Dankie vir julle gedagtes en gebede Duster. Die weer is waaragtig deurmekaar. Gisteroggend vroeg was dit langbroek en baadjie koud hier, maksimum 17°C gewees, geheel oortrokke. Vanoggend vroeg weer koud. Vrydag was 'n lekker 32°C toe begin dit in die aand al sommer koel raak. En dit in Januarie wat gewoonlik ons warmste maand is.
Nou ja, klim daai S10 van joune en kom kuier. Sit solank die ketel aan.