Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Down on the farm with the Bushlander  (Read 186435 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,815
  • Thanked: 229 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1380 on: March 08, 2017, 03:02:16 pm »
Ek is dan so 'n bedeesd en besadigde ou, wat lag julle so?  :peepwall:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,815
  • Thanked: 229 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1381 on: March 08, 2017, 03:53:30 pm »
Van November verlede jaar af het ons geen selsein op die plaas nie, vir die afgelope 5 weke geen landlyn nie en Telkom lyk ook nie oorhaastig om die probleem uit te sorteer nie.  En toe, voorverledeweek groet ons VOIP foon ook.  Ai.  Ons was toe slegs op epos en Whasapp vir komms aangewese.  Ek kan nou al soos 'n wafferse sekretaresse 'n Whatsapp tik    My besigheid het bietjie skade gelei as gevolg van die probleem maar eintlik was dit lekker om nie seloproepe te kan maak of ontvang nie.

Kom ek verduidelik my komms opset bietjie.  Bo op die berg naby Horlosiekrans, so 2.5km van die opstal af soos die kraai vlieg het ek 'n sel herleier antenna asook 'n WiFi antenna wat van sonkrag af werk.  Hulle herlei dan die sein hier na die huis toe waar ek op my tweerigting radiomas die WiFi en Selsein herleierantennas het.


Dié antenna vang die selsein van Ouberg op die Murraysburgpad doer vêr amper op die horison op...



En loop dan deur al die megêfters in die groen bo'jaanproef kas onder die sonpanele ...






Dan stuur die rooi antenna op linkerkant dit weer aan na my opstal toe...





Hierdie is die WiFi antenna.  Vandat dié foto geneem is het ek meer bobbejaanbeskerming om hom gebou.  Aap se kind het mos gedink ek bou vir hulle 'n klimraam daarbo.  Dis hierdie antenna wat ek nou onlangs afgebreek het en hier agter die huis opgerig het vir die beplande WiFi kameras.




 Toe ek daardie infrastruktuur geskep het was die diensverskaffer in sy kinderskoene so daar moes 'n plan gemaak word.  Hulle het intussen sterk antenna- en herleiertoerusting op Nardousberg geskep en kon ek onlangs my WiFi antenna op Horlosiekrans afbreek en so mik dat hy nou 'n baie sterker sein direk van Nardousberg ontvang.  Ook is daar een minder skakel in die netwerk en kan die diensverskaffer makliker daar uitkom.  Voorheen was dit 4x4 laestrek om by Horlosiekrans uit te kom en die laaste 200m was te voet gewees. Ek het dié WiFi antenna nou hier agter die huis opgerig vanwaar ek my WiFi kameras kan bedryf.  Wag op die manne se kwotasies daarvoor.

Ons Telkom lyn loop oor 'n afstand van 76km met slegs 3 fone op hom.  Ons is dus 'n redelik lae prioriteit vir Telkom.

So, om 'n lang storie kort te maak,  komms hier is nie sommer van bel nie.  Maar dit werk vir my.  As dit werk.

Nou ja, ek sukkel nou al van November verlede jaar en ons maak maar planne.  Om jou internet bankdienste te gebruik is 'n probleem omdat mens nie die OTP ontvang nie.  Kliente raak ook omgekrap omdat hulle my nie in die hande kan kry nie. 

So vandag het die slim manne met die dik brille en wit jasse uitgekom en vir my 'n nuwe selversterker kassie in die dak geïnstalleer asook die buite antenna vervang met 'n nuwer sterker eenheid en siedaar - selsein! 

Dié ou boksie wat in my dak was en die onklaar Poynting antenna:



Die nuwe boksie:



Die slim manne op die dak:



Die beheersentrum se komms antennas: 2-rigting radio, WiFi antenna, selfoonantenna.



Ek is weer op die lug, die beheerkamer loop weer mooi.  Julle kan my bel.  O0 8:
« Last Edit: March 08, 2017, 05:30:49 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline LDV

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Free State
  • Posts: 610
  • Thanked: 3 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1382 on: March 08, 2017, 05:19:26 pm »
Dorsland wie het die nuwe boks vir jou verskaf en ingesit?
My sein versterker het al laas jaar oktober gegroet en  vodacom kom net nie te voorskein nie. Het al gedreig bakklei en gevloek maar niks werk nie.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,815
  • Thanked: 229 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1383 on: March 08, 2017, 05:27:38 pm »
Dis Blue Sky hier by ons op Graaff-Reinet.  Hulle is meestal hier in die Camdeboo so ek weet nie of hulle tot daar by jou sal kom nie.  Streng gesporke is my stelsel nie totaal na Vodacom se smaak nie omdat ek die sein herlei en nie net versterk nie.  Ek glo nie dis té moeilik om self te doen nie.  Poynting se goed is goed maar nogals duur.  Ek het een van hulle stelsels op Potchefstroom ook gehad, sonder probleme vir baie jare.

