Janee ek stem, of jy kan of jy kannie. Ek het gewerk saam met n mechanic in die DRC nadat Jan bedank het - die dag toe Jan loop dog ek ons is in on 'dinges in' want Jan kon alles regmaak. Ja ons het n Caspir se diff sommer in die middel van die reenwoud geruil. Hy se toe vir die manne dat hy het ieamand wat hy kan voorstel wat nog beter is, en die dog ons is nou maar n beskeie Jan wat se hy ken iemand 'beter' wat direk kan begin. Hul vlieg toe daai man in en toe ek hom so kyk se ek kla hier kom moeilikheid want die man lyk en klink als behalwe skerp. Die ou het so verwaarloos gelyk ek het skoon n jammerte vir hom. Die ou verdien binne 2 weke die bynaam Mcgiver en ek sien daar hoe n man in die bos parte maak pas, en planne maak soos ek nog nooit kon sien. Nou die anderdag weer gelees hier iewers hoe die ouens gesels oor sweis, ek dink amper dit was Jy self wat gesels het oor gietyster Johan? Wel die man het so in die veld gesit en n Yanmar kragopwekker se enginblok aanmekaar gesweis (daar was n stuk uit) met gewone draad. Ek vertel nie sommer die goed want manne kyk mens skeef aan, maar ja Mcgyver het so gemaak en daardie masjien het end uit gehardloop!
Ek het daardie tyd geleer dat geen mens is onvervangbaar hoe goed hy ook mag voorkom, en ek het ook geleer dat jy baie kan vermag deur fliks te wees. Ek dink ek het baie meer in die Congo geleer, maar feit bly staan: 'n Boer maak n plan' en kla.
Ek kan lang stories vertel oor geleerde manne, vernaam hier op die eilande. Johan as jy daai bokke van jou hier kon laat loop - mens jy moet sien hoe staan die gras hier om die basis wat die Tristan mense jare gelede aangeplant het vir skaap. Die skaap boerdery hier is toe maar wel gestop later jare bloot oor afstand. Jy kannie skaap op n klein eilandjie los 400seemyl verder en dan heen en weer wil seil soos jy boer nie. Op Tristan het hulle skaap bo op die 'cone' van die vulkaan. Nie kampe, niks en 2000voet hoe afgronde reg rondom. Tog floreer hulle daar, absoluut op hule eie. So een maal n jaar gaan die families op en vang elkeen n skaap vir Kersfees-Nuwe Jaar vieringe. Jy hoor selde van n skaap wat dood raak and ander oorsake as slag se my een maat daar.
Hoop jul kry spoedig nog reen - Groete