Hoop steeds die reen kom mater!

Daardie ketting en sprockets is maar nie goeie kwaliteit in my mening uit die fabriek nie. My NC het ook net ongeveer 17000km gekry op eerste stel.
Toe die manne die nuwes posit kon ek nie die verskil glo in kwaliteit tussen OEM en ek dink D.I.D nie! Baie fris sterk XRing ketting.
My KLR (Verkoop) het egter 31000km op OEM gekry en ek het haar so verkoop.
Die manne praat van ketting diens ens ens. Ek maak gereeld ketting skoon en olie gereeld - so my gevoel is n ketting is so sterk soos sy swakste skakel - sodra hy begin rek kan jy maar n nuwe een koop.
Nie te min, daai Bushlander en die Yamaha 200 (beide TW en nou die ander een se nommer vergeet wat vir boere gemaak is) asook die Suzuki DR200 is puik masjiene.
Jy kry ook n 2 slag Suzuki wat ongelooflik betroubaar is, ook n plaasfiet - ek het egter sy modelnaam ook nou vergeet. Daai outjie is soos die manne se 'bullet proof' en manne wat hul gekoop het verkoop nie.
Baie groete vir julle Dorsland! Binnekort glo ons 'versadige land'!!
