Neewat kêrels, selfbejammering gaan mens nêrens in die lewe bring nie maar dankie dat julle omgee, saam bid en aan ons dink. Ek waardeer dit opreg. Die goeie nuus is dat as dit wel op ander plekke reën dan daal die lusern- en mielieprys darem so ons voeraankope rek bietjie verder. Volgende vrag lusern kom Dinsdag.
Jy is reg oor die opvolg Tom, die paar groen sprietjies wat na daai 18mm uitgeloop het, is weer morsdood gebrand. Dié beker sal seker ook verbygaan.
Kyk bietjie waar lê Graaff-Reinet alweer: