Ek bou mos 'n Karoo gastehuisie hier. Ons grou verlede week die verrottingstenk se gat, 2 meter diep. Dit is kurk horingdroog tot op daai diepte. Dis bitter droog by ons, nog al die tyd. Daai reën toe ek die foto's hier geplaas het is omtrent die enigste, eerste en laaste goeie reënbui wat ons gehad het. Die 5mm en 7mm wat ons gekry het is baie welkom maar die grond bly droog.
Ek smag so na goeie deurdringende reën OB.