Laat weet of ek dalk op 'n manier kan help met kontakte of Roland van Blue Sky se nommer of iets.
« Last Edit: March 08, 2017, 05:30:09 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,815
  • Thanked: 229 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1384 on: March 08, 2017, 05:38:06 pm »
Met dinge soos dit tans gaan in die land is my plan met die WiFi kameras om 'n kamera by elk van die veehekke op my grense waar die pad oor my plaas loop, op te rig sodat ek kan sien wat aangaan.  Ek gaan aanvanklik 'n 4-kanaal stelsel installeer.  Die 3de kamera sal my hek hier by die grondpad dophou waar mens by die opstal inry.  4de kamera is ek nog nie van seker nie maar sal dit dalk by my groot buitekrale en hoof waterpunt oprig dat ek my sementdam daar kan dophou.  Ek het nog nie finaal besluit nie, wil ook nie my plaas té veel bedraad nie.  Hy moet darem nog plaas wees.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,652
  • Thanked: 300 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1385 on: March 08, 2017, 09:49:35 pm »
Met dinge soos dit tans gaan in die land is my plan met die WiFi kameras om 'n kamera by elk van die veehekke op my grense waar die pad oor my plaas loop, op te rig sodat ek kan sien wat aangaan.  Ek gaan aanvanklik 'n 4-kanaal stelsel installeer.  Die 3de kamera sal my hek hier by die grondpad dophou waar mens by die opstal inry.  4de kamera is ek nog nie van seker nie maar sal dit dalk by my groot buitekrale en hoof waterpunt oprig dat ek my sementdam daar kan dophou.  Ek het nog nie finaal besluit nie, wil ook nie my plaas té veel bedraad nie.  Hy moet darem nog plaas wees.
Nee kyk ek herhaal maar, maat jy kyk oor die bult!
Ek sê al lank dat die boere te gerus is en meer pro-aktief moet optree.
Deesdae mag jy nie meer die vetter sommer net skiet nie, so as jy kan sien wat aangaan, kan jy darem besluit watter jakkals om eerste te skiet.
Dakar 650
KLR650
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,815
  • Thanked: 229 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1386 on: March 09, 2017, 02:39:34 am »
Dis jammer dat mens tot sulke optrede gedwing word OB maar ongelukkig is dit die tye waarin ons lewe. Hoe verlang ek nie terug na daardie dae nie té lank gelede wat niks ooit gesluit hoef te gewees het nie, waar mens sonder vrees op 'n warm somersnag jou matras op die grasperk kon uitsleep om onder die sterre te slaap, om die huis se deure oop te los met die dorp toe gaan slag. Gelukkig is dit tot 'n groot mate nogsteeds hier so. Maar dinge verander.
« Last Edit: March 09, 2017, 02:40:42 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline bud500

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1387 on: March 09, 2017, 03:36:45 pm »
Wil jy jou kameras met sonkrag bedryf?
Gaan jy infrarooi of thermal kameras gebruik?
Watter afstande wil jy dek?
May the bridges I burn light the way...
 

Offline RobC

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 13,387
  • Thanked: 151 times
  • Bloemfontein
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1388 on: March 09, 2017, 03:53:27 pm »
Wil jy jou kameras met sonkrag bedryf?
Gaan jy infrarooi of thermal kameras gebruik?
Watter afstande wil jy dek?
Onthou... daar is kameras en daar is wannebes... kom nou net terug van 'n presentation by Pentagon in Gauteng... hulle het Bosch kameras wat low light soos middag laat lyk... maar die prys! :eek7:
Hulle praat van 40 grand 'n pop!
 

Offline bud500

Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1389 on: March 09, 2017, 04:04:51 pm »
Wil jy jou kameras met sonkrag bedryf?
Gaan jy infrarooi of thermal kameras gebruik?
Watter afstande wil jy dek?
Onthou... daar is kameras en daar is wannebes... kom nou net terug van 'n presentation by Pentagon in Gauteng... hulle het Bosch kameras wat low light soos middag laat lyk... maar die prys! :eek7:
Hulle praat van 40 grand 'n pop!

Pentagon is my kompetisie. Ons doen net Bosch.  :thumleft:
Ja dit kan pricy wees. Maar daar kom nou n range kameras en DVR's in baie beter price bracket.

Sorry vir high jack Dorsland
« Last Edit: March 09, 2017, 04:05:25 pm by bud500 »
May the bridges I burn light the way...
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,815
  • Thanked: 229 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1390 on: March 09, 2017, 06:36:26 pm »
Wil jy jou kameras met sonkrag bedryf?
Gaan jy infrarooi of thermal kameras gebruik?
Watter afstande wil jy dek?
Ja hulle moet sonkrag wees Bud, ek wag vir die aanbeveling en kwotasie van die manne. Thermal gaan te duur wees so sal moet IR wees. Die een ma's sal omtrent 120m van die vee hek wees en die ander een omtrent 30m.

