Laasnag was dit weer ek en die langpad. Deurnag ry is nou nie meer vir my snaaks nie, ek voel vanoggend of ek deur 'n trein omgery is.
Nog 'n vrag Patriot Boerbokstoet bokke wat Kenia toe gaan.
Ek spuit hulle altyd voorkomend so 5ml Terramycin elk teen Pasturella. In die ou dae het hulle mos gepraat van "shipping fever".

Dan klim hulle op die Boerbok bussie.


Reg om te ry.

Ek het lekker reën op die pad gekry van Middelburg af. Die wêreld lyk pragtig.
