Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 204850 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,457
  • Thanked: 156 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1220 on: February 04, 2017, 12:19:43 pm »
Lekker om die dam te sien met water. :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,051
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1221 on: February 04, 2017, 12:29:14 pm »
Dankie ouens, ek kyk uit vir 'n boot om te koop.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,051
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1222 on: February 04, 2017, 12:34:58 pm »
Dorsland, jou veld is mooi opgepas - dit het ek self gesien en nou weer op die fotos  :thumleft:  :thumleft: Jy kan baie trots wees  :laughing4:

Baie lekker om te sien die damme kry ook nou water - jou lopende water is op pad 

Groete daar
Ek is so bang vir oorbeweiding en vernielde veld 4Kays, hier in die Karoo sal erg vernielde veld in my leeftyd nie weer regkom nie. As mens Lawrence Green se boeke lees sal jy lees dat die eerste blanke boere wat hier deurgetrek het, hulle vee in die vleie verloor die gras was so lank gewees. Kyk bietjie die skouer van die pad as jy deur die Karoo ry, so behoort di veld oor die algemeen te lyk.

Dis gratis en verniet, ons moet net goeie rentmeesters wees.

Ek is seker baie van julle ouens het al hier verby gery naby Willowmore.  Erge oorbeweiding maar glad nie die uitsondering nie.
« Last Edit: February 04, 2017, 01:22:19 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Fransw

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1223 on: February 04, 2017, 12:50:31 pm »
Hehehe, dis interessant Frans. Wanneer die Voortrekkers destyds die maklikste roete oor die berge wou kry het hulle 'n koei met 'n kalf bymekaar gemaak. Laai dan die jong kalfie voor oor die saal en ry hom bergop.  Met sy gebulk kom die ma na hom toe met die maklikste roete. 

 Ek kraal my dragtige ooie in die berg sodat die ongediertes nie so erg onder hulle maai nie. Daai spannetjie is oppad kraal toe.

Ja, diere is lekker! My oorlede neef het met boerbokke geboer net buite New York van alle plekke.. :lol8:

N paar vrae as jy nie omgee nie: Stap die bokke self kraal toe laatmiddag of moet hulle aangehelp word? Hoeveel kleinvee per ha bewei jy of steur jy nie daaraan? Hoe proe bokvleis, party s dit het n "sterk" smaak. Dankie!
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,051
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1224 on: February 04, 2017, 01:10:57 pm »
Amerika het 30000 geregistreerde Boerbokboere, meeste daarvan in New Mexico, Arizona, Texas en Colorado.  Ek ken 'n vrou in Montana wat haar trop Boerbokke aan mense uitverhuur vir onkruidbeheer!  :eek7: 

Bokvleis is eintlik baie lekker, baie maerder as skaapvleis, vol yster en baie lae kolestrol, die laagste na wildsvleis en volstruis.  baie gesonde vleis.  Ja, hy kan wel 'n bokreuk h maar dan is die bok gewoonlik ouer as so 9 maande toe hy geslag is.  Of dit kan ou ramme wees.  Mooi jong slagbokke is BAIE lekker.  Effe growwer tekstuur as lamsvleis maar mens sal hulle nie maklik uitmekaar ken nie.

'n Bok is 'n bitter slim dier Frans, gaan loer bietjie op YouTube, daar is baie videos van hulle petaljes.  As hulle eers in 'n roetine kom (leer baie vinnig) dan sal hulle laatmiddag by die kamphek gaan l en wag dat mens hulle kom kraal.  Hierdie dragtige ooie in daai foto pak hulself in die kraal en wag altyd vir my as ek daar aankom.  Ek leer hulle deur 'n handvol sjokolade mielies vir hulle uit te sit in die lekbakke.  As ek my rondtes doen en hulle gewaar die bakkie dan kom hulle doer uit die berg uit aangedraf.  Spaar my om hulle te moet gaan haal.

Ek wil h dat my boerdery en my bokke vir my 'n plesier moet wees, dit moet nooit my baas wees nie.  Ja, soms wil ek hulle almal vrek skiet hulle kan my so kwaad maak, want soos enige dier kan 'n bok ook maar dwars wees net as jy wil h alles moet glad loop.  Hy sal byvoorbeeld soms orals gaan behalwe deur die oop hek na die kraal toe.   :lol8:  Of hy sal 'n klein erdvarkgat in die heining kry in 'n 500ha weikamp.  Binne die eerste dag wat jy hom daarin sit.  O hel, hulle het my al kwaad gemaak.  Maar ek is baie lief vir hulle.  Die bokkers.