As jy wil kwoteer en kans sien om hier te installeer en na verkope diens te lewer is jy welkom.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline frankmac

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Singer (all models)
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 1,563
  • Thanked: 52 times
  • You want my what??
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1391 on: March 09, 2017, 06:50:31 pm »
Just be careful of infringing on the goats privacy, DL otherwise you may have the Federal Union of Boerbokke (FUBO) applying for an interdict
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,815
  • Thanked: 229 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1392 on: March 09, 2017, 07:23:38 pm »
Hehehe, I sent their shop steward off to Kenya a while back.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline frankmac

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Singer (all models)
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 1,563
  • Thanked: 52 times
  • You want my what??
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1393 on: March 09, 2017, 07:59:57 pm »
 :biggrin:

Did you get feedback on how they doing there?
 

Online DirtRebell

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,021
  • Thanked: 64 times
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1394 on: March 09, 2017, 08:05:39 pm »
Just be careful of infringing on the goats privacy, DL otherwise you may have the Federal Union of Boerbokke (FUBO) applying for an interdict

I gather you're a member of DNA?



Lekker draad, Dorsland :thumleft:
 

Offline RobC

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 13,387
  • Thanked: 151 times
  • Bloemfontein
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1395 on: March 09, 2017, 10:24:27 pm »
Wil jy jou kameras met sonkrag bedryf?
Gaan jy infrarooi of thermal kameras gebruik?
Watter afstande wil jy dek?
Onthou... daar is kameras en daar is wannebes... kom nou net terug van 'n presentation by Pentagon in Gauteng... hulle het Bosch kameras wat low light soos middag laat lyk... maar die prys! :eek7:
Hulle praat van 40 grand 'n pop!

Pentagon is my kompetisie. Ons doen net Bosch.  :thumleft:
Ja dit kan pricy wees. Maar daar kom nou n range kameras en DVR's in baie beter price bracket.

Sorry vir high jack Dorsland
Ek is seker daar sal 'n Bosch model wees wat Dorsland se sak beter sal pas as daai high end goed wat ons gesien het. :thumleft: ;-)
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,815
  • Thanked: 229 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1396 on: March 11, 2017, 12:05:02 pm »
Dis geen hijack nie ouens, sal graag nog inligting wil kry. Pos maar hier of op 'n nuwe fred as julle wil. Ek gaan nou binnekort koop en soek alle beskikbare inligting. 
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,815
  • Thanked: 229 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1397 on: March 11, 2017, 12:05:42 pm »
Just be careful of infringing on the goats privacy, DL otherwise you may have the Federal Union of Boerbokke (FUBO) applying for an interdict

I gather you're a member of DNA?



Lekker draad, Dorsland :thumleft:
Dankie DR, bly as julle belangstel. 
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,815
  • Thanked: 229 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1398 on: March 11, 2017, 12:12:46 pm »
Ek wil nou eers bietjie vertel van my daaglikse trippie, eintlik voel ek half skuldig want ek weet hier is baie ouens wat elke dag deur die verkeer moet stoei of net elke nou en dan 'n ent in die veld kan gaan ry. 

My dragtige ooitrop kraal ek elke aand daar in die buiteveld om skade te verminder.  So elke aand so 18h00 dan wag hulle by die buitekraal vir my en ek tel hulle in die kraal in en maak hulle vir die nag daar toe.  Tot dusver werk dit goed en het ek nog nie skade op dié spesifieke trop gehad nie. Elke oggend tussen 06h00 en 06h30 dan gaan maak ek vir hulle oop om te gaan wei.

Dis die hoogtepunt van my dag, veral die oggende wanneer die dag nog nuut is en alles is vars en skoon. Dan vat ek die Bushlander en ry so lekker stadig die berg in.

Na die afgelope reën is die veld 'n paradys en is die gras te pragtig soos die halms so blink in die vroeë sonlig.





Julle gaan my nie glo nie maar hier waar die gras nou so mooi staan was voor die reëns net 'n kaal kol gewees.  Slegs so 4 of 5 weke gelede.  Mens kan nie glo dat daardie droogte-geteisterde veld so mooi kan uitloop nie.  Die pionierspesiegrasse wat nou uitgeloop het, meestal steekgras, is nie 'n baie smaaklike gras nie, maar hy speel 'n belangrike rol om die grond te stabiliseer, die grondtemperatuur te verlaag en die reëndruppels se spoed te breek sodat die smaaklike grasse makliker kan uitloop.






Kyk hoe mooi blink die Langsteekgras in die oggendson.


« Last Edit: March 11, 2017, 02:15:31 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline frankmac

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Singer (all models)
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 1,563
  • Thanked: 52 times
  • You want my what??
Re: Down on the farm with the Bushlander
« Reply #1399 on: March 11, 2017, 12:15:59 pm »
Ten minste is hulle bly om jou te sien, DL. Nie soos van ons ouens se kollegas en kliente  :biggrin: