1091 on: January 10, 2017, 11:22:39 am »
Very chuffed for you guys, DL and may it long continue
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,849
  • Thanked: 240 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1092 on: January 10, 2017, 11:47:06 am »
42mm in the mountain on my neighbour's farm!  His dam broke but we are thankful for the rain.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline SchalkL

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: North West
  • Posts: 3,105
  • Thanked: 60 times
  • Si vis pacem, para bellum
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1093 on: January 10, 2017, 12:20:07 pm »
Dis wonderlik wat ren aan mens se gemoedstoestand kan doen Bud.  Ek voel dit sommer in myself, ek slaap beter, is nie so kortaf met my arme 2IB nie, my draad is langer, sommer baie langer. 

Daar is nie lekkerder as daai "commute" van myne in die oggend nie en vanoggend s'n was besonders.  Ek het koedoe kruisings, nie sebra kruisings nie, erdvarke, nie padvarke nie, "road rave" nie "road rage" nie.  :biggrin:
Is so waar ! :3some:
Gewoonlik gaan kyk ek so 1 of 2 keer na die beeste op 'n dag. Noudie dag met die baie reen vra swambo my wat is fout by die beeste want dis nou die 7de keer dat ek soontoe ry  :lol8:
Sometimes you don't need a plan, just balls :)
I'd rather ... be riding my motorcycle and thinking about God than sitting ... in Church and thinking about my motorcycle.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,849
  • Thanked: 240 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1094 on: January 10, 2017, 12:30:46 pm »
Hahaha, eerste keer wat ek hoor van 'n boer wat skelm sy eie beeste moet gaan kyk.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Jors Troelie

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1095 on: January 10, 2017, 01:59:35 pm »
Dit maak 'n mens se hart bly om dit se sien. Het baie aan julle gedink daar in die karoo terwyl ons so lekker reen kry hier by ons.  Ons is almal baie bly vir julle part.
 

Offline Scalpel

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,809
  • Thanked: 10 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1096 on: January 10, 2017, 09:10:28 pm »
Mooi om dit te sien Dorsland. Met die ren wonder ek soms of mense verstaan wat hul ren meters eint,ik bir hulle s? Dalk weet julle dit ,maar die bly interessant vir my. 

As daar 1mm in jou renmeter is beteken dit dat daar 1 liter water per vierkante meter geval het. Met ander woorde 25 mm oftewel 1 duim beteken 25 liter per vierkante meter. As jou erf in die dorp 1000 vierkante meter is beteken dit daar het 25 ton se water op jou erf geval. Op jou 1000 Ha plaas sou dit dan beteken 250 ton water het geval.
BMW R80G/S PD is the original DS bike!!
 

Offline windswept

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 501
  • Thanked: 20 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1097 on: January 10, 2017, 09:28:34 pm »
250 000 ton. That's like a super tanker full. :eek7:
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,689
  • Thanked: 307 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1098 on: January 10, 2017, 09:37:41 pm »
As ek die groen  so sien en die ondeundheid in die woorde, dan sing my hart saam van blydskap vir julle!
Die vasbyt was die moeite werd.
Dakar 650
KLR650
 

Offline Airguitar

  • The bald and the beautiful
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR600
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,417
  • My name is Derek.
    • Derek Herbst
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1099 on: January 10, 2017, 10:56:12 pm »
Dorsland, I'm so glad to see that things are getting better again. I really must make an effort to come ride around your part of the world. It looks amazing and totally worth it.
Be blessed my friend. Even more than you already are!
 :thumleft:  :biggrin:
1988 XR600R, 2014 Triumph Tiger 800XC. Volvo XC90. Yes I drive a Volvo. No, I don't care what you think.