Die Karoo begin blom vir die winter en dis mooi manne, bitter mooi. My gemoed voor en na die reën is soos dag en nag, somer en winter, wit en swart. Dis mooi, en groen, en alles groei en blom en daar is weer lewe en rooihartebeeskalwers, en koedoekalwers en blomme en sade en orals is tekens dat die lewe aangaan, die natuur loop sy pad.
Blou tulp wat blom. Dis 'n irisspesie wat eintlik vir vee giftig is. Diere wat hier aangepas is ken dit en vreet dit nie maklik nie.

Kapokbossie wat begin blom.

Kyk die stam. Voor die reën dink mens hy is morsdood, dan kom reën dit en hy trek sap en groei en blom van die vreugde.

Ankerkaroo, fondasie van Karoo veeboerdery, blom te pragtig.

Karoo vygie of skilpadbossie.

Kraaldoring, pendoring of lemoendoring. Ruik soos Rustenburg se sitrusboorde van my kinderdae. Ai, verlang ek nou om 'n kind te wees. Ewe skielik.

Bloubos wat al vruggies dra.


Wortelsaad gras. Vee eet hom soos lekkergoed op. Baie smaaklik en voedsame gras.