Hier waar ek boer is die drakrag so 1:12 vir bees maar my plaas is 'n baie goeie bokplaas (behalwe vir die ongediertes) so ek dra so 1 KVE :1,5ha.  Ek kan seker effe meer dra maar oorbeweiding is 'n wesenlike probleem in die Karro en dit herstel baie baie stadig.  Alan Svory praat van 'n "brittle" environment.  Lae vog inhoud en lae koolstofvlakke in die grond, renvalinsidente is intens met lang tussenposes, uiters warm grondvlaktemperature, uiters lae wintertemperature.

Veld- en weidingbestuur is 'n baie interessante onderwerp wat t min boere goed genoeg verstaan.
« Last Edit: February 04, 2017, 01:22:57 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Fransw

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1225 on: February 04, 2017, 01:25:06 pm »
 :thumleft:
 

Offline RobC

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 13,575
  • Thanked: 223 times
  • Bloemfontein
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1226 on: February 04, 2017, 04:34:36 pm »
Bokvleis is eintlik baie lekker, baie maerder as skaapvleis, vol yster en baie lae kolestrol, die laagste na wildsvleis en volstruis.  baie gesonde vleis.  Ja, hy kan wel 'n bokreuk h maar dan is die bok gewoonlik ouer as so 9 maande toe hy geslag is.  Of dit kan ou ramme wees.  Mooi jong slagbokke is BAIE lekker.  Effe growwer tekstuur as lamsvleis maar mens sal hulle nie maklik uitmekaar ken nie.
Vleis pro na die tipe gewasse die dier gevreet het oor die algemeen, skaap uit die Karoo proe heel anders as die uit Memel se wereld. Ek verkies die Karoo smaak self.
Erens gelees van boere wat hulle bokke eers op lusern laat wei vir 'n paar weke voor hulle slag, sal glo nie verskil tussen hom en skaap proe behawe soos jy se die effe growwer textuur.

Moes die reenmeter uitgooi netnou... dit lees net tot 35mm. Hoop jy kry ook nog baie!
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,127
  • Thanked: 30 times
  • East London
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1227 on: February 04, 2017, 06:55:49 pm »
Bly die damme het water in.   :thumleft:

Net iets wat miskien na 'n dom vraag sou klink, maar as die bokke so na die kraal loop in die aand en dan in die oggend weer uit, verloor hulle nie (slag)gewig nie?
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,265
  • Thanked: 19 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1228 on: February 04, 2017, 07:19:45 pm »
Krag aan na 27 uur....
Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline Tom van Brits

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1229 on: February 04, 2017, 10:33:45 pm »
So lekker om hierdie blad oop te maak en te lees van reen en te sien die Heer andwoord steeds gebede.

Baie bly vir julle Johan, groete!  :thumleft:
 

Offline Casting from Turd

  • Read my avatar and act accordingly
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,067
  • Thanked: 159 times
    • addobackpackers.com
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1230 on: February 04, 2017, 10:39:07 pm »
Dankie ouens, ek kyk uit vir 'n boot om te koop.
Jy willie hoor nie

Sent from my SM-J500F using Tapatalk

I dont want to ride fast, But I want to ride FAR
Past Bikes...Honda XR250 Tornado
Honda XR650L
Honda XL1000V Varadero
http://www.addobackpackers.com
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,897
  • Thanked: 407 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1231 on: February 04, 2017, 11:42:32 pm »
Ai, baie bly oor die lekker water daar by jou.
Ja, weidingsbestuur is baie interesant.
Ek was op my dae leerlingweidingstegnikus by Grootfontein Landboukollege en ons het rekords gehad van foto's op plaas wat vir jare geneem was en gewys het how die veld ver ander met goeie asook slegte bestuurder.
Jy boer baie wys en ek wens ons het meer sulks boere gehad.
Dank aan die Here vir die ren!
Dakar 650
SR 500
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,051
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1232 on: February 05, 2017, 02:05:32 am »
Bly die damme het water in.   :thumleft:

Net iets wat miskien na 'n dom vraag sou klink, maar as die bokke so na die kraal loop in die aand en dan in die oggend weer uit, verloor hulle nie (slag)gewig nie?
Ek is net so bly JMOL, dis 'n groot verligting. Ek hou aan bid vir goeie opvolg ren.

Die weikampe is nie baie groot nie, gemiddeld so 300ha elk. Dus is die afstand wat hulle stap nie ver nie. Ook word hulle nie aangejaag nie, hulle wei wei so op hulle eie spoed. 
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,051
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1233 on: February 05, 2017, 02:08:46 am »
@Tom van Brits: baie dankie Tom. My geloof is dikwels t klein.

@AndreE: iets gebreek of is dit die weer gewees? Julle is seker ingerig maar 27 uur is 'n lang skof sonder krag. Eskom sal seker afslag gee
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,051
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1234 on: February 05, 2017, 02:16:21 am »
Oubones dan ken jy mos di wreld.  Ek sou baie graag daai fotos wou sien, dit sal bitter interessant wees. Veral omdat dit oor baie jare geneem is. Dis die ding van weidingbestuur; dit neem soms dekades voordat die om keerpunt bereik word en daarna is dit haas onmoontlik om die skade om te keer. Ek sien dit byvoorbeeld hier op Johann Rupert se wildsplaas Riverdale. Hulle het baie geld aan erosiewerke uitgegee, geen vee wei meer daar nie, slegs wild en tog, n baie jare, bly die veld verniel en drakrag vr onder wat dit moet wees.
« Last Edit: February 05, 2017, 02:16:52 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,265
  • Thanked: 19 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1235 on: February 05, 2017, 10:14:39 am »
@Tom van Brits: baie dankie Tom. My geloof is dikwels t klein.

@AndreE: iets gebreek of is dit die weer gewees? Julle is seker ingerig maar 27 uur is 'n lang skof sonder krag. Eskom sal seker afslag gee

Dis meestal 'n tekort aan onderhoud, gekoppel aan tegnikuste met swak kennis en ondervinding. Dan slaan een donderslag en daar is groot moeilikheid.

Ons rekord is 72 uur. In die dorp self was dit al 'n week. Julle moes die massas vleis en produkte sien wat die supermarkte weggegooi het.
Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline GeenSand

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 817
  • Thanked: 44 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1236 on: February 05, 2017, 03:31:37 pm »
Ai, baie bly oor die lekker water daar by jou.
Ja, weidingsbestuur is baie interesant.
Ek was op my dae leerlingweidingstegnikus by Grootfontein Landboukollege en ons het rekords gehad van foto's op plaas wat vir jare geneem was en gewys het how die veld ver ander met goeie asook slegte bestuurder.
Jy boer baie wys en ek wens ons het meer sulks boere gehad.
Dank aan die Here vir die ren!
My swaer is tans besig om te swot op Grootfontein. Hy sal probeer om die fotos te kry. Hulle is glo vanaf 1940 af besig met die studie en gaan tans nog aan.
Oubones hy vra dat ek asb jou naam en van en watter jare jy deel was van die studie kry. Om deur te gee aan die dusent.

Sent from my SM-A300F using Tapatalk
« Last Edit: February 05, 2017, 03:32:22 pm by GeenSand »
Take nothing but photos
Leave nothing but tracks
Kill nothing but time
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,051
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1237 on: February 05, 2017, 03:39:29 pm »
Dankie GeenSand, dit sal vir my baie interessant wees om hulle te sien.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,897
  • Thanked: 407 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1238 on: February 05, 2017, 04:13:41 pm »

My swaer is tans besig om te swot op Grootfontein. Hy sal probeer om die fotos te kry. Hulle is glo vanaf 1940 af besig met die studie en gaan tans nog aan.
Oubones hy vra dat ek asb jou naam en van en watter jare jy deel was van die studie kry. Om deur te gee aan die dusent.
Ek sou ook bitter vraag daardie foto's weer wou doen, veral as die studie volhou is!
Ek was net vir paar maande daar voor diensplig in '83 en toe weer 2 jaar daarnatoe voor ek weg is en uit die landbou.
Dakar 650
SR 500
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,897
  • Thanked: 407 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1239 on: February 05, 2017, 04:21:00 pm »
Oubones dan ken jy mos di wreld.  Ek sou baie graag daai fotos wou sien, dit sal bitter interessant wees. Veral omdat dit oor baie jare geneem is. Dis die ding van weidingbestuur; dit neem soms dekades voordat die om keerpunt bereik word en daarna is dit haas onmoontlik om die skade om te keer. Ek sien dit byvoorbeeld hier op Johann Rupert se wildsplaas Riverdale. Hulle het baie geld aan erosiewerke uitgegee, geen vee wei meer daar nie, slegs wild en tog, n baie jare, bly die veld verniel en drakrag vr onder wat dit moet wees.
Ja Dors, ek ken daai wereld.
Matriek op De Aar geskryf.
Ek was ongelukkig dorpsjapie.
Die verandering in veld het my verskriklik geinteresseer, veral die geskiedenis van weidingsbestuur.
Ek was een keer by 'n proef waar keerwalle in die erosie met riet geplant of sommer ou bande gepak was en die veld het baie mooi reggekom.
Jou damme en erosiebeheer gaan nog vir jou baie extra drakrag lewer in die medium tot langer termyn.
Jou kop sit reg want jou o sien oor die bult.
Dakar 650
SR 